Page 1 of 1

Quest koel ervarings

Posted: Mon May 22, 2017 9:33 am
by Swede
Ek het so paar jaar terug 'n koedoebul gejag met bogeneomde koel 200gr in my 30-06 en kan nie kla oor hulle nie, dit was wel 'n breinskoot gewees. Is daar ander manne wat ook al hierdie koels gebruik het. Ek wil graag voor die einde van die maand 'n wildebeest met dieselfde koel aan vat.

Re: Quest koel ervarings

Posted: Mon May 22, 2017 11:38 am
by Klein Chris
Vat daai bees aan met die Quest. Voor die mono koeel "phase" my gevat het het n wildebeest geval met n nekskoot uit die 30-06 op so 80m met n 165gr Quest teen so 2500vps. Gewig retensie was 96%

Re: Quest koel ervarings

Posted: Tue May 23, 2017 7:33 am
by vriell
Quest oor die algemeen is baie goeie jagkoeels. Jy sal nie fout maak nie. Gebruik jare al die 130gr op kudu,gemsbok ,blesbok en Springbok met baie goeie resultate in my 30-06..

Re: Quest koel ervarings

Posted: Tue May 23, 2017 9:49 am
by Swede
Dankie gaan hulle weer gebruik

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Quest koel ervarings

Posted: Tue May 23, 2017 6:15 pm
by James Wilson
waar kry n mens Quest bullets?

Re: Quest koel ervarings

Posted: Tue May 23, 2017 7:41 pm
by LUAN
Quest al die pad van Koekenaap - 0836306338

Re: Quest koel ervarings

Posted: Wed May 24, 2017 6:14 am
by Swede
LUAN wrote:Quest al die pad van Koekenaap - 0836306338
Die einste, goed geprys en hulle is akkuraat in my geweer

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Quest koel ervarings

Posted: Wed May 24, 2017 7:38 am
by Klein Chris
vriell wrote:Quest oor die algemeen is baie goeie jagkoeels. Jy sal nie fout maak nie. Gebruik jare al die 130gr op kudu,gemsbok ,blesbok en Springbok met baie goeie resultate in my 30-06..
mmm.... Ek het ook vd koele, teen wat se spoed stap hulle uit die 30-06? Wat se kruit laai jy hulle mee?

Re: Quest koel ervarings

Posted: Wed May 24, 2017 9:58 am
by Swede
Klein Chris wrote:
vriell wrote:Quest oor die algemeen is baie goeie jagkoeels. Jy sal nie fout maak nie. Gebruik jare al die 130gr op kudu,gemsbok ,blesbok en Springbok met baie goeie resultate in my 30-06..
mmm.... Ek het ook vd koele, teen wat se spoed stap hulle uit die 30-06? Wat se kruit laai jy hulle mee?
Het nou nie 130gr, maar in my 30-06 skiet ek 'n 200gr teen so 2450 vps met S365, dit in my opinie is genoeg vir bosveld jag hier by my.

Re: Quest koel ervarings

Posted: Tue Jul 21, 2020 12:26 pm
by Arnold
So bietjie 'n ou een gaan uithaal maar is daar nog manne wat hul ervaring met die Quest koeëls kan deel?

Re: Quest koel ervarings

Posted: Wed Jul 22, 2020 6:00 am
by Klein Chris
Ek jag met die 165gr in my 30-06. Draf teen 2560vps. Enigste koeël wat ek herwin het was n nek skoot op n BWB koei op 90m. Gewig retensie was in die orde van 96%. Baie mooi ge-mushroom

Re: Quest koel ervarings

Posted: Wed Jul 22, 2020 7:25 am
by Armand Steenkamp
Arnold wrote: Tue Jul 21, 2020 12:26 pm So bietjie 'n ou een gaan uithaal maar is daar nog manne wat hul ervaring met die Quest koeëls kan deel?
Ek is baie vrede met hulle in my 243. Ek moes wel so bietjie meer moeite doen om hulle te laat groepeer as met ander koeels maar nou skiet ek die 80gr pitte teen so 3240fps en kry so 20mm groepe wat vim my reg is vir n jag koeel