Page 1 of 1

windbuks

Posted: Wed Mar 01, 2017 2:55 pm
by Bok
enige raad asb

Groete

Re: Windbuks vir rooikat

Posted: Wed Mar 01, 2017 3:01 pm
by Kolhasie
Bok wrote:Eks is opsoek na n windbuks wat n kat in n boom sal kan vrek skiet, maks seker 10m ver.

dit is vir ons man wat die jag honde hanteer, hy sukkel om katte uit die bome te kry.

enige raad asb

Groete
Hoekom nie .22 nie?

Of gaan dit oor die lesensie?

Groete

Re: Windbuks vir rooikat

Posted: Wed Mar 01, 2017 3:06 pm
by Geno
SPA P12 5.5mm skiet 'n ding dat hy hik.

Re: Windbuks vir rooikat

Posted: Wed Mar 01, 2017 3:09 pm
by tripodmvr
Gaan loer by http://www.neonsales.co.za. Ek het die 5.5mm PCP gekoop en hy skiet 'n 18gr pil teen so 830vps. Om hom te ontlaai het ek in 'n stapel koerante ingeskiet. Hy het ten minste deur 4 dubbel gevoudes geskiet. Ek dink hy sal met goeie skootplasing deur 'n kat se skedel gaan. Selfs 'n hart/long skoot sal uiteindelik die kat se dood beteken. Gee so 30 skote per gevulde silinder.

Re: Windbuks vir rooikat

Posted: Wed Mar 01, 2017 3:34 pm
by Bok
Danki sal gaan loer, dit gaan oor die lisensie ja.

sal ek its onder R2000 kry?

Re: Windbuks vir rooikat

Posted: Wed Mar 01, 2017 3:47 pm
by Eugene
Bok wrote:Danki sal gaan loer, dit gaan oor die lisensie ja.

sal ek its onder R2000 kry?
Ek twyfel, maar daai waarvan oom Marius praat, gaan jy onder R4000 kry.

Re: Windbuks vir rooikat

Posted: Wed Mar 01, 2017 4:13 pm
by win270
Bok wrote:Eks is opsoek na n windbuks wat n kat in n boom sal kan vrek skiet, maks seker 10m ver.

dit is vir ons man wat die jag honde hanteer, hy sukkel om katte uit die bome te kry.

enige raad asb

Groete

Looi die kat met 'n kettie uit die boom uit en laat die honde hom klaarmaak.

Re: Windbuks vir rooikat

Posted: Wed Mar 01, 2017 4:14 pm
by Geno
Saam met so 'n PCP moet jy 'n vulstasie en duikbottel kry...

Ek kan die Gamo Replay 10 skoot nekbreker in 4.5 of 5.5mm verskaf teen R3420.00, teleskoop en 2 magasyne ingesluit.

Re: Windbuks vir rooikat

Posted: Wed Mar 01, 2017 4:26 pm
by Hein22
My Vriend het 'n rondloper brak (medium size hond, nie poodle size nie) met 'n CFX dood geskiet. Bladskoot en het so 60m gehardloop toe expire hy - as ek nie die persoon goed geken het nie sou ek dit nooit geglo het nie.

Re: Windbuks vir rooikat

Posted: Wed Mar 01, 2017 5:51 pm
by Trompie
Ja maar dis net swak styl. Jammer, maar kopskoot op kat met 5.5 op 10m of 20m is aanvaarbaar want hy gaan net daar val. Hy sit at least 30 fpe uit. Maar om ñ hond met 4.5 mm, cfx springer gamo te skiet is swak. Daai cfx skiet maar 12 of 13fpe en is nie die akkuraatste springer wat daar is nie. Ek weet 12fpe skiet hard genoeg vir penetrasie mar om medium size hond te skiet met cheap springer is net nie reg nie.
Hein22 wrote:My Vriend het 'n rondloper brak (medium size hond, nie poodle size nie) met 'n CFX dood geskiet. Bladskoot en het so 60m gehardloop toe expire hy - as ek nie die persoon goed geken het nie sou ek dit nooit geglo het nie.

Sent from my S60 using Tapatalk

Re: Windbuks vir rooikat

Posted: Wed Mar 01, 2017 6:00 pm
by Hein22
Dankie trompie. Ek sal jou boodskap so oordra. Die wereld kort meer mense soos jy.

Dit was 'n hond wat sy skape seermaak en cfx was al wat hy vinnig in die hande kon kry. Maar jy is reg... volgende keer moet my hom maar eerder los

Re: Windbuks vir rooikat

Posted: Wed Mar 01, 2017 7:57 pm
by Trompie
Hein22 wrote:Dankie trompie. Ek sal jou boodskap so oordra. Die wereld kort meer mense soos jy.

Dit was 'n hond wat sy skape seermaak en cfx was al wat hy vinnig in die hande kon kry. Maar jy is reg... volgende keer moet my hom maar eerder los
Skies Hein as dit voorkom of ek op jou afgaan. Was nie my intensie nie. Ek weet jyt net probeer uitwys watse krag in selfs ñ springer is en dat jy van iemand weet. Mens onderskat wat .177 kan doen daarom dat selfs mense soms doodgeskiet word per ongeluk. So jammer as ek uit my beurt gepraat het.

Sent from my S60 using Tapatalk

Re: Windbuks vir rooikat

Posted: Wed Mar 01, 2017 8:05 pm
by Hein22
Geen probleem maat. Ek stem saam met die kern van jou boodskap, dat 'n windbuks nie gebruik moet word vir sulke tipe goed nie.

Windbuks vir rooikat

Posted: Wed Mar 01, 2017 8:56 pm
by BeesBreet
Een van die admins moet dalk vir ons die "thread" skyf na die geslote area toe... net omdat dit in die publieke ruim is(internet)
Ek volg graag.

Re: Windbuks vir rooikat

Posted: Wed Mar 01, 2017 10:12 pm
by Giepie
Ek self ook ongemaklik daaroor om rooikat met windbuks te skiet, ook oordit so op openbare forum is. Ek glo my CO2 windbuks sal dit ook kan doen, maar ek gaan nie gemaklik voel daaroor nie.

Re: Windbuks vir rooikat

Posted: Wed Mar 01, 2017 10:31 pm
by tripodmvr
In Brittanje is hulle erg oor beheer van windbukse se krag uitset - word beperk tot 12vt pond. As jy lisensie het kan jy met kragtiger 5,5mm vosse skiet omdat kopskote wel dan effektief is.

Re: Windbuks vir r**ikat

Posted: Thu Mar 02, 2017 10:02 am
by Philip_R
Kry een van die windbukse

https://youtu.be/qvOWU7WTPCI


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Windbuks vir r**ikat

Posted: Thu Mar 02, 2017 10:45 am
by Capt. Yoda
Neem tog vir ons n video en as dit dan op FB kom en hulle pcps en al die ander pellets weer wil reguleer met lisensies as almal blou moord skree oor honde en katte met hulle geskiet word weet ons darem wie om te bedank.

Iemand ooit n pellet op my honde rig sal hy 127gr ranger eet laat dit klap

Re: windbuks

Posted: Thu Mar 02, 2017 2:04 pm
by tripodmvr
Manne, julle mik nou weer om moer te trek vir mekaar. Lees mooi wat geskryf is. Die hond het die man se skape bedreig. As jy al gesien het hoe lyk skape sonder neuse, ore en vol gate gebyt, sal ek so hond selfs met 'n stomp mes aandurf. Die man het sy eiendom beskerm en dit baie effektief gedoen met dit tot sy beskikking.

Die vraag het eintlik gegaan oor hoe effektief 'n windbuks sal wees op die prooi wat onder bespreking was. Hou liefs daarby.

Re: windbuks

Posted: Fri Mar 03, 2017 10:56 am
by Capt. Yoda
tripodmvr wrote:
Die vraag het eintlik gegaan oor hoe effektief 'n windbuks sal wees op die prooi wat onder bespreking was. Hou liefs daarby.
Dit is nie die tool vir die job nie

Re: windbuks

Posted: Fri Mar 03, 2017 2:23 pm
by Giepie
Stem saam.

Re: windbuks

Posted: Fri Mar 03, 2017 2:31 pm
by Supacow
soos bv n 270 win ;)

Re: windbuks

Posted: Fri Mar 03, 2017 2:36 pm
by tripodmvr
Gaan kyk hoe effektief is die' windbuks op dassies wat ver weg is. 'n Soortgelyke skoot op kort afstand in die kop sal werk. Die ligter 5,5mm koeël van 18gr sal bykans net so goeie penetrasie as 'n 22 short gee.

Dink net as sy man wat vir hom plaagbeheer doen 'n lisensie moet bekom - moontlik is hy nog ongeletterd ook.

https://www.youtube.com/watch?v=NhYt6mRb9vY