Page 1 of 1
Re: nikon pro staff vs redfield revolotion
Posted: Sat Aug 13, 2011 10:12 pm
by Monrique (SJ)
Wats die pryse Piet?
Groetnis
Re: nikon pro staff vs redfield revolotion
Posted: Sat Aug 13, 2011 10:18 pm
by Monrique (SJ)
Dis nie slegte pryse nie. n Oom wat ek ken en saam mee skiet, hy het n Nikon Pro Staff op sy .308, ek is nie seker watter een nie maar syne het die BDC retical as ek reg onthou. Die keer wat ek al deur hom gekyk het, het hy nogal mooi gekyk. Ken nie die ander Nikon's nie, so ek kan nie verder daaroor uitbrei.
Groetnis
Re: nikon pro staff vs redfield revolotion
Posted: Sun Aug 14, 2011 8:41 am
by Pvdw
Piet ek het in beide daai scopes belang gestel maar toe 'n gelukkie gekry en opgegradeer na die Nikon Monarch toe.
Ek hou BAIE van die Redfield se Accuplex, dit trek my oog onmiddelik. Wat my egter effe pla van die redfield is die feit dat ek effe sukkel om 'n mooi oop kol in die lense te kry, sodra ek my kop net-net beweeg kry ek skadus aan die kant. Dit sal nie 'n probleem op die skietbaan wees waar jy tyd het nie maar vir vinnig skiet in die veld is ek bang dit lol so bietjie. Lense is duidelik en vir dagskiet glo ek nie daar sal enige pyne wees nie.
Die Nikon Pro staff het ek ook na gekyk, baie mooi scope daai, as jy in hom belang stel sou ek die BDC voorstel vir die 303 as jy wil langer skote skiet. Dis nou as die Pro Staff in die BDC vervaardig word. Helderheid is goed en edge distortion is ook baie min in die Ninon, het nooit daarvoor gekyk in die Redfield nie.
As jy Nikon wil koop kontak vir Oom Johan by Bouwer Broers en vra hom wat sy kontant prys is, jy kan dalk net verbaas wees.
Peet
Re: nikon pro staff vs redfield revolotion
Posted: Sun Aug 14, 2011 12:30 pm
by Hein M.
Piet-Skiet wrote:
Naand manne,ek kyk na die twee scopes. Kort I nuwe scope vir my 303. Alwee 3-9 by 40. Die nikon met plex en die redfield met die accu range kruis haar. So wat se julle?
Piet
My broer het die afgelope 2 jaar 'n Pro staff op sy 243. Hy skiet Kaapjag se veldskiete met sy geweer - en vaar heel goed (hy KAN skiet). Hy is vol lof vir hierdie scope. Hy het net gister 'n blesbok op 230m met 'n perfekte breinskoot neergesit

Ek het 'n Monarch op my geweer en kan ook glad nie kla nie - ek moet net minder bewe
Ken nie die Redfield nie... Die ander ouens kan dalk raad gee.
Groetnis!
Hein