Page 1 of 1
Howa 308 na 300 WSM
Posted: Wed Apr 19, 2017 12:01 pm
by jacques85
Middag manne
Ek het nou die dag op facebook gesien dat iemand n 308 BB laat verander het na n 300 WSM toe. Het enige van julle al van so iets gehoor en wat die koste rondom dit kan wees? Wat die ou basies gese het is dat die kamer "geream" word en die "boltface" groter gemaak en gese die verandering het hom R1500-R2000 uit die sak gejaag. Ek is nie n geweersmid nie so ek weet nie presies wat gedoen word nie. Wat my aandag wel getrek het is dat die persoon gese het hy gaan nie lang koels kan herlaai nie omdat die magasyn dit nie gaan vat nie tensy hy enkelskoot skiet. My vraag is sal mens die magasyn kan groter maak om langer koels te akkommodeer?
Ek besit tans n 300 winmag met n dun loop en sal graag na die jag seisoen die skuif wil maak as dit die moeite werd gaan wees.
Jammer vir die enges tussen die afrikaans.
Groete
Jacques
Re: Howa 308 na 300 WSM
Posted: Wed Apr 19, 2017 12:10 pm
by LoopSoosStroop
Jy vra twee verskillende vrae.
1. Ja jy kan 'n Howa .308 BB na 300 WSM laat verander, maar nou dat Howa 'n BB .300 WM maak sal ek eerder daar begin, slot kop reeds reg. Behalwe as jy met 'n aansienlike goedkoper .308 begin.
2. Jy kan ook jou dun loop 300 WM laat herkamer na 300 WSM, of nuwe loop laat opsit.
Wat wil jy maak met die geweer?
Re: Howa 308 na 300 WSM
Posted: Wed Apr 19, 2017 12:12 pm
by LoopSoosStroop
Beide die dun en dik loop 300 WM is beter begin gewere vir so 'n projek aangesien die magasyn lengte reeds reg is.
Die slim manne kan kom praat as ek iets mis.
Re: Howa 308 na 300 WSM
Posted: Wed Apr 19, 2017 12:18 pm
by Arnold
Hoekom wil jy 'n 308 herkamer, daar is niks wat beter as 'n 308 kan skiet nie!!!

Re: Howa 308 na 300 WSM
Posted: Wed Apr 19, 2017 12:21 pm
by tripodmvr
Die 300WM manne wat ek ken is baie tevrede met hul gewere en akkuraatheid is goed vir jagdoeleindes. Is daar groot fout met joune dat jy nou na 300WSM wil oorslaan?
Re: Howa 308 na 300 WSM
Posted: Wed Apr 19, 2017 12:39 pm
by Gian_dP
jacques85 wrote:Middag manne
Ek het nou die dag op facebook gesien dat iemand n 308 BB laat verander het na n 300 WSM toe. Het enige van julle al van so iets gehoor en wat die koste rondom dit kan wees? Wat die ou basies gese het is dat die kamer "geream" word en die "boltface" groter gemaak en gese die verandering het hom R1500-R2000 uit die sak gejaag. Ek is nie n geweersmid nie so ek weet nie presies wat gedoen word nie. Wat my aandag wel getrek het is dat die persoon gese het hy gaan nie lang koels kan herlaai nie omdat die magasyn dit nie gaan vat nie tensy hy enkelskoot skiet. My vraag is sal mens die magasyn kan groter maak om langer koels te akkommodeer?
Ek besit tans n 300 winmag met n dun loop en sal graag na die jag seisoen die skuif wil maak as dit die moeite werd gaan wees.
Jammer vir die enges tussen die afrikaans.
Groete
Jacques
Jy moet aansoek doen vir verandering van kaliber, en soos ander gese het kamer oorsny en slotgesig laat verander. Mag dalk meer as R2500 se werk wees. In jou 300WM, sal jy aansoek moet dan vir kaliber verander en herkamer. Jy gaan looplengte verloor, moet nuwe doppe en dies koop. Gaan so 10gr minder kruit gooi in WSM teenoor WM. Met swaar koeels gaan jy paar fps wen in wm, wsm paar fps vinniger met 180 en ligter. Verder maar baie dieselfde itv akkuraatheid.
Persoonlik nie vir my die moeite werd nie, tensy jy dit van begin af doen.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Howa 308 na 300 WSM
Posted: Wed Apr 19, 2017 12:45 pm
by jacques85
[/quote]
Jy moet aansoek doen vir verandering van kaliber, en soos ander gese het kamer oorsny en slotgesig laat verander. Mag dalk meer as R2500 se werk wees. In jou 300WM, sal jy aansoek moet dan vir kaliber verander en herkamer. Jy gaan looplengte verloor, moet nuwe doppe en dies koop. Gaan so 10gr minder kruit gooi in WSM teenoor WM. Met swaar koeels gaan jy paar fps wen in wm, wsm paar fps vinniger met 180 en ligter. Verder maar baie dieselfde itv akkuraatheid.
