Die Mauser M66

Post Reply
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Die Mauser M66

Post by Max Rossle »

Goeiedag Lede

'n Familie lid het 'n Mauser M66 gekamer in .458 Express.

Het enige iemand hier enige kennis oor die wapen en die aksie?

Ek weet "die kite het nie gevlieg nie" en die wapen het nie die mark geskok nie; maar ek het nou die dag 'n artikel daaroor gelees, en hoe "underrated" die wapens is.

Glo nie daar is veel oor in sirkulasie nie maar sal graag bietjie praktiese, hands-on ervaring en terugvoer wil he oor manne wat al daarmee te doen gehad het.

Groete
Max
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Die Mauser M66

Post by Pappabeer »

Ek het al n paar skote met 3x M66's geskiet. n .270, 30-06 en n 9,3x62. Hulle aksies is almal bitter grof, die .30-06 en 9,3 het onnodig baie geskop met RWS fabrieks ammunisie.

Ek dink daai hakkerige straightpull aksie is n resep om getrap of eet te word in n gevaarlike wild geweer.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Die Mauser M66

Post by Wouter Roets »

Stem Dewie

Het met n vriend se 30-06 te doen gehad waarvoor ek ook herlaai het en was geensins impressed gewees nie. Sal hom glad nie oorweeg vir n DG aksie nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Die Mauser M66

Post by DWB »

Ek het ook op die ander draad laat val daar is beter aksies.
Maar ja, lekker interresante aksie op klein kaliber, maar hou maar by 'n Controlled Feed vir Gevaarlike Wild.

Jy kan nie fout gaan met die CZ, BRNO of Ruger Reeks nie, kyk maar net watter kolf werk vir jou op die eerste 2.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Die Mauser M66

Post by Flip Nel »

'n vriend het een in 270, hy werk lekker aksie het ook redelik glad gewerk maar sal hom nie sommer in 458 wil gebruik nie, hy het ook harder geskop as my 270 met selfde ammo.
User avatar
Mukiwa
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Fri Jun 05, 2015 8:18 am

Re: Die Mauser M66

Post by Mukiwa »

Naand Max,

Ek het een in 9.3 X 64 Brenneke gehad en die manne hierbo se kommentaar is geregverdig.

Die aksie in my opinie is op bitter klein toleransies gemasjineer (goeie werk) maar die geringste stof of vuiligheid laat hom hak wat hom definitief uitskakel as gevaarlike wild aksie/geweer.

Dit is verder ook n probleem om n teleskoop te monteer aangesien baie van hulle met die ou Duitse "einhak montage" in die dovetail gekom het, en bo en behalwe dit benodig jy gewoonlik n voorste ring wat om die lens vashou (baie duur en skaars).

Hulle het nie in my opinie n goeie tweedehandse waarde nie behalwe dalk vir n versamelaar wat die spesifieke kaliber kort.

Interesant en die manne kan my korregeer maar ek dink amper dit is een van die eerste gewere wat met sogenaamde "interchangeble barrels" vervaardig/uitgekom het, maw jy kan n ander kaliber loop opsit indien die rim diameters dieselfde is bv .270 en 30-06.

Groete,
Stephen
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 619
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Die Mauser M66

Post by Johan van Wyk »

Ek het iemand geken wat een in 9,3x64 gehad het. Pluk die slot hard en jy pluk hom sommer heeltemal uit die geweer uit. Sonder om iets te breek.

Daar is ongelukkig net een Mauser en dis `n M98.
Post Reply