Gesoek - SWB skenkel resep vir die pot

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
RangerLouis
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Thu May 07, 2015 1:04 pm

Gesoek - SWB skenkel resep vir die pot

Post by RangerLouis »

More Almal,

Ek aas bietjie vir 'n lekker potjie resep wir Swart Wildebees skenkels.

Dankie

Louis
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: Gesoek - SWB skenkel resep vir die pot

Post by ANDRIES »

Braai vleis bruin
braai uie en 2 knoffel huisies en meng met vleis
gooi water 2 biefekstrakblokkies sout peper bietjie tamatiesous bietjie bladjang bietjie sweet chillie en worcestersous by
kook vleis tot amper sag en sit aartappels by.Kook ent weg en sit res van groente by - butternut wortels murgpampoentjies pattipans en boontjies.
Sodra ent weg gekook is sit blomkool en brocoli by.
Om te verdik meng oxtail en vegetable sop en voeg by.
Kook deur en eet die lekkerste skenkelpot.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Gesoek - SWB skenkel resep vir die pot

Post by Jean Marais »

Ek sal hom amper nes Andries hierbo voorstel doen, maar my spesery sal Freddie Hirsch se "Hunter" biltong spesery wees na smaak. Daai spesery bevat alles wat jy nodig het, en glo my, jy sal nie sommer weer 'n pot daarsonder maak nie. Ek het al op 'n redelike groot potkompetisie van 80 potte, 'n 3de plek losgeslaan met die resep.

Ek sit ook altyd bietjie vars suurlemoensap by, en die blatjang sit ek heelwat later in om te keer dat die pot aanbrand. Ek sit gladnie tamatiesous by nie, maar eerder vars tamaties sonder die skil.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Post Reply