Page 1 of 2

Biltong resep

Posted: Thu Jun 01, 2017 8:19 am
by Swede
Ek moet se ek is nou bietjie moeg vir crown en al die ander biltong speserye daar buite. Ek wil graag die ou tradisionele resepte probeer. Ek wil 'n paar stukkies kudu hang, wat sal julle voorstel?

Re: Biltong resep

Posted: Thu Jun 01, 2017 8:43 am
by Viking
Kook en geniet - tradisioneel!!

Re: Biltong resep

Posted: Thu Jun 01, 2017 10:22 am
by win270
Jy gaan talle variasies kan GOOGLE:

http://www.sarie.com/kos/kosstories-kos/biltongman/

Bostaande is maar net een voorbeeld.

Re: Biltong resep

Posted: Thu Jun 01, 2017 2:16 pm
by Giepie
Ek het lanklaas my eie biltongmengsel gemaak, maar wat vir my die beste gewerk het was Kook&Geniet se resep. Ek het net ie heel koljander gehad nie, toe gooi ek sommer gemaalde koljander in. Selfde gedoen met die droeëwors.

Re: Biltong resep

Posted: Thu Jun 01, 2017 6:45 pm
by Glock17JLS
Ek luister saam...

Punishingsteel@gmail.com

Re: Biltong resep

Posted: Thu Jun 01, 2017 6:56 pm
by Carl
Growwe sout & fyn swartpeper na smaak ek weeg nie af nie. Bruinsuiker eetlepel vir 'n koppie sout en peper. Meng goed. Srinkel wyn asyn oor vleis en bestrooie met sout, pak in lae. As jy nie die velis gaan omdraai nie, moet jy onthou die biltng wat onder lê kry die meeste pekel, so pak die dik stukke onder. Na 24 uur hang jy.

Ek het nou weer bees biltong gemaak, jammer om te sê vir die Crown en Freddie Hirsch manne dis hoe biltong moet proe. Soos bees, nie een of ander chemiese BBQ, Knoffel of Gunsmoke geur nie.

Re: Biltong resep

Posted: Thu Jun 01, 2017 7:02 pm
by ruaanb
Net soos Carl hom daar het

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Biltong resep

Posted: Thu Jun 01, 2017 8:45 pm
by joe rocket
Druiwe asyn proe beter as spirit asyn.

Re: Biltong resep

Posted: Thu Jun 01, 2017 8:52 pm
by tripodmvr
'n Bietjie salpeter gee 'n mooi kleur aan die billies.

Re: Biltong resep

Posted: Thu Jun 01, 2017 9:13 pm
by douw
Ek maak nou al twee of drie jaar my eie biltong, wors en droëwors volgens resepte opgelees. Ek sukkel steeds met Cabanossi. Enige iemand raad?

Re: Biltong resep

Posted: Fri Jun 02, 2017 7:18 am
by Carl
douw wrote: Ek sukkel steeds met Cabanossi. Enige iemand raad?
http://honest-food.net/kabanosy-recipe/
Nie self probeer maar die man weet wat hy doen.

Re: Biltong resep

Posted: Fri Jun 02, 2017 7:19 am
by Carl
joe rocket wrote:Druiwe asyn proe beter as spirit asyn.
Netso Joe, alles van die druif is baie beter, veral as fermentasie betrokke was.

Re: Biltong resep

Posted: Wed Feb 06, 2019 1:25 pm
by Chris (vdB)
Dagse

Het een van julle manne dalk Kook en Geniet se biltong resep wat hy hier kan plaas asseblief. Die Kook en Geniet wat ek het is baie oud en daar praat hulle niks van koljander nie. Wil net sien of daar nie n' nuwer weergawe is nie

By voorbaat dank

Re: Biltong resep

Posted: Wed Feb 06, 2019 1:46 pm
by airhunter
Carl wrote:Growwe sout & fyn swartpeper na smaak ek weeg nie af nie. Bruinsuiker eetlepel vir 'n koppie sout en peper. Meng goed. Srinkel wyn asyn oor vleis en bestrooie met sout, pak in lae. As jy nie die velis gaan omdraai nie, moet jy onthou die biltng wat onder lê kry die meeste pekel, so pak die dik stukke onder. Na 24 uur hang jy.

Ek het nou weer bees biltong gemaak, jammer om te sê vir die Crown en Freddie Hirsch manne dis hoe biltong moet proe. Soos bees, nie een of ander chemiese BBQ, Knoffel of Gunsmoke geur nie.

+1 Balsamiese asyn maak ook mooi

Re: Biltong resep

Posted: Wed Feb 06, 2019 1:52 pm
by Harambe
joe rocket wrote:Druiwe asyn proe beter as spirit asyn.
Hierdie is een van die geheime. Ek gooi rooiwyn asyn en maal self die koljander en peper.

En proe aan die mengsel voor jy hom smeer. As hy nou nie lekker is nie, gaan hy ook nie lekker raak wanneer hy in die vleis intrek nie.

Re: Biltong resep

Posted: Wed Feb 06, 2019 7:45 pm
by 6mmMusgrave
Al hoe ons maak is

Laat die biltong vir n dag in 1/3 bruin asyn en water le vir n dag.

