Page 1 of 2
Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Wed Mar 22, 2017 1:18 pm
by Chris (vdB)
Middag manne
Watse lekkernye het julle als die naweek gemaak en gebraai? Ek het nog n' varkboud oor gehad van Desember. Het hom Appeltizer en bietjie suurlemoen sap gespuit. Mensig maar was hy nou lekker gewees!!! En sommer pot gemaak met Gemsbok skenkels, sodat die vrieskaste kan leeg kom vir die winter se jag
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Wed Mar 22, 2017 1:20 pm
by WILLEBEES
Smaak my ek sal moet kom kuier!
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Wed Mar 22, 2017 1:22 pm
by Eduard Venter
Baie lekker. Ek het 'n eland fillet in suurlemoensap en woester sous gelĂȘ en toe gebraai... Sag soos murg
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Wed Mar 22, 2017 1:23 pm
by Arnold
Twee lamsboude
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170322/3fae01ada8a64bd39c6a8bc4818a7aa0.jpg
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Wed Mar 22, 2017 1:24 pm
by Chris (vdB)
WILLEBEES wrote:Smaak my ek sal moet kom kuier!

jy sal moet mater
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Wed Mar 22, 2017 1:25 pm
by ruaanb
Eland wors, lip lekker kerrie sosaties en 'n karoo skaap tjoppie.
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Wed Mar 22, 2017 1:28 pm
by WILLEBEES
Ons het eland knoffelsosatie wors, lamtjops, gerookte spare rib en bees kerrie sosaties gebraai.
Dit was vir my seun se 33ste verjaardag.
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Wed Mar 22, 2017 1:30 pm
by Chris (vdB)
Water my mond ewe skielik van vooraf
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Wed Mar 22, 2017 1:33 pm
by WILLEBEES
Eerskomende naweek beplan ek 'n vlakvark pot met souskluitjies en stampmielies
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Wed Mar 22, 2017 3:27 pm
by Armand Steenkamp
Eks baie bly om te sien daar is nog manne wat so braaimal is soos ek! Laas naweek was die eerste naweek wat ek weer op die plaas was na ek my verstand tande laat uitslag het. En al kon ek eintlik net die vleis suig het ek sommer ordentlik gebraai. Vrydag aand 2 staan ribbens, saterdag ontbeende skaapbout en sondag ordentlike Tbones met sommer so n 2cm duk stuk vet
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Wed Mar 22, 2017 3:33 pm
by andre007
Oversized sosaties gelaai met vark,bees,skaap, uie, appelringe,greenpepper en appelkose vir 2 dae gemarineer in n geheime kerrie marinade
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Wed Mar 22, 2017 5:46 pm
by Wouter Roets
Maandagaand
Twee lam staanribbetjies. Espetada rumpsteak. Ventersdorp gemarineerde varktjops en spekwors van n plek in Vereeniging. n Bottel Jonny Black het gemaak dat ek net die potbrood gesmeer met Butro en nat beesbiltong ge-eet het. Dumb-ass!!!
Saterdagmiddag
6cm dik T Bones(1,3kg) en my slakke en mushroomsous.
Vannaand het ek n beef roast in die oond. Gevryf met Woolies se Red Meat rub. 20 minite op 180 grade em 30 minute op 140 grade.
Chris probeer bietjie volgende keer pynappel stukkies se sap saam met daai varkboud.
Bon appetit manne!
Manne ek het gedink ek hou van braai. Ou Pierre hier op die forum stuur foto's hoe hy sy karavaan pak vir n vakansie op Badplaas. Op een foto is daar so n klein Weber en ek vra toe waarvoor die is? Sy antwoord is toe dit is vir die aand wanneer sy vrou nie lus is vir braai nie.
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Wed Mar 22, 2017 6:29 pm
by Frederik
Wouter, daardie slakke sous van jou het gemaak dat ons nou permanent ook slakke in die spens hou.
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Wed Mar 22, 2017 7:18 pm
by goodstuff
Frederik wrote:Wouter, daardie slakke sous van jou het gemaak dat ons nou permanent ook slakke in die spens hou.
...ek sal graag daai slakke se sous resep wil sien!
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Thu Mar 23, 2017 6:18 am
by Chris (vdB)
Wouter Roets wrote:Maandagaand
Twee lam staanribbetjies. Espetada rumpsteak. Ventersdorp gemarineerde varktjops en spekwors van n plek in Vereeniging. n Bottel Jonny Black het gemaak dat ek net die potbrood gesmeer met Butro en nat beesbiltong ge-eet het. Dumb-ass!!!
Saterdagmiddag
6cm dik T Bones(1,3kg) en my slakke en mushroomsous.
Vannaand het ek n beef roast in die oond. Gevryf met Woolies se Red Meat rub. 20 minite op 180 grade em 30 minute op 140 grade.
Chris probeer bietjie volgende keer pynappel stukkies se sap saam met daai varkboud.
Bon appetit manne!
Manne ek het gedink ek hou van braai. Ou Pierre hier op die forum stuur foto's hoe hy sy karavaan pak vir n vakansie op Badplaas. Op een foto is daar so n klein Weber en ek vra toe waarvoor die is? Sy antwoord is toe dit is vir die aand wanneer sy vrou nie lus is vir braai nie.
Dankie Wouter, ek gaan beslis volgende keer daardie pynappel stukkies se sap probeer. As ek mag vra, spuit jy jou beef roast ook met ietsie of smeer jy net die rub aan, en watse snit sal jy se is die beste vir dit, topside? Ek bekyk gereeld die snitte so in die slaghuis, met die idee om so roast te maak, maar dan los ek maar weer. Bang as ek dit maak is dit taai of droog.
Vriend van my praat ook van n' vlakvark boud resep wat hy in n' Bos en Kombuis boek so paar jaar gelede gekry het, wat ook onder ander pynappel sap en pynappel jellie in die marinade het. Volgens hom baie lekker
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Thu Mar 23, 2017 6:46 am
by Wouter Roets
Chris
Ek gebruik sirloin of topside. Hulle het vir my die meeste smaak. Jy smeer hom olyfolie en dan daai rub van Woollies. Sny hom in dun skywe en ek belowe hy is nie droog nie. Einlik nog baie rou in die middel maar dit is hoe ons van ons vleis hou. Die belangrike gedeelte is daai resep van hoe lank en teen watse grade in die oond. Ek lank gesoek vir daai resep en erken as jy dit verkeerd kry kan jy maar liewer n baksteen vat en sous oorgooi en eet. Hy loop mooi met rys, gebakte aartappels en n butternut, die baksteen sowel as die roast.
Try daai pynappel stukkies en sy sap. My vrou maak hom so in die oond gemeng met cream of mushroom sop. Die boud word net met sout en peper gespice en met Hot English mustard gesmeer. Hy kook in daai konkoksie vir so drie tot vier ure. Seker hy sal in daai rotisserie ook mooi loop met die pynappelsap.
Goodstuff daai sous moet maar beleef word om te glo. Hier is n paar manne op die forum wat hom al beproe het. Sy resep word so in die maak van hom oorgedra, vra maar vir Freek. Deur kort kort n stukkie bruin brood in hom te doop hou jou op hoogte van sy vordering. Sal hom met liefde deel as jy hom soek.
Groetnis
Wouter
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Thu Mar 23, 2017 7:49 am
by tau
niks, net hoender. Manne julle verstaan nie hoe dit vir iemand wat oor vleis is sso ek om nie meer vleis te mag eet nie. EK is naby trane. Ek het gisteraand die T-bones in my freezer gecuddle.
Maar nou ja....
