Page 1 of 1

Wheeler Cerama-Coat

Posted: Mon Apr 03, 2017 7:37 pm
by Giepie
Ek wil dalk van my gewere met die Wheeler Cerama-Coat self doen. My "spray" werk is nie te sleg nie. Het iemand dit al gedoen en hoe het dit uitgekom? Gee dit enige reuke af in die oond? Vroulief gaan nie gelukkig wees as ek die oond slegte reuke gee nie. ;D

Moet ek die loop losmaak van die aksie? Ek neem aan dit sal die beste wees, want aksie en loop gaan nie saam in die kombuisoond pas nie. Ek het nie die regte gereedskap om die loop af te haal nie, sal 'n wapensmid dit vir my kan doen dat ek dit dan net weer vir hom vat om aanmekaar te sit?

Hoor graag van julle.

Hierdie Wheeler kannetjies kos net R939, teenoor 'n Cerakote van R4 000.

Re: Wheeler Cerama-Coat

Posted: Mon Apr 03, 2017 7:57 pm
by birklec
Giepie,ek kyk ook daarna, maar die oond is probleem. Sal infrarooi medium wave ligte dalk werk?

Sent from my Hisense C20 using Tapatalk

Re: Wheeler Cerama-Coat

Posted: Mon Apr 03, 2017 8:52 pm
by LoopSoosStroop
Nee wat, spaar jou geld.

Ek het 'n blikkie by S&O gekoop so jaar terug, en vrek baie moeite gedoen toe ek dit aangewend het. Het my vrou se pottery oond gebruik waarin hele barreled action kon pas.

Hy krap baie maklik af, Rust-o-Leum se blikkies verf is sterker.

Miskien is daar iemand anders wat 'n beter ervaring gehad het.

Re: Wheeler Cerama-Coat

Posted: Mon Apr 03, 2017 10:10 pm
by Geno
R4000 vir Cerakote? Iemand rook jou!

Re: Wheeler Cerama-Coat

Posted: Mon Apr 03, 2017 10:16 pm
by birklec
Geno
Wat prys dit gewoonlik vir n geweer?

Sent from my Hisense C20 using Tapatalk

Re: Wheeler Cerama-Coat

Posted: Tue Apr 04, 2017 7:26 am
by Geno
birklec wrote:Geno
Wat prys dit gewoonlik vir n geweer?

Sent from my Hisense C20 using Tapatalk

Arno,
Ons vra R1,850.00 vir 'n enkel kleur op 'n barreled action.

Re: Wheeler Cerama-Coat

Posted: Tue Apr 04, 2017 8:37 am
by LoopSoosStroop
En 'n pistool slide Geno? Klaar gestrip. Wie gebruik julle?

Re: Wheeler Cerama-Coat

Posted: Tue Apr 04, 2017 9:30 am
by Geno
LoopSoosStroop wrote:En 'n pistool slide Geno? Klaar gestrip. Wie gebruik julle?
R650.00 vir 'n slide. R1,450.00 vir 'n hele pistool.
Ons werk saam met Trueworx in Bloemfontein.

Re: Wheeler Cerama-Coat

Posted: Tue Apr 04, 2017 3:52 pm
by LoopSoosStroop
Dankie Geno, dit klink baie goed.

Wat is "turn-around" tyd omtrend?

Re: Wheeler Cerama-Coat

Posted: Wed Apr 05, 2017 7:34 am
by Geno
2 weke.