Onder in die bak gooi ons n mengsel van sout fyn swart peper en growwe koljander. Pak die 1ste laag vleis en weer die sout mengsel. Sout hom gewoonlik in die aand en laat hom oornag staan volgende oggend vroeg word hulle uitgehaal en opgehang.

Dis hoe ons dit my hele lewe doen en dis al manier hoe ek van biltong hou.

Re: Biltong resep

Posted: Thu Feb 07, 2019 11:34 am
by airhunter
Harambe wrote:
joe rocket wrote:Druiwe asyn proe beter as spirit asyn.
Hierdie is een van die geheime. Ek gooi rooiwyn asyn en maal self die koljander en peper.

En proe aan die mengsel voor jy hom smeer. As hy nou nie lekker is nie, gaan hy ook nie lekker raak wanneer hy in die vleis intrek nie.
Die koljander moet net in n pan geskroei word en dan op n plank met n koekroller gebreek word ;D

Re: Biltong resep

Posted: Thu Feb 07, 2019 4:28 pm
by Chevvy SS
SUIDWES Biltong resep..

Gebruik BEES of WILD silverside en Topside....

Sny die vleis in so 2 cm dik skywe...

Gooi nou die volgende speserye op...per Kg vleis (biltong)

18 Gr sout
2 Gr peper
4 Gr gebrande koljander
2 gr bruin suiker

Gooi die vleis in n meng bak, en die smeer al die speserye in die vleis in...sprinkel bietjie Worchestersous oor...( Bly weg van ASYN af)

Laat staan vir 12 ure in koeler, en meng weer deur laat staan weer 12 ure ...en hang op om droog te word..in goed geventileerde vertrek of voor n waaier..

Re: Biltong resep

Posted: Thu Feb 07, 2019 6:25 pm
by joe rocket
Chevvy laai jy nou? Ek sien jou speserye weeg jy in grein? :laugh:

Re: Biltong resep

Posted: Thu Feb 07, 2019 6:33 pm
by Chevvy SS
Jong, net so van Vleisland se blad afgelaai.

Gaan kyk op Youtube na Stefaans Blaauw se vleisverwerkingsvideos.

Re: Biltong resep

Posted: Thu Feb 07, 2019 7:55 pm
by Parker
Chevvy SS wrote:SUIDWES Biltong resep..

Gebruik BEES of WILD silverside en Topside....

Sny die vleis in so 2 cm dik skywe...

Gooi nou die volgende speserye op...per Kg vleis (biltong)

18 Gr sout
2 Gr peper
4 Gr gebrande koljander
2 gr bruin suiker

Gooi die vleis in n meng bak, en die smeer al die speserye in die vleis in...sprinkel bietjie Worchestersous oor...( Bly weg van ASYN af)

Laat staan vir 12 ure in koeler, en meng weer deur laat staan weer 12 ure ...en hang op om droog te word..in goed geventileerde vertrek of voor n waaier..
Nou die klink vir my reg so uit my geboorteland! Ek gebruik ook hierdie soos my familie al die jare ook gedoen het. Net n knippie salpeter by vir mooi rooi kleur.

Re: Biltong resep

Posted: Thu Feb 07, 2019 8:13 pm
by jdpretorius
Chris (vdB) wrote:Dagse

Het een van julle manne dalk Kook en Geniet se biltong resep wat hy hier kan plaas asseblief. Die Kook en Geniet wat ek het is baie oud en daar praat hulle niks van koljander nie. Wil net sien of daar nie n' nuwer weergawe is nie

By voorbaat dank
.
IMG_20190207_201015.jpeg
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

Re: Biltong resep

Posted: Thu Feb 07, 2019 11:00 pm
by alecjohnson
hier in Upington raak vleis gou biltong, ek hou daarvan om sommar alle ekstra vleis te droog en is nie mal oor koljander nie. dus is my gou gou biltong resep eenvoudig. sout en peper sommar met die hand gegooi, op vleis wat bitjie bruin druiweasyn op het. dit los ek 'n rukkie 'n uur of drie en hang, ek smul soms aan dit die volgende dag(nat biltong) magies maar vleis is lekker!

Re: Biltong resep

Posted: Thu Feb 07, 2019 11:05 pm
by JPS
Chevvy SS wrote:SUIDWES Biltong resep..

Gebruik BEES of WILD silverside en Topside....

Sny die vleis in so 2 cm dik skywe...

Gooi nou die volgende speserye op...per Kg vleis (biltong)

18 Gr sout
2 Gr peper
4 Gr gebrande koljander
2 gr bruin suiker

Gooi die vleis in n meng bak, en die smeer al die speserye in die vleis in...sprinkel bietjie Worchestersous oor...( Bly weg van ASYN af)

Laat staan vir 12 ure in koeler, en meng weer deur laat staan weer 12 ure ...en hang op om droog te word..in goed geventileerde vertrek of voor n waaier..
Dis hoe my pa hom ook altyd gedoen het.

Re: Biltong resep

Posted: Thu Feb 07, 2019 11:08 pm
by Chris (vdB)
jdpretorius wrote:

Baie dankie JD