BOYDS KOLF VIR BRUNO 308

Post Reply
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

BOYDS KOLF VIR BRUNO 308

Post by junglejulian »

MIDDAG AAN ALMAL
kan iemand my asb help.ek is besig met n lekker bull barrel vir my bruno 308 zzk 601 aksie optesit en wil vir hom somme n nuwe laminated kolf(boyds of iets soort gelyk ook) opsit maar ek kry nie die model op hul site nie.moet ek maar n klaar kolf net sonder die inletting bestel of is daar erens n plek wat kolwe spesifiek vir die bruno zzk601 bou.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: BOYDS KOLF VIR BRUNO 308

Post by James Wilson »

wat boyds betref moet die kolf UNinletted wees. dis gelukkig goedkoper
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
basie
Full Member
Full Member
Posts: 172
Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm

Re: BOYDS KOLF VIR BRUNO 308

Post by basie »

Jj
Hier is ook 'n plek wat mooi kolwe het, ongelukkig net heelwat duurder.http://rifle-stocks.com/
Kyk na die Target Thumbhole.

Hoop jy kom reg.
Basie
Elke Rooihond kry sy dag!!
Biltongjagter

Re: BOYDS KOLF VIR BRUNO 308

Post by Biltongjagter »

Dink maar baie mooi voordat jy enige Boyds kolf koop wat hulle s? sal pas vir 'n Brno!
Nie maklik nie - maar nou ja - mens probeer mos op aanbeveling van die Yanks!
Kyk hierna - http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=4
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: BOYDS KOLF VIR BRUNO 308

Post by Arnold »

Boyds maak nie kolwe vir die Brno of CZ550 gewere nie. Lees net mooi op hulle site. Die "brno" is di vz24 aksie as ek reg onthou wat maar n mauser is.

Ek weet want ek wou al self vir my cz550 n kolf by hulle bestel.
Last edited by Arnold on Tue Aug 30, 2011 9:07 am, edited 1 time in total.
Biltongjagter

Re: BOYDS KOLF VIR BRUNO 308

Post by Biltongjagter »

Boyds webwerf -
BRNO      Mauser      Large Ring Mauser
confirm receiver ring and center to center on action screws match up,
to what is on the website for Large Ring Mauser. Bolt cut will be
needed and possible relief cut for safety, barrel channel may need
work depending on contour of barrel
En ook nadat hulle aan my seun via e-pos bevestig het dat hierdie kolf van hulle net sekere werk sal verg, soos vermeld op hulle webwerf, om die Brno reeks gewere ander dan die vz24 reeks, te pas.

Alles behalwe, daar was letterlik ure se werk en algehele wysigings nodig in sekere areas op hulle kolf om hom te maak pas vir die Brno.

Hulle webwerf inligting en e-pos bevestiging is nie naastenby wat mens verwag dit behoort te wees nie - misleidend is sagkens gestel.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: BOYDS KOLF VIR BRUNO 308

Post by Arnold »

Koos, ja en nee. Die Brno gewere soos ons dit ken is gebasseer op die mauser maar dit is nie een nie.
Ek dink daar was dalk 'n gaping in die kommunikasie en dit kan nie net na hulle verwys word nie.

Is daar verwys na spesifiek die BRNO ZK600/1/2?
Hier kan mens 'n baie beter idee kry van ooreekomstige aksie inlets
http://www.rifle-stocks.com/actions_available.htm
Biltongjagter

Re: BOYDS KOLF VIR BRUNO 308

Post by Biltongjagter »

"Brno 601 with detachable magazine clip" met presiese mates vanaf middel tot middel van aksie skroewe in kolf soos hulle verlang, is in die e-pos aan hulle deurgegee.
Selfs bestaande kolf se  LOP mates wat hulle aangevra het, is aan hulle verskaf.
My siening is dat hierdie ouens massa produksie van kolwe op dupliseringsmasjiene najaag en enige afwyking daarvan is 'n ergernis vir hulle. Vat wat jy kry of los dit!
Mates en besonderhede aan hulle deurgegee is geensins in ag geneem in die finale produk wat my bereik het nie. Kon net sowel nooit enige mates met hulle bespreek het nie - eindresultaat sou presies dieselfde gewees het, glo ek.

Arnold, die koppeling wat jy gegee het is di? van Richard's Microfit Gunstocks Inc. met wie ek reeds via e-pos korrespondensie in gesprek was. Duurder, maar baie meer oop vir insette van die kli?nt se kant af.
Nogtans, sou ek selfs van hulle af iets bestel, sal dit slegs 'uninlet' kolf wees - nie enigiets anders nie.

Groete,
Koos.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: BOYDS KOLF VIR BRUNO 308

Post by Arnold »

Wyse keuse Koos. Die inletting op my cz550 was nie goed nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: BOYDS KOLF VIR BRUNO 308

Post by Arnold »

Hello Koos
Kan jy dalk vir ons se watse werk aan die boyds kolf gedoen moes word sodat jou brno pas?
Ek wil graag vir my CZ 550 'n Varmint Thumbhole bestel maar wil net weet waar die inletting van die mauser aksie versil van die brno.
Post Reply