Page 1 of 1

DG Rifle weight ?

Posted: Thu Apr 13, 2017 9:56 am
by vossie1
More meneere ek is nuuskierig om te hoor wat is die ideale gewig vir n 375 en op, ek het nou vir my n nuwe smoking guns kolf laat bou en die geweer is bietjie aan die swaar kant maar nie dat ek nie sal kan gewoond raak daaraan nie. met die red dot sight weeg hy in 11lbs. ek lees enige iets tussen 9-11lbs is die norm. Ek moet se die kolf pas my baie lekker en ek gaan die naweek skiet om te kyk hoe hy hom gedra, hy point baie maklik en die balaans is baie goed. Dit gaan my werksgeweer wees so ek sal moet gewoond raak aan die gewig. Wat se die manne

Re: DG Rifle weight ?

Posted: Thu Apr 13, 2017 9:58 am
by Gerhard
Onthou jy drae die geweer baie baie meer as wat jy hom skiet.
375 se recoil is lig so moenie bang wees om te val na 7-8lbs nie.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: DG Rifle weight ?

Posted: Thu Apr 13, 2017 10:05 am
by DWB
My 404 is 9lb on the dot.

375 kan 8-9lb seker mooi werk

Re: DG Rifle weight ?

Posted: Thu Apr 13, 2017 10:11 am
by Johan van Wyk
11 pond is `n goeie gewig vir `n .470 dubbel. Ek het `n .416 Rigby wat 9,5 pond weeg en hy skiet soos `n droom. Met `n .375 sal iets in die 8-9 pond klas nie te ondraaglik wees nie, mits die kolf goed ontwerp is en die geweer gehoorlik gebalanseer is.

Ek het al `n hele klompie liggewig Engelse .404's gesien wat in die 8,5 pond klas was. Nog niemand het gekla oor hulle terugskop nie maar hulle het gewoonlik goed ontwerpte kolwe gehad en is lekker gebalanseer.

Iets wat jou goed pas en goed gebalanseer is kan maak dat jy bietjie gewig kan afgooi as dit moet, in my beskeie opinie.

Re: DG Rifle weight ?

Posted: Thu Apr 13, 2017 11:02 am
by vossie1
Ek stem 8-9 vir 375 sou beter wees maar ek gaan hom nou maar toets en kyk hoe dit in die veld voel dan sal ek hom laat dokter, balaans is baie goed so ek glo hy gaan mooi reageer.

Re: DG Rifle weight ?

Posted: Sat Jul 08, 2023 12:23 am
by Kalahari Pretorius
My 9.3 Husqvarna sonder teleskoop weeg 7 lbs op die kop en is nie so on aardig nie. My 375 ZKK is bietjie swaarder as en is heel skaflik.

Re: DG Rifle weight ?

Posted: Sat Jul 08, 2023 7:27 am
by Thunderhead
Ek dink 11lb is glad nie te veel nie as hy reg gebalanseer is.

Re: DG Rifle weight ?

Posted: Sat Jul 08, 2023 3:59 pm
by Ferdi Bam
Solank jy nog jonk is is 11pd goed. Jy word egter nie jonger nie maar wel ouer.

Groete.