Page 1 of 1
Groef vir CZ550
Posted: Thu Apr 06, 2017 10:59 am
by Morne Van Der Merwe
Dag almal,
Sal dit dwaas wees om 'n groef soos op picatinny rail op die aksie van CZ550 te sny? As dit kan werk kan 'n mens ringe met cross bolt gebruik. Ek vind net as n mens picatinny rail opsit met ringe sit jou teleskoop baie hoog.
Groete
Morne
Re: Groef vir CZ550
Posted: Thu Apr 06, 2017 11:04 am
by Geno
Ek het my CZ550 laat plat mill en boor en tap deur my geweersmid.
Hy het toe 'n plat Tikka T3 Picatinny rail gefit. So sit die teleskoop lekker laag op die rail.
Re: Groef vir CZ550
Posted: Thu Apr 06, 2017 11:06 am
by Arnold
Morne Van Der Merwe wrote:Dag almal,
Sal dit dwaas wees om 'n groef soos op picatinny rail op die aksie van CZ550 te sny? As dit kan werk kan 'n mens ringe met cross bolt gebruik. Ek vind net as n mens picatinny rail opsit met ringe sit jou teleskoop baie hoog.
Groete
Morne
Praat met Geno, sny eerder die aksie gelyk en sit dan 'n rail op.
Rails se hoogte verskil so maak seker jy kry 'n lae rail en gebruik die laagste ringe beskikbaar.
Toe ek my CZ gehad het was die beste (laagste) oplossing wat ek kon kry om Warne ringe vir die CZ550 te gebruik.
Re: Groef vir CZ550
Posted: Thu Apr 06, 2017 11:26 am
by Morne Van Der Merwe
Sal bietjie daarna kyk. Arnold watse grote teleskoop jy opgehad?
Ek sien die breedte van die groef is .206" in picatinny rails. Gedink sou makliker wees net 2 dwars groewe van .206" breedt te sny.
Sal bietjie kyk na aksie plat te maak.
Groete
Morne
Re: Groef vir CZ550
Posted: Thu Apr 06, 2017 11:30 am
by Geno
Morne Van Der Merwe wrote:Gedink sou makliker wees net 2 dwars groewe van .206" breedt te sny.
Wat van die res van die Picatinny basis? Waar vang die ringe se kloue?
Re: Groef vir CZ550
Posted: Thu Apr 06, 2017 11:35 am
by Morne Van Der Merwe
Ek het nou die dag ringe gevat net so oorgeskuif tot die cross bolt vas steek, en mooi in die oorspronklike kant gleuwe gegly, ek hoop maak sin wat ek bedoel.
Re: Groef vir CZ550
Posted: Thu Apr 06, 2017 12:30 pm
by Arnold
Morne Van Der Merwe wrote:Sal bietjie daarna kyk. Arnold watse grote teleskoop jy opgehad?
Ek sien die breedte van die groef is .206" in picatinny rails. Gedink sou makliker wees net 2 dwars groewe van .206" breedt te sny.
Sal bietjie kyk na aksie plat te maak.
Groete
Morne
Dit was 'n Sightron SIII 6-24x50
Re: Groef vir CZ550
Posted: Thu Apr 06, 2017 1:04 pm
by Morne Van Der Merwe
Dankie Arnold, ek neem aan dit was Medium hoogte ringe?
Re: Groef vir CZ550
Posted: Thu Apr 06, 2017 1:16 pm
by Arnold
Morne Van Der Merwe wrote:Dankie Arnold, ek neem aan dit was Medium hoogte ringe?
Ek kan nie onthou nie maar dit was die laagste opsie beskikbaar wat direk op die cz se dovetail kom.
Re: Groef vir CZ550
Posted: Thu Apr 06, 2017 3:04 pm
by Johan7
Morne, lyk my die CZ 550's het hierdie probleem! Kyk my draad: Is my scope te hoog gemount? Hier sal jy sien Geno en die manne gee raad. Geno se daar dat daar niks met so 'n goog ge-mounte scope is nie. Toe ek my slot oop en toemaak, het dit teenaand die scope beweeg, wat vir my wys die scope is reg daar waar hy sit. As jy hom wil laat laer mount, sal jy moontlik jou slot se arm moet laat buig....
Re: Groef vir CZ550
Posted: Thu Apr 06, 2017 6:31 pm
by Morne Van Der Merwe
Hi Johan,
Sal bietjie daar gaan loer. Ek verstaan met sekere ringe kan jy die teleskoop baie na aan die loop kry, in my geval wil ek n spesifieke ringe gebruik wat ongelukkig net op n picatinny rail kan werk. Lyk my as ek die ringe wil gebruik sal ek maar Geno se manier moet gaan.
Groete
Morne