Page 1 of 1
Asb help met raad en kennis oor blou proses van n geweer?
Posted: Thu Aug 25, 2011 10:04 am
by Truvelloman
More mense
Kan iemand my dalk help met hoe die blou proses werk van n geweer, en ook die chemicals wat gebruik word en tips, as iemand weet asb laat weet my die hulp sal baie waardeer word.
Lekker dag
Re: Asb help met raad en kennis oor blou proses van n geweer?
Posted: Thu Aug 25, 2011 11:42 am
by Beretta
Truvelloman
Sover ek weet is dit n duur operasie omdat al die ou blue moet afkom en die geweer loop ens weer gepolish moet word.Sal jy al daardie goed self doen gaan dit baie goedkoper wees.Om dit self tedoen is nie die pyn werd nie
Beretta
Re: Asb help met raad en kennis oor blou proses van n geweer?
Posted: Thu Aug 25, 2011 5:22 pm
by Cobus(Cobb)
Re: Asb help met raad en kennis oor blou proses van n geweer?
Posted: Thu Aug 25, 2011 5:46 pm
by fanie17
As jy dit self wil doen moet jy jou regmaak om omtrend R10000 uit te le vir die toerusting wat nodig is.In die ou tyd was dit bruinering genoem,dit was in wese n beheerde roes proses.Die moderne proses het jy n bak nodig wat jy kan verhit met water en die soute wat die proses doen opgelos in die water.Die oplossing moet so wees dat die water kook op 140grade.Jy moet die loop eers in n bak met acetone laat le dan in skoon water dan in die blou soute dan weer in skoon water dan in penetreer olie.Jy het n stainles bak nodig vir elke deel van die proses.As jy nog lus is om dit te probeer STERKTE
Re: Asb help met raad en kennis oor blou proses van n geweer?
Posted: Thu Aug 25, 2011 7:59 pm
by Christo
Ek het G96 Gun Blue Cream gebruik om 'n geweer weer mooi blou te kry. eers mooi skoon gemaak en liggies met staalwol geskuur. Toe met handskoene gewerk en die cream aangesmeer en so 5 minute gewag en afgespoel met water. TOE is ek kwaad want dit maak so vlekke. Besluit om met staalwol te skuur. Wat 'n mooi blueing wat daaronder uitkom. Ek dink nie dat dit gaan hou nie, maar dit is so maklik ek doen dit sommer weer oor 'n jaar of 2. Lekker om 'n mooi blou( meer swart as blou ) geweer te he.
Jy kan dit maar gerus probeer. Ek het dit by S&O gekoop en nie eens 'n 1/4 gebruik nie.
Re: Asb help met raad en kennis oor blou proses van n geweer?
Posted: Fri Aug 26, 2011 6:57 am
by Beyers
Vir moderne gewere is daar twee benaderings
Koue blue vir koue blue koop jy pasta en smeer dit aan die metaal. NADAT jy die metaal blink en skoon gemaak het, geen olie of vet op die oppervlakte nie. Nadeel is dit hou nie lank nie.
Warm blue Chemekaliee word in water opgelos en die water verhit, Blink en skoon metaal word in bad gedompel en daarna in skoon water gewas ook warm en laastens in olie bad om roes teen te werk. Baie van die chemikaliee gee giftige gasse af. Een goedkoop resep kan ek onthou bevat kunsmis. Die afwerking hou baie goed, maar die voorbereiding van die metaal is kritiek tot die sukses.
Koue blue is goed vir touch up.
Ek het al metaal met seesand gesandblast vir 'm mat effek en koue blue opgesit. dit hou verbasend goed.
Re: Asb help met raad en kennis oor blou proses van n geweer?
Posted: Fri Aug 26, 2011 9:37 am
by baboonstalker
Ek het al die kunsmis metode gebruik en dit het baie goed gewerk. Jy moet net BAIE bytsoda bygooi om die kookpunt van die mengsel genoegsaam te verhoog sodat jy dit tot 140grade kan verhit sonder dat dit wegkook.
Ek sal die resep skandeer en later hier plaas.
Re: Asb help met raad en kennis oor blou proses van n geweer?
Posted: Fri Aug 26, 2011 10:23 am
by Truvelloman
Dankie manne julle is great, dankie vir al die inligting, enige iets wat julle nog weet of tips of name van chemicals sal help,
wag om verder te hoor van julle

Re: Asb help met raad en kennis oor blou proses van n geweer?
Posted: Fri Aug 26, 2011 10:31 am
by Beretta
Truvelloman
Ek het ook al gehoor die gekookte kunsmis maak n moerse bom.So ek weet nie so mooi van die metode nie.Miskien is ek heel verkeerd met die metode

Beretta
Re: Asb help met raad en kennis oor blou proses van n geweer?
Posted: Fri Aug 26, 2011 11:16 am
by baboonstalker
Hier is die resep:
Ek het KAN (limestone amonium nitrate) gebruik en Coustic Soda vlokkies.
Ek moes die resep effens aanpas om die kookpunt tot bo 140 grade te kry en die proses werk goed tussen 140 en 146 grade C
+- 7 pond coustic, 2 1/2 pond kunsmis en 4.5l water.
Jy moet die mengsel buite en verkieslik in 'n fris briesie aanmaak, want hy gee BAIE amoniak gas af en jy wil maar windop bly van die storie.
Los eers die coustic soda op in water en voeg dan die kunsmis 'n eetlepel op 'n slag by en gee kans dat hy klaar reageer tussen lepels.
Amonium Nitraat is 'n bestandeel van plofstof, so wees maar versigtig en dra sommer jou plastiek voorskoot, handskoene en skermbril terwyl jy daarmee werk.
Hang jou parte in die mengsel sodra dit op die regte temperatuur is en verseker dat die parte nie in die sediment onder in die pot raak nie.
Doen die hele proses buite en met 'n gasbrander as hittebron.
'n picatinny rail wat ek met die mengsel swart gemaak het:

Re: Asb help met raad en kennis oor blou proses van n geweer?
Posted: Mon Aug 29, 2011 9:57 am
by Beyers
Pieter as jy jou parte in daai Bytsoda en kunsmis oplossing gaan hang jy jy ontplof

Re: Asb help met raad en kennis oor blou proses van n geweer?
Posted: Mon Aug 29, 2011 10:28 am
by baboonstalker
Ja ek moet bieg, ek het dit nog net met geweer parte probeer. My eie parte het ek nog te nodig.
Re: Asb help met raad en kennis oor blou proses van n geweer?
Posted: Wed Sep 07, 2011 8:57 pm
by Flip Nel
ek wil iets hoor, ek het al by 2 geweersmide gewere laat blou, al die gewere het baie mooi gelyk maar ek het agter gekom dit is nie so goed soos die wat van die fabriek af kom nie, 'n ligte stampie en dit het 'n merk, dit het nie gebeur met die wat deur die fabriek gedoen is nie, nou wonder ek doen die fabriek dit anders, altwee is met die kook metode gedoen, nie die een wat jy sommer iets opsmeer om dit te verkleur nie.