Page 1 of 1
BRNO ZG-47
Posted: Tue May 23, 2017 3:14 pm
by malphil
Dagsê manne is hier nog van julle wat dalk een van die bostaande BRNO's in julle besit het? Het onlangs een in 270 gekry en het bietjie nagevors oor hulle, lyk my daar was nie baie in daai model gemaak nie?
Groete
Re: BRNO ZG-47
Posted: Tue May 23, 2017 4:29 pm
by Frikkie Coetzee
n Vriend van my het een in 7x57.
Re: BRNO ZG-47
Posted: Tue May 23, 2017 5:14 pm
by Pappabeer
Ek het n 8x60S
Re: BRNO ZG-47
Posted: Wed May 24, 2017 11:06 pm
by Vaalbos
Het a .30-06 in mint toestand met oorspronklike Meopta 4X21mm scope van 1950's.
Uitstekende aksie uit billet masjineer. Was te duur om te aanhou vervaardig en deur ZKK6.. reeks vervang.
Re: BRNO ZG-47
Posted: Thu May 25, 2017 8:48 am
by malphil
Jis maak my sommer opgewonde, hoe post mens fotos? Ek dink julle manne moet van julle sin ook opsit laat ons amper soos n ZG-47 Thread maak
Re: BRNO ZG-47
Posted: Thu May 25, 2017 5:49 pm
by Pappabeer
Hier is myne, en n paar goed wat al met hom gejag is.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170525/add4e47df0cedf72240d326dbf6bf053.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170525/6e04ee63b8ac17def79cdc634771f459.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170525/d7ce3853adbe8cab11f6719f2906fbde.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170525/ddca1c2fb0f45671af6bc62f48c065e6.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170525/faaa21e970012129fdd95b8ee5896e3c.jpg
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: BRNO ZG-47
Posted: Fri May 26, 2017 12:06 pm
by malphil
Hier is n baie goeie "thread" om te lees oor die zg-47
https://www.africahunting.com/threads/t ... eed.18272/
Re: BRNO ZG-47
Posted: Fri May 26, 2017 10:42 pm
by Vaalbos
My .30-06 waarna bo verwys word was ook a Tony Harrison geweer. (Lees
https://www.africahunting.com/threads/t ... eed.18272/) Die bakelite buttplate was gebreek op die geweer en dit het in die kluis gestaan vir 50 jaar. Ek hom van Terry gekoop in 2009.
Toe ek in die Kaap studeer, het ek menige Vrydag middae onder in die kluis gaan gesels met Tony en sy geweere deurgegaan. (1983) Tot nou toe net vlakvarke in Kalahari met hom geskiet.
Re: BRNO ZG-47
Posted: Sat May 27, 2017 8:38 am
by Pappabeer
Mark en Terry het die .30-06 en n .270 gehad waarvan ek weet. Hulle pa se 9,3 met die reeksnommer 00001 het n donker hout kolf, wangstuk, buffelhoring fore-end en was in pragtige toestand toe ek hom gesien het. Ek het verneem hy is tans in besit van James Mahon in Gauteng.
Re: BRNO ZG-47
Posted: Sun May 28, 2017 11:52 pm
by Vaalbos
DSC_0345a.jpg
Ek het die 9,3x62mm by Terry gesien so jaar voor hy uit City Guns getrek het. Weet nie waar die 9,3 nou is nie want dit was die laaste keer wat ek Terry gesien het. Hy wou op daardie stadium dit nie verkoop nie en genoem het dat hy a hewige aanbod op die geweer ontvang het vanaf CZ/BRNO weens die reeksnommer. Ek ken v James en sal by hom hoor daaroor.
Ek het al geruime tyd met a 9,3x62mm FN Supreme gejag en is baie lief v die geweer en patroon.
Hier nog paar fotos van die .30-06 ZG47 met Meopta op en a nuwe Pachmayer langs sy voorganger, a Mod 21 in 8x60Smm. Die M21 is baie lig en a lekker kudu jag geweer in die randte. Hy loop nou met a 3-9x32mm Compact.
Die Meopta sit mooi laag in die monterings en ek wens hulle kon gebruik word met a moderne teleskoop maar die Erector Spring Saddle Box verhoed dit. Die montering stel agter vir "windage" en bo op die scope vir "elevation" en het geen saal vir die verstellings nie. So ook kan a scope met a saal nie pas nie al is dit sonder a groter "Objective lens" nie. (Soos a 1,5-5x21mm)
Terloops, as iemand aan a plan kan dink sonder om die eenstuk montering op te sny nie, laat maar weet asb.
Re: BRNO ZG-47
Posted: Mon May 29, 2017 7:14 pm
by RugerBoy
Het toegang tot n ZG 47 aksie en beplan om n .318 WR te bou. Sien baie uit na die projek.
Groete,