Page 1 of 1
Nuwe lid
Posted: Wed Mar 01, 2017 12:41 pm
by Prado
Dag sê manne, ek is nuut op die forum. Ek is/was boogjagter wat al so paar bokke met die geweer geskiet het. Ek het so bietjie die boog gebêre en tel die geweer op. Ek het nog baie om te leer tov gewere. Dankie vir die aanvaarding op die forum en ek weet ek gaan baie leer.
Re: Nuwe lid
Posted: Wed Mar 01, 2017 12:43 pm
by .270 Man
Goeie dag Prado en welkom hier by ons.

Re: Nuwe lid
Posted: Wed Mar 01, 2017 12:45 pm
by alecjohnson
Welkom! geniet dit hier, nou watse geweer jag jy nou mee? hier is ook 'n paar manne met boë, vertel bitjie van jou toerusting

Re: Nuwe lid
Posted: Wed Mar 01, 2017 1:09 pm
by Prado
alecjohnson wrote:Welkom! geniet dit hier, nou watse geweer jag jy nou mee? hier is ook 'n paar manne met boë, vertel bitjie van jou toerusting

Jammer Alec, ek het n 7x57 musgrave met n Minox 5-25x56 scope en ruger no1 243 single shot met n poef

scope wat jy nie verder as 300 meter wil skiet nie. Ek is opsoek na n Nightforce scope wat na die 7x57 toe gaan en die Minox sal na die 243 toe skuif. Ek herlaai en geniet dit. Goeie tyd verdryf. Ek is nou nie naastenby so kundig met die geweer soos met n boog nie, maar dit sal kom.
Re: Nuwe lid
Posted: Wed Mar 01, 2017 4:26 pm
by Boesman10
Dagse Prado en welkom. Waar in die land is jy?
Re: Nuwe lid
Posted: Wed Mar 01, 2017 4:29 pm
by Philip_R
Welkom Fred, nogal gewonder wat van jou geword het nadat Anchorpoint toegemaak het.
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Nuwe lid
Posted: Wed Mar 01, 2017 4:31 pm
by Prado
Boesman10 wrote:Dagse Prado en welkom. Waar in die land is jy?
In Randburg Boesman10.
Re: Nuwe lid
Posted: Wed Mar 01, 2017 4:34 pm
by Prado
Philip_R wrote:Welkom Fred, nogal gewonder wat van jou geword het nadat Anchorpoint toegemaak het.
Sent from my iPad using Tapatalk
Hallo Philip,
Hoop dit gaan goed met jou. Is jy nog in die Kaap...........ek hoop ek is reg met die Kaap gedeelte. Ek het bedank as voorsitter by SABA. Dit is tyd vir nuwe bloed met nuwe idees
Re: Nuwe lid
Posted: Wed Mar 01, 2017 4:37 pm
by Philip_R
Gaan goed dankie, ja ek is hier on Worcester, sal nie gou weer in Gauteng gaan bly nie.
Het jy nou heeltemal die boog ding gelos?
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Re: Nuwe lid
Posted: Wed Mar 01, 2017 4:43 pm
by Prado
Philip_R wrote:Gaan goed dankie, ja ek is hier on Worcester, sal nie gou weer in Gauteng gaan bly nie.
Het jy nou heeltemal die boog ding gelos?
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Ek het bedank as voorsitter by SABA. Tyd vir nuwe bloed met nuwe idees. Ek skiet nog steeds boog maar ek het nou saam vriende van my begin met die lang afstand skiet. Ek vind dit baie uitdagend maar ek is ver agter wat toerusting betref. Ek gaan verseker nie n springbok skut word met my toerusting nie.

Re: Nuwe lid
Posted: Wed Mar 01, 2017 4:57 pm
by alecjohnson
Prado wrote:alecjohnson wrote:Welkom! geniet dit hier, nou watse geweer jag jy nou mee? hier is ook 'n paar manne met boë, vertel bitjie van jou toerusting

Jammer Alec, ek het n 7x57 musgrave met n Minox 5-25x56 scope en ruger no1 243 single shot met n poef

scope wat jy nie verder as 300 meter wil skiet nie. Ek is opsoek na n Nightforce scope wat na die 7x57 toe gaan en die Minox sal na die 243 toe skuif. Ek herlaai en geniet dit. Goeie tyd verdryf. Ek is nou nie naastenby so kundig met die geweer soos met n boog nie, maar dit sