Page 1 of 1

Teleskoop vir 30-06

Posted: Thu Aug 18, 2011 8:26 am
by Paul Jonker
Goeie More

Ek soek asb raad ivm 'n teleskoop vir 'n Howa 30-06. Kan iemand 'n fabrikaat voorstel wat tot so 500m sy ding sal kan doen.

Ek gaan meeste van die tyd Swartwildebeeste en Blesbokke in Stanerton se wereld se vlaktes klits.

Dankie

Paul

Re: Teleskoop vir 30-06

Posted: Thu Aug 18, 2011 8:28 am
by Geno
Paul,
Als hang af van jou begroting my maat.

Groete,
Eugene

Re: Teleskoop vir 30-06

Posted: Thu Aug 18, 2011 9:02 am
by Beyers
Eerder 'n duur scope op 'n goedkoop geweer as andersom.

Nikon monarch is 'n goeie roep 4-16x42 is wat ek gebruik.

Re: Teleskoop vir 30-06

Posted: Thu Aug 18, 2011 10:31 am
by Paul Jonker
Dankie mou kan ek begin soek vir die regte prys.

Re: Teleskoop vir 30-06

Posted: Thu Aug 18, 2011 11:18 am
by Armand Steenkamp
Jy sal nie foud maak met die nikon nie. Dis goeie waarde vir geld



Groetnis

Re: Teleskoop vir 30-06

Posted: Thu Aug 18, 2011 11:29 am
by BLOK
Beste waarde vir geld is Burris 4.5-14x42. Jy sal moet ver gaan om prys en waarde daarvan te klop vergelyk sterk met Leeupold.

Net jammer Dokkie is al in die veld anders het ek backup hier gehad. ;D ;D

Blok

Re: Teleskoop vir 30-06

Posted: Thu Aug 18, 2011 11:30 am
by Geno
BLOK wrote: Jy sal moet ver gaan om prys en waarde daarvan te klop vergelyk sterk met Leeupold.
Ek het anderdag by 'n baie betroubare bron gehoor van 'n Burris wat hy gekry het met krom kruishare.....

Re: Teleskoop vir 30-06

Posted: Thu Aug 18, 2011 11:54 am
by Monrique (SJ)
@Blok

Verseker Burris.  Daai is goeie goed en baie goeie waarde vir geld..

Myne loop mooi

Groetnis

Re: Teleskoop vir 30-06

Posted: Thu Aug 18, 2011 12:01 pm
by BLOK
Geno, dis seker hoekom hy hom gekry het en nie gekoop het nie ;D

Newat orals by alle make kan daar voute inkom maar ek dink daar is al genoeg manne wat sal saamstem dat Burris geldwaarde seker die beste scope is.

Paul search maar onder Burris hier op die forum en kyk of kry jy enige negatiewe feedback.

Maar laat ons nou nie jou post hijack en Burris gesprek begin nie.

Vir jou doel met nie te veel fieterjasies op die scope nie dink ek nog steeds die Burris is die beste.

Blok

Re: Teleskoop vir 30-06

Posted: Thu Aug 18, 2011 12:08 pm
by Paul Jonker
Dankie vir die terugvoer ek waardeer.

Re: Teleskoop vir 30-06

Posted: Thu Aug 18, 2011 12:26 pm
by Arnold
Ek is baie gelukkig met my FII4.5-14X42 en sal dit beslis aanbeveel vir algemene gebruik.

Re: Teleskoop vir 30-06

Posted: Thu Aug 18, 2011 12:52 pm
by Armand Steenkamp
Paul,

As jy belang stel in n burris praat bietjie met SJ hy kan dalk vir jou ietsie reel ;)

Groetnis

Re: Teleskoop vir 30-06

Posted: Thu Aug 18, 2011 4:14 pm
by Pvdw
Ek het vir meself 'n Nikon Monarch gekoop. Ek moet s? ek dink hy gaan daai BURRIS goeie kompetisie gee. Kyk na beide en ek glo enige een gaan jou goeie diens gee.

Geno ek het self deur so 'n BURRIS gestaan en kyk, die dul en dun gedeelte van die kruishare lyn glad nie opnie >:( >:( maar die ander waardeur ek gekyk het was weer reg, dalk 'n laat Vydag middag scope gewees daai.

Peet