Page 1 of 1

Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Wed Mar 15, 2017 7:50 am
by Francios Heins
Goeie More.
Ek het gehoor daar is 'n man op Colesberg wat silencers supply en fit. Sy prys klink ook glad nie sleg nie ek wil net graag hoor of hier al manne is wat sy silencers kan aanbeveel en of julle tevrede is met sy fitting daarvan?

Ek hoor graag van julle?

Groete
Francios Heins

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Wed Mar 15, 2017 8:35 am
by ruaanb
Net 220km is Henk/Silent Hunter in Bloemfontein en ander ook.

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Wed Mar 15, 2017 8:40 am
by junglejulian
Nee kyk as jy n boom skud in Bloemfontein val daar ten minste 8 manne uit wat Silencers maak..

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Wed Mar 15, 2017 9:01 am
by Supacow
en n paar pee-iatche

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Wed Mar 15, 2017 10:31 am
by Geno
junglejulian wrote:Nee kyk as jy n boom skud in Bloemfontein val daar ten minste 8 manne uit wat Silencers maak..
Kannie wees nie. Daar is nie plek vir silencer bouers in die boom tussen al die jakkalsjagters nie.

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Wed Mar 15, 2017 10:47 am
by Sangoma (IAN)
Geno wrote:
junglejulian wrote:Nee kyk as jy n boom skud in Bloemfontein val daar ten minste 8 manne uit wat Silencers maak..
Kannie wees nie. Daar is nie plek vir silencer bouers in die boom tussen al die jakkalsjagters nie.
HEHE, Skerp Geno

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Wed Mar 15, 2017 6:24 pm
by Dirkvh
Francios Heins wrote:Goeie More.
Ek het gehoor daar is 'n man op Colesberg wat silencers supply en fit. Sy prys klink ook glad nie sleg nie ek wil net graag hoor of hier al manne is wat sy silencers kan aanbeveel en of julle tevrede is met sy fitting daarvan?

Ek hoor graag van julle?

Groete
Francios Heins
Het die oom dalk 'n naam?

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Wed Mar 15, 2017 7:20 pm
by Wildeboer
My naam is Theuns en ek is die "Man in Colesberg".
Ek maak silencers eintlik net op bestelling, alhoewel ek probeer sorg om wel voorraad op die rak te hê.
Hier is 'n Youtube videoclip van n .338Lapua silencer wat ek gemaak het: https://www.youtube.com/watch?v=UU86fxqdl18
Roger ook op die forum was al by gewees waar my silencers gebruik was.

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Fri Mar 17, 2017 3:10 pm
by Sangoma (IAN)
Wildeboer, sit bietjie pics op van jou silincers?

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Fri Mar 17, 2017 3:32 pm
by Wildeboer
Daar is 2 foto's, before en after gunblueing.
My nuwes kom net nie meer met "knurling", gladde afwerking nou.

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Fri Mar 17, 2017 3:41 pm
by PWV
As ek mag vra, watter materiaal gebruik jy en wat kos die kd's? Ook lengtes en gewigte?

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Fri Mar 17, 2017 3:57 pm
by ruaanb
lyk heel netjies

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Fri Mar 17, 2017 4:04 pm
by Wildeboer
Gewoonlik seamless tube as ek kan kry, soms bietjie moeilik om te bestel vanaf Colesberg, anders A-graad vanaf Kooperasie.
Lengtes is tussen 165 en 185mm, gewig het ek geen idee.
Prys is vanaf R1100, opgesit en threadcap ingesluit.
Standaard is die "stompgat", nagskiet het n taper agter.

Dankie RuaanB.

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Fri Mar 17, 2017 4:15 pm
by Frikkie Coetzee
Lekker lag ek nou. Mooi reply "man in Colesberg".

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Fri Mar 17, 2017 4:50 pm
by Wildeboer
Frikkie Coetzee wrote:Lekker lag ek nou. Mooi reply "man in Colesberg".
Was nie lelik of skeef bedoel my antwoord, net die vraag beantwoord ;D

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Fri Mar 17, 2017 5:49 pm
by Frikkie Coetzee
Ek weet mater

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Sun Mar 19, 2017 9:46 pm
by PWV
Wildeboer wrote:Gewoonlik seamless tube as ek kan kry, soms bietjie moeilik om te bestel vanaf Colesberg, anders A-graad vanaf Kooperasie.
Lengtes is tussen 165 en 185mm, gewig het ek geen idee.
Prys is vanaf R1100, opgesit en threadcap ingesluit.
Standaard is die "stompgat", nagskiet het n taper agter.

Dankie RuaanB.
Ek is maar dom met die goed, maar waarvan is die "seamless tube" gemaak?

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Sun Mar 19, 2017 9:49 pm
by Wildeboer
Is maar gewone staal maar sonder die naat. Sterker pyp maar baie duurder.
Dit gesê, nog nooit van n silencer gehoor wat oopbars, gewoonlik net "clip" of plugs losbreek maar gelukkig nog niks van myne het sulke goed oorgekom.

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Tue May 09, 2017 7:57 am
by Jjjbay
Wat sal een van hulle kos vir n Anchutz .22.

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Tue May 09, 2017 8:11 am
by Wildeboer
Hi, ek maak as n reel net vir die groter kalibers aangesien ek 42mm pyp gebruik as buitemaat en dis bietjie te groot vir n .22 geweer.

Re: Silencer Colesberg Noord Kaap

Posted: Wed May 24, 2017 1:10 am
by Jjjbay
Dankie Wildeboer!