Page 1 of 1

Aansluiting.

Posted: Sat Apr 01, 2017 9:22 am
by Will101
Goeie môre. Ek lees so af en toe hier op die forum oor jakke en het besluit om aan te sluit.

Ek besit nou maar my eerste geweer vir 'n jaar lank, en het as kind in dorp groot geword en nie juis geskiet nie. Ek het so 5 jaar terug Karoo toe getrek en ry vir 'n vriend wat jakke jag vir amper twee jaar.

Ek wil graag begin met ondier beheer, maar moet nog eers al die regte toerusting koop wat 'n paar rande gaan kos.

Ek het die volgende vuurwapens:

BRNO MK1 .22LR
HOWA 300WM

Die volgende lisensie aansoeke is in:
Glock 19


Ek wil graag vir my n Howa in 243Win of 6mm Dasher(weet nog nie in watse fabrikaat nie, en of ek n Howa van 243 moet laat sny na 6mm Dasher nie?) aanskaf vir die veelsydige gebruik van ondier beheer en jag.

Ek luister graag na julle insette.
Willem

Re: Aansluiting.

Posted: Sat Apr 01, 2017 9:33 am
by joe rocket
WelKom Willem koop vir jou n Howa 243 dik loop en maak hom n Dasher laai hom met 55gr vmaxe @ 3800f/sek of 87 gr vmaxe @ 3200f/sek. Hulle loop soos stroop.

Re: Aansluiting.

Posted: Sat Apr 01, 2017 10:53 am
by neef
Welkom hier, hoop jy geniet dit, lekker paar ketties wat jy daar het en n howa sal n goeie aanwins wees