Page 1 of 1

Verkoop van wapen met vervalde lisensie

Posted: Fri Apr 21, 2017 9:16 am
by HunterB
My oupa vra vandag vir my om te kyk na sy lisensies. Sien toe dat sy revolver en my ouma se pistool in 2015 verval het. Hulle soek nir meer die wapens nie en wil nie dit net sommer by polisie gaan inhandig nie... Hy het wel nog die ou groen lisensies vir albei die wapens

So my vraag is of kan ons die wapens probeer verkoop en sal die nuwe eienaar kan aansoek doen vir die wapens?

Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie

Posted: Fri Apr 21, 2017 9:21 am
by tripodmvr
Wag tot na die hofsake wat volgende week plaasvind. Dan sal sake meer duidelik wees.

Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie

Posted: Fri Apr 21, 2017 10:39 am
by jamalley
Stem saam met Driepoot

Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie

Posted: Fri Apr 21, 2017 7:04 pm
by 243Songdaug
HunterB. Tans sal hy hulle nie die wapens mag verkoop nie, hulle is tans in besit van onwettige vuurwapens.

Wag maar vir die hofsaak wat SA Jagters aanhandig gemaak het deurloop en besluit na afloop van die uitspraak wat julle tedoen staan

Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie

Posted: Fri Apr 21, 2017 7:29 pm
by Otto
as hulle nog die groen lisensies het is dit nog geldig. Gaan kyk op NHSA se web werf waar daar n skrywe was.

Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie

Posted: Fri Apr 21, 2017 7:48 pm
by tripodmvr
Otto wrote:as hulle nog die groen lisensies het is dit nog geldig. Gaan kyk op NHSA se web werf waar daar n skrywe was.
Die polisie redeneer dat jy vrywilliglik 'n aansoek gedoen het en so 'n nuwe lisensie bekom het. As hy nou verval het kan jy volgens hulle nie terugval op jou groen lisensie se geldigheid nie. Jy het afstand van daardie reg gedoen.

Wag liewers vir die hofsaak om duidelikheid te gee.

Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie

Posted: Fri Apr 21, 2017 9:20 pm
by Meteor
Die hof se uitpraak was dat die groen lisensie bly geldig tot die staat appeleer. Dit het nogsteeds nie gebeur dus se die wet tans dat die groene bly wettig tot jy verkoop of die emmer skop.

As jy n groen lisensie het en aansoek doen vir n witte kan jy maar die groene en witte verloor en weer aansoek doen vir die groene se herdruk.
Die groene bly geldig...met geen nawoord (no strings attached).

Sover ek weet handel die hofsaak wat bespreek is oor vervalde wit lisensies waar geen groen lisensie teenwoordig is of was.

Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie

Posted: Fri Apr 21, 2017 10:01 pm
by tripodmvr
Dit wat tans gebeur is dat SAPS hul eie interpretasie het van wat moet gebeur. Vermy dus konfrontasie met hulle. Die hofsaak is volgende week.

Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie

Posted: Mon Apr 24, 2017 2:42 pm
by Meteor
Meteor wrote:
Sover ek weet handel die hofsaak wat bespreek is oor vervalde wit lisensies waar geen groen lisensie teenwoordig is of was.
Ek is nie honderd persent seker asof die waar is wat ek gese het. Kan iemand my asb korrekteer.
Uwe

Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie

Posted: Mon Apr 24, 2017 3:01 pm
by Ratel
tripodmvr wrote:Dit wat tans gebeur is dat SAPS hul eie interpretasie het van wat moet gebeur. Vermy dus konfrontasie met hulle. Die hofsaak is volgende week.
Tripod is reg. Twee verskillende DFOs het my twee weergawes gegee. Die een reken die groen lisensies is geldig ongeag of jy 'n witte bekom het. Die ander DFO reken toe jy die witte bekom het het jy 'n hernuwings datum gekry en dit geld. Ek sou eerder wag en sien wat gebeur. Ek sou ook nie daai wapens nou dra nie.

Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie

Posted: Mon Apr 24, 2017 3:05 pm
by Eugene
Ratel wrote:

Die hofuitspraak oor die groen lisensies, is nie 100% duidelik oor die geval waar iemand "oorgeskakel" het na die nuwe sisteem toe nie. Dit is maar 'n geval van interpretasie, waar ons as wapeneienaars dit op een manier interpreteer en die SAPD dit presies andersom interpreteer. Die saak word hopelik more aangehoor en dan sal daar waarskynlik uitsluitsel wees.

Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie

Posted: Mon Apr 24, 2017 3:08 pm
by junglejulian
n Groen lisensie is slegs geldig(onderhewig aan die hofuitspraak) as n persoon nog nie aansoek gedoen het vir hernuwing onder die nuwe vuurwapen(act 60 van 2000)wet nie.Sou jy aansoek gedoen het vir hernuwing van n groen lisensie onder die nuwe wet(Wit kaartjie) het jy jouself onderhewig aan sy regulasies. daarom sal n Vervalde wit lisensie nie wettig wees omrede jy n groen lisensie het ook vir die wapen nie.

Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie

Posted: Mon Apr 24, 2017 3:15 pm
by Eugene
junglejulian wrote:n Groen lisensie is slegs geldig(onderhewig aan die hofuitspraak) as n persoon nog nie aansoek gedoen het vir hernuwing onder die nuwe vuurwapen(act 60 van 2000)wet nie.Sou jy aansoek gedoen het vir hernuwing van n groen lisensie onder die nuwe wet(Wit kaartjie) het jy jouself onderhewig aan sy regulasies. daarom sal n Vervalde wit lisensie nie wettig wees omrede jy n groen lisensie het ook vir die wapen nie.
Dit is die SAPD se opinie ja, maar daar is verskeie ander regsopinies van bekende en ervare advokate wat die teendeel argumenteer en waarmee ek moet saamstem. Juis uit hoofde van die gemelde hofuitspraak, bly die ou lisensies geldig en by implikasie is die gedeelte van ou wet rakende die groenlisensies steeds van krag. Vat byvoorbeeld iemand wat 4 vuurwapens besit het, almal met groen lisensies. Indien hy vir 2 daarvan aansoek gedoen het in terme van die nuwe wet, is hy dan in onwettige besit van die ander 2 wat net groen kaartjies het? Dit gesĂȘ, wil ek nie graag die aangeleentheid op 'n Vrydagaand met die SAPD redeneer nie, so wees maar eerder veilig as astrant....

Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie

Posted: Wed Apr 26, 2017 1:01 pm
by Hein22
Was die saak nou al in die hof of nog nie?

Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie

Posted: Wed Apr 26, 2017 1:27 pm
by Jake1
Sal ook wil weet