Page 1 of 1

SPRINGBOK NAG JAG.

Posted: Sat May 06, 2017 3:01 pm
by Doepie01
Springbok nag jag beskikbaar in Luckhoff. Prys R650.00/bok.

Jagter voorsien sy eie bakkie en toerusting. Maksimum 2 bakkies per aand word toegelaat. Gids sal voorsien word per bakkie. Minimum van 10 bokke per groep.

Die bokke is baie mak en die beskikbaarheid word gewaarborg. Of die bok bakkie gaan ry hang af van die skut. Terrein is vlakte kampe met baie min klippe en slote.

Geen verblyf beskikbaar maar as jy n tent en stretcher het kan ek kampplek en hout voorsien. Geen geriewe.

Kontak my gerus indien jy belangstel.

Groete

Re: SPRINGBOK NAG JAG.

Posted: Sat May 06, 2017 3:43 pm
by JuanPaul
Jy het 'n pm

Re: SPRINGBOK NAG JAG.

Posted: Sat May 06, 2017 6:01 pm
by TOKELOS
Doepie,
Jy is nie dalk Izak Joubert se broer nie?

Re: SPRINGBOK NAG JAG.

Posted: Sat May 06, 2017 7:55 pm
by Doepie01
Nee, ken nie n Izak Joubert nie. Sorry!

Re: SPRINGBOK NAG JAG.

Posted: Mon May 08, 2017 5:52 pm
by Doepie01
Jammer manne, ek is vol bespreek.

Groete