Page 1 of 1
Ruger SP101
Posted: Tue Aug 23, 2011 6:27 pm
by Hein M.
Hallo almal!
Ons weet almal dat die Ruger rewolwers baie goeie kwaliteit handwapens is. Is enige forumlede in besit van hierdie 3'inc 357Mag? Ek stel belang daarin om een aan te skaf en sal graag praktiese inligting oor hierdie model wil bekom.
http://www.snubnose.info/docs/sp101.htm
Enige opmerkings / info is welkom!
Hein
Re: Ruger SP101
Posted: Tue Aug 23, 2011 6:55 pm
by HFC
Hein
Jy sal nie fout maak om een te koop want hulle is gebou om te hou. Die Sp101 is maar dieselfde as die vorige Speed/Police sixes maar net meer kompak. Gaan jy 'n nuwe een koop of weet jy van 'n tweede handse een?
Re: Ruger SP101
Posted: Tue Aug 23, 2011 7:13 pm
by Hein M.
HFC wrote:
Hein
Jy sal nie fout maak om een te koop want hulle is gebou om te hou. Die Sp101 is maar dieselfde as die vorige Speed/Police sixes maar net meer kompak. Gaan jy 'n nuwe een koop of weet jy van 'n tweede handse een?
Hendrik,
Ek sal maar kyk vir 'n goeie 2de handse een. Dink hulle is nogal aan die duur kant nuut. Dink jy daar sal op die Suid-Afrikaanse mark van hulle beskikbaar wees?
Ek het nou onlangs 'n 243 gekoop met alle bells&wistles en vroulief raak kriewelrig...
Laat weet maar as jy van iets hoor!
Mooiloop!
Hein
Re: Ruger SP101
Posted: Tue Aug 23, 2011 8:19 pm
by HFC
Hein
Jy sal sukkel om een in RSA te kry want die meeste handelaars het die 2 1/4 " loop ingebring. As jy nuut wil gaan sal Mark by Guns & Bows in Bellville jou beste keuse wees. Ek het in die 2 1/4" loop 'n 9mm en 357 sowel as 'n 32H&R in 'n verstelbare visier 3" loop. Jou ander opsie is dan maar een van die Speed/Police/Security Sixes wat redelik beskikbaar is vir R2000-00 en minder. Ek sal vir jou uitkyk en laat weet as iets opkom.
Groete
Hendrik
Re: Ruger SP101
Posted: Wed Aug 24, 2011 9:46 am
by Johan JvR
Hein
Classic arms in witbank adverteer 'n paar ouer Security-six rewolwers. Kan jou dalk idee gee watse prys om te verwag.
groete
http://www.classicarms.co.za/default.ph ... =10&sid=10
Re: Ruger SP101
Posted: Wed Aug 24, 2011 6:01 pm
by Hein M.
Hendrik / Johan
Ja, ek sal maar kyk na die ander / ouer modelle. Dankie vir julle insette! Laat weet asb as julle van iets hoor.
Mooiloop!
Hein
Re: Ruger SP101
Posted: Mon Aug 29, 2011 5:45 pm
by wlm
Onthou Hy is lekker gewigtig! Probeer maar die een met die korter loop, hy het nie te veel terugskop nie . nogal lekker akkuraat ook.
Re: Ruger SP101
Posted: Fri Sep 09, 2011 4:19 pm
by bobby
hfc
are you a dealer ? cos that 32 h&r ruger makes me itch .
cheers bobby
Re: Ruger SP101
Posted: Sat Sep 10, 2011 5:22 pm
by HFC
bobby wrote:
hfc
are you a dealer ? cos that 32 h&r ruger makes me itch .
cheers bobby
Hi Bobby
No I am a collector and sorry I can not help you with your itching.
HFC
Re: Ruger SP101
Posted: Sat Sep 10, 2011 8:19 pm
by bobby
thanks , i just had to try my luck but you know who to call if you change your mind .
maybe i can tempt you with a s+w 57 6'' blued 41 mag in new condition .
cheers bobby
Re: Ruger SP101
Posted: Sun Sep 11, 2011 1:49 pm
by HFC
bobby wrote:
thanks , i just had to try my luck but you know who to call if you change your mind .
maybe i can tempt you with a s+w 57 6'' blued 41 mag in new condition .
cheers bobby
Sorry your luck is out again, I only do stainless.

HFC