Page 1 of 1
Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Tue May 02, 2017 11:21 am
by joe rocket
Ons was bietjie Karoo toe om n vleisie en biltongtjie te gaan haal. Dit was weereens een van die lekkerste jagte ooit. Die veld is baie droog, maar is besig om te herstel nadat dit lekker gereën het met opvolg reën. Skote het gewissel van 250 tot 350m. Ek het ook van die bakkie af geklim agter n eland aan wat my vriend gekwes het, en 'n lekker toon geklap. Die bok het ons die plaas gewys, maar kon hom darem kry. 'n Mens kon duidelik sien wie het die ure op die skietbaan deur die jaar ingesit.
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Tue May 02, 2017 11:28 am
by joe rocket
Let op hoe maer is die blesbok ram. Ou aleenloper. Die Rooihartebees was ook n ou alleenloper koei.
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Tue May 02, 2017 11:30 am
by joe rocket
Wat is nou mooier as n windpomp met die son wat sak. Ek het n ding vir n windpomp.
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Tue May 02, 2017 12:11 pm
by PWV
Lekker, Joe! Geluk ook met jou klong. Hy het goed geskiet.
Sal later by hom hoor hoe sy pa gedoen het!

Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Tue May 02, 2017 12:13 pm
by Jurgen Visser
Nice Jason , ek is bly vir jou part , lekker om die klong so groot te maak , dit is iets wat jy op trots kan wees
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Tue May 02, 2017 2:28 pm
by ruaanb
Netjies ou maat!
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Tue May 02, 2017 4:19 pm
by Plaashaas
joe rocket wrote:Wat is nou mooier as n windpomp met die son wat sak. Ek het n ding vir n windpomp.
Ek ook! Elke windpomp is n monument van swaarkry en droogte.
Geluk met die bokke jong jagters
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Tue May 02, 2017 4:21 pm
by Gawie(13mm)
Aartjie na sy Vaartjie!!!
Geluk manne. Julle het sommer baie mooi gemaak.
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Tue May 02, 2017 4:35 pm
by joe rocket
Dankie manne, ja nee Gawie en oom Pieter die klong het die wissel trofee vir die beste skut en jagter geneem. Vier skote, vier bokke en een mis skoot, wat my skuld was, want die turret was nog op 500m gestel en ek het vergeet om dit terug te draai. Ek was toe in die moeilikheid.

Baie trots op die jong man.
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Tue May 02, 2017 6:34 pm
by Mellies
Mooi gegooi!
Met n vleisie...
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Wed May 03, 2017 9:05 am
by JuanVE
Wat 'n voorreg dat Pa en Seun dit saam kan doen. Koester elke geleentheid. Dis nou pitkos vir die oudag!
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Sun May 28, 2017 9:18 am
by Ben Remington
Bly maar net lekker....
Met wat se kaliber het die jong man geskiet?
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Sun May 28, 2017 9:32 am
by joe rocket
Hy skiet met die Groen Mamba 243 ackley. Ek kan nie wag vir die 29 Junie nie dan maak ons weer so.
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Sun May 28, 2017 9:41 am
by Ben Remington
Dit klink lekker....kyk volgende jaar dan bring jy hom Kalahari toe....dalk kan hy en Myburgh ñ paar varke skiet...
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Sun May 28, 2017 3:34 pm
by Heinz Petersen
Daai mannetjie is meer wapen veiligheids bewus as baie jagters wat ek al gesien het.
Lekker Jason. Geniet hom terwyl jy kan.
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Sun May 28, 2017 3:38 pm
by joe rocket
Ben Remington wrote:Dit klink lekker....kyk volgende jaar dan bring jy hom Kalahari toe....dalk kan hy en Myburgh ñ paar varke skiet...
Jissie Ben ons sal moet n plan maak.
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Sun May 28, 2017 4:28 pm
by tripodmvr
Bly julle kon saam die jag ervaar. Die mooi fotos wat die berge, wolke en sonsondergang wys, laat 'n man terugverlang na die Karoo.
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Mon May 29, 2017 7:43 am
by Carl
Geluk Joe die man het goed geskiet. Dit is erg om daai wild so maer te sien.
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Mon May 29, 2017 8:12 am
by joe rocket
Dis nie lekker nie, maar na die reën glo ek die veld sal genoeg saam herstel. Om skaap en wild te voer @R 60 000 per maand is nie grappies nie.
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Mon May 29, 2017 8:46 am
by Jean Marais
Plaashaas wrote:joe rocket wrote:Wat is nou mooier as n windpomp met die son wat sak. Ek het n ding vir n windpomp.
Ek ook! Elke windpomp is n monument van swaarkry en droogte.
Geluk met die bokke jong jagters
Lyk my ons is 'n paar wat van windpompe hou..
http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/20150429_181716_zpsytc3mfd0.jpg
Die volgende aand van die selfde ene:
http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/20150430_180513_zpsudvlvsl4.jpg
Geluk Joe, jy en jou bulletjies het mooi memories gaan maak.
Re: Pa en seun jag in die hart van die Karoo
Posted: Mon May 29, 2017 10:49 am
by DawieKotze
Ek is ook baie lief vir windpompe in die Karoo...