Persoonlik nie vir my die moeite werd nie, tensy jy dit van begin af doen.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk[/quote]
Die ou het gese met die 308 het hy geen loop lengte verloor nie. Die dies en ander goed pla my nie veel nie. Ek sal ook graag n BB verkies teenoor die dun loop wat ek tans het.
ek is mal oor my 300wm. my eerste keuse was n 300wsm maar was bo my vuur maak plek en ek het nie genoeg huiswerk gedoen sodat ek geweet het dat jy hom so kan maak nie. op die oomblik het ek kalibers vir al my behoeftes:
6mm Musgrave (P14) wat ek springbokke stamp
300wm wat ek enige iets groter stamp
6.5 Creedmoor waarvoor ek nog my lisensie wag waarmee ek lang afstand wil begin skiet.
Die WSM is net beter in alle opsigte as die winmag en as die opgradering my nie te veel gaan kos nie sal ek dit graag wil doen. My winmag het nou so 200 skote gedoen.
Ek is net gepla oor die magasyn storie. Ek skiet tans 185gr Berger Hunting VLD en hulle hou van die lande. Ek jump op die oomblik 0.2mm van die lande af en as dit die geval met die WSM gaan wees dink ek die magasyn gaan pla.
Re: Howa 308 na 300 WSM
Posted: Wed Apr 19, 2017 1:39 pm
by LoopSoosStroop
Klink my jy moet net 'n swaar loop 24" Howa .300 Win Mag koop, verkoop jou dun loop 22" geweer.
Re: Howa 308 na 300 WSM
Posted: Wed Apr 19, 2017 1:56 pm
by Gawie(13mm)
LoopSoosStroop wrote:Klink my jy moet net 'n swaar loop 24" Howa .300 Win Mag koop, verkoop jou dun loop 22" geweer.
Ek stem vir hierdie opsie.
Dit gaan jou baie tyd en moeite spaar. Met die geld wat jy op doppe spaar, kan jy dan genoeg kruit koop om die loop uit te skiet.
Re: Howa 308 na 300 WSM
Posted: Wed Apr 19, 2017 1:58 pm
by tripodmvr
jacques85 wrote:
Jy moet aansoek doen vir verandering van kaliber, en soos ander gese het kamer oorsny en slotgesig laat verander. Mag dalk meer as R2500 se werk wees. In jou 300WM, sal jy aansoek moet dan vir kaliber verander en herkamer. Jy gaan looplengte verloor, moet nuwe doppe en dies koop. Gaan so 10gr minder kruit gooi in WSM teenoor WM. Met swaar koeels gaan jy paar fps wen in wm, wsm paar fps vinniger met 180 en ligter. Verder maar baie dieselfde itv akkuraatheid.
Persoonlik nie vir my die moeite werd nie, tensy jy dit van begin af doen.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk[/quote]
Die ou het gese met die 308 het hy geen loop lengte verloor nie. Die dies en ander goed pla my nie veel nie. Ek sal ook graag n BB verkies teenoor die dun loop wat ek tans het.
ek is mal oor my 300wm. my eerste keuse was n 300wsm maar was bo my vuur maak plek en ek het nie genoeg huiswerk gedoen sodat ek geweet het dat jy hom so kan maak nie. op die oomblik het ek kalibers vir al my behoeftes:
6mm Musgrave (P14) wat ek springbokke stamp
300wm wat ek enige iets groter stamp
6.5 Creedmoor waarvoor ek nog my lisensie wag waarmee ek lang afstand wil begin skiet.
Die WSM is net beter in alle opsigte as die winmag en as die opgradering my nie te veel gaan kos nie sal ek dit graag wil doen. My winmag het nou so 200 skote gedoen.
Ek is net gepla oor die magasyn storie. Ek skiet tans 185gr Berger Hunting VLD en hulle hou van die lande. Ek jump op die oomblik 0.2mm van die lande af en as dit die geval met die WSM gaan wees dink ek die magasyn gaan pla.[/quote]
Daardie is 'n baie aanvegbare stelling. Spoed is bykans dieselfde met gelyke looplengtes en jy sal baie skote moet skiet om die 10gr dryfmiddel te regverdig. Is jy bewus dat die 300WSM se "bolt thrust" heelwat hoër is en dat die aksie dus opgewasse moet wees.
My gevoel seg dat jy jeuk en nie mooi kan krap nie. Ek sou voorstel dat jy die 300WM verkoop en vervang met 'n fabrieks 300WSM. As hy sukkel om te werk het jy darem 'n waarborg om op terug te val.
Re: Howa 308 na 300 WSM
Posted: Wed Apr 19, 2017 2:01 pm
by Gian_dP
LoopSoosStroop wrote:Klink my jy moet net 'n swaar loop 24" Howa .300 Win Mag koop, verkoop jou dun loop 22" geweer.
Stem saam.
Ek stem wel nie saam met Jacques dat WSM in alle opsigte beter as WM is nie.
Re: Howa 308 na 300 WSM
Posted: Wed Apr 19, 2017 9:22 pm
by jacques85
dankie vir julle voorstelle. ek gaan bietjie stoei met die idee maar gaan eers kyk wat maak my 300 die jag seisoen en daarna besluit. baie dankie