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Thu Mar 23, 2017 7:53 am
by tau
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170323/8116d8a5c2804d17c2d07342ab27402b.jpg
Karasberge Kudu fillet met paprika en olyf olie
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Thu Mar 23, 2017 8:17 am
by Wouter Roets
John
Het jy al n tweede opinie ingewin? Ek sal maar daai Kaapse kwakke se diagnoses en prognoses met n stukkie rooi vleis en growwe sout neem. Ai strongs maat.
Groetnis
Wout
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Thu Mar 23, 2017 8:41 am
by tau
Wouter die groot fout in hierdie hele dieet is.......ek voel beter en voel beter as ek oefen. Dit is vreeslik vir my om dit te erken.
Maar ek het besluit Saterdag of Vrydag aand aande sal ek so bietjie cheat.
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Thu Mar 23, 2017 8:44 am
by tau
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170323/2667c89d970cd548bcca8d8e54e7b5a0.jpg
My staanrib patent
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Thu Mar 23, 2017 8:55 am
by Frederik
Maandag aand hoender BBQ wings, Blesbok sirloin marineer met suurlemoen en kruie. Lekker kaas feta en garlic broodjie wat saamloop.
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Thu Mar 23, 2017 10:15 am
by Chris (vdB)
Wouter Roets wrote:Chris
Ek gebruik sirloin of topside. Hulle het vir my die meeste smaak. Jy smeer hom olyfolie en dan daai rub van Woollies. Sny hom in dun skywe en ek belowe hy is nie droog nie. Einlik nog baie rou in die middel maar dit is hoe ons van ons vleis hou. Die belangrike gedeelte is daai resep van hoe lank en teen watse grade in die oond. Ek lank gesoek vir daai resep en erken as jy dit verkeerd kry kan jy maar liewer n baksteen vat en sous oorgooi en eet. Hy loop mooi met rys, gebakte aartappels en n butternut, die baksteen sowel as die roast.
Try daai pynappel stukkies en sy sap. My vrou maak hom so in die oond gemeng met cream of mushroom sop. Die boud word net met sout en peper gespice en met Hot English mustard gesmeer. Hy kook in daai konkoksie vir so drie tot vier ure. Seker hy sal in daai rotisserie ook mooi loop met die pynappelsap.
Goodstuff daai sous moet maar beleef word om te glo. Hier is n paar manne op die forum wat hom al beproe het. Sy resep word so in die maak van hom oorgedra, vra maar vir Freek. Deur kort kort n stukkie bruin brood in hom te doop hou jou op hoogte van sy vordering. Sal hom met liefde deel as jy hom soek.
Groetnis
Wouter
Dankie Wouter, ek gaan hom bietjie probeer soos wat jy hom maak
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Thu Mar 23, 2017 11:13 am
by ruaanb
Wouter deel maar daai slakkie sous resep asb.
Re: Wat het julle die naweek als gebraai?
Posted: Thu Mar 23, 2017 12:19 pm
by Jean Marais
Vooraf:
Ek haal die hele rugstring fillet van 'n springbok uit saam met die hele lieslap wat ek mooi styf teen die ribbes afsny. Ek maak gladnie die rigstring los hiervan nie, en dit bly deel van die lieslap.
Dan rol ek die fillet toe in die lieslap met die volgende:
- Feta kaas wat ek so tussen my vingers krummel
- Fyngekapte pynappelstukkies
- Fyngekapte Pepadew
- Vars Suurlemoensap
- Freddie Hirsch se Hunter biltong spesery na smaak
- 2 fyngekapte groterige knoffelhuise.
Bind die rol vas met tou sodat dit nie uitmekaarval nie.
Maak nou alles toe in goeie kwaliteit foelie, en braai oor 'n warm vuur - medium gaar.
Haal uit die foelie, en braai 2min aan 'n kant, en sprinkel bietjie rooksaagsel op die kole
PASOP VIR TE GAAR MAAK!
Bedien met Aartappelslaai, Mengelslaai en braaibroodjies en "keer vir jou vingers"
Daai fillet smelt in jou mond, en jy sal met my saamstem dat jy nog nooit sulke sagte vleisies ge-eet het nie.
Geniet.