.45-70 vir die groot goed

Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .45-70 vir die groot goed

Post by Geno »

Hy's al redelik gebruik op buffels, maar ek sal meer gerus voel met 'n goeie 375 in my hande as die ou kettie....
Goed, beter, 6millimeter!
foxbat25
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Tue Sep 22, 2009 6:43 pm

Re: .45-70 vir die groot goed

Post by foxbat25 »

Ek het een wat op 'n Martini aksie gebou is. Dink nie daai aksie is sterk genoeg vir die ladings wat nodig is vir buffel nie.  As jy een kry op 'n Ruger no.1 sal hy beslis die ladings kan hanteer.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .45-70 vir die groot goed

Post by Wouter Roets »

Hallo Piet

In daai konfigurasie(28000psi) is die kaliber glad nie geskik vir buffeljag nie en in die Ruger no1(40000psi) is hy marginaal. Vir ander grootwild soos eland op kort afstande en regte koeel keuse sal hy mooiloop. Die 350-400gr klas premuim koeel sal werk.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .45-70 vir die groot goed

Post by tripodmvr »

Wouter Roets wrote: Hallo Piet

In daai konfigurasie(28000psi) is die kaliber glad nie geskik vir buffeljag nie en in die Ruger no1(40000psi) is hy marginaal. Vir ander grootwild soos eland op kort afstande en regte koeel keuse sal hy mooiloop. Die 350-400gr klas premuim koeel sal werk.

Groetnis
Wouter
Ek beveel hiermee nie die jag van buffels met die 45-70 aan nie, maar mens moet nie vergeet dat baie buffels met die Martini-Henry geskiet is wat baie swakker ballistiese eienskappe het nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: .45-70 vir die groot goed

Post by Musgrave »

Daar is `n paar manne wat dit al gedoen het.  `n Amerikaner genaamd Vince Lupo (http://www.leverguns.com/articles/lupo/lupo.htm) het dit gedoen en so ook `n Suid-Afrikaner (Mark Goosen) - albei met `n Marlin.  Mark Goosen het Rhino solids van 360gr gebruik teen sowat 1950vps.  Sien http://www.africanoutfitter.com/backiss ... rifles.php

Ek het self `n Ruger No.1 in die kaliber en laai 350gr Swift A-frames teen 2050vps.  Het egter nie geld vir die "groot goed" nie... :-[
Ek het nog net vlakvark, bosvark, blesbok, gemsbok en koedoe met hom geskiet.
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: .45-70 vir die groot goed

Post by Musgrave »

Frontier gee ladings: http://www.frontierbullets.co.za/rem_gameranger.htm

Die maks ladings is egter saamgepers - ek weet nie of dit veilig in die Marlin sal wees nie.  Ek is ook nie seker van die gebruik van gamerangers op gevaarlike wild nie (my maag s? NEE).  Dalk is daar manne op die forum wat meer weet van die koele.
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
IndianLima
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Mon Jan 24, 2011 8:35 pm

Re: .45-70 vir die groot goed

Post by IndianLima »

Ek het al persoonlik n buffel met die Marlin 45-70 Govt in die "guide gun" konfigurasie geskiet. Ek dink dit was met 350gr solids laai? Dit was n kopskoot op so 28-30m en die koeel is in en uit. Ek het dan ook al gesien hoe word n hele klomp (5+) met die wapen met sagtepunte bladskote geskiet en dit is uiters effektief! Ons het ook n hele paar "insurance shots" gedoen op buffels wat uit helikopters geskiet is en ek het nie een teleurstelling beleef nie - die wapen het rerig al my verwagtinge oorskry!

Ek is nou in die proses om een vir myself aan te skaf, dink aan die  een: http://www.marlinfirearms.com/Firearms/ ... 895GBL.asp

Die die twee buffels wat ek en my pa geskiet het met die Marlin 45-70... Jammer vir die kwaliteit, maar met n selfoon geneem!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
IndianLima
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Mon Jan 24, 2011 8:35 pm

Re: .45-70 vir die groot goed

Post by IndianLima »

Hier kom ons nou reg...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: .45-70 vir die groot goed

Post by Christo Els »

Man Piet skiet jy kan 'n buffel met 'n majuba kettie ook skiet jy moet hom net reg skiet ;D ;D
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: .45-70 vir die groot goed

Post by Hein M. »

;)

Ja.  Ek weet van 'n ou wat 'n buffel met 'n boog geskiet het - hy was in 'n dik boom vir veiligheid :D

Die vraag is:  Hoe lank gaan daai lever-action hou as jy daardie tipe ammo in hom skiet?  In die VSA kan jy hom weggooi en 'n nou 'n ander een kry as hy begin rattle, maar hier...

Dalk is ek verkeerd...

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: .45-70 vir die groot goed

Post by James Wilson »

Piet, hierdie gesprek word gereeld gehou op Amerikaanse jag forums.  persoonlik dink ek  jy behoort seker  te kan buffles jag met die kaliber. die vraag is as jy gevaarlike goed wil jag hoekom met n kaliber jag waaroor daar twyfel is. die dag as ek n buffel aanvat dan moet daar nie enige twyfel  vir geen oomblik in my gedagtes wees oor die kaliber wat ek gebruik nie.

daar by Vryburg se wereld is daar n boer wat n skoon trop buffels het. as hy van hulle uitskiet oor ouderdom of siekte dan skiet hy hulle met die 270 agter die oor uit die bakkie, en dis dit.

maar as jy jag is dit seker n ander storie. 

ek het 1 keer gelees dat n bekende PH op n forum aan n buitelander verduidelik het dat as hy met die 45 hier kom jag moet hy in gedagte hou dat dit baie onodige druk op die PH plaas. loop iets verkeerd (al het dit wat verkeerd loop niks met die kaliber se vermoens te doen nie) dan sal dit net n kwessie van tyd wees voor daar na die PH vingers gewys word omdat hy die n marginale kaliber toegelaat het.

as ek so gelukkig is om n buffel te mag jag sal dit met n kaliber wees wat nie dalk sal werk nie maar defnitief sal werk.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: .45-70 vir die groot goed

Post by James Wilson »

ja kennis van jou geweer maak n groot verskil.  die ander voordeel wat jy gaan kry uit die 45 vir varke is dat agv die lever action is jou tempo van skiet hoer.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply