Page 1 of 1
Honde GPS
Posted: Mon Apr 10, 2017 6:44 pm
by CarelG
Dag kèrels.
Ek wil uitvind of daar n soort gps of tracker halsband bestaan wat dalk met mens se foon kan pair om mens se hond op te spoor? My vriend het n jong hond wat hy saam jagveld toe wil vat maar hy het n redelike wil van sy eie...bestaan daar so iets dat mens die hond kan opspoor sou hy die pad vat agter n vark of n ding aan...
Ek weet daar is sulke halsbande maar lyk my hulle kos omtrent 13k...is daar n goedkoper alternatief?
Baie dankie
Carel
Re: Honde GPS
Posted: Mon Apr 10, 2017 7:50 pm
by tripodmvr
Baie goedkoper. Slaan Google - GPS dog collar.
Re: Honde GPS
Posted: Mon Apr 10, 2017 8:02 pm
by CarelG
Dankie Oom Marius...het meer gedink hier is dalk iemand met ondervinding met een van die goedkoper modelle wat een kan voorstel...
Re: Honde GPS
Posted: Mon Apr 10, 2017 8:10 pm
by tripodmvr
Garmin se GPS'e is goeie kwaliteit, so ek dink nie hulle sal jou sommer teleurstel nie. Kyk na hul vermoëns en reikafstand en maak dan 'n keuse. Miskien is daar wel manne wat soiets al gebruik het, maar die stilte op jou vraag het my gepla.
Re: Honde GPS
Posted: Mon Apr 10, 2017 8:14 pm
by CarelG
Waardeer die terugvoer Oom...
Re: Honde GPS
Posted: Mon Apr 10, 2017 9:18 pm
by CorneA
Maak n ou iphone aan die hond vas. Gebruik dan die find phone of find friends app om hom op te spoor. Bel hom en gebruik die lui toon as jy naby is sal jy hom hoor.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Honde GPS
Posted: Mon Apr 10, 2017 9:25 pm
by Frikkie Coetzee
Die selfoon idee werk nie waar ons jag nie. Mense het al probeer. Dalk as jy heeltyd sein het.
Kyk na sporting dog se gps collar maar dit is duur maar dit werk. Ek gebruik dit nie vir my pointers nie maar wel gesien dit werk met die bosvark jagters se honde.
Re: Honde GPS
Posted: Tue Apr 11, 2017 9:54 pm
by Ferdi Bam
Jou vriend moet sy hond se dissipline regkry. Hy is net homself te blameer as sy hond nie sy bevele gehoorsaamnie. Dit is egter ook so dat alles in die veld met tye nie werk soos dit moet nie.
Groete.
Ferdi Bam
Re: Honde GPS
Posted: Mon Jun 05, 2017 3:18 pm
by Ben Remington
Goeie dag....
Kontak vir Rikrhino ivm onderste produk. Hulle werk baie goed...bel vir Herman by 0824948000
https://www.rikrhino.co.za/product/rikr ... s-tracker/
Re: Honde GPS
Posted: Mon Jun 05, 2017 3:47 pm
by THOMAST
Trakimo
https://trackimo.co.za/
My vrou verkoop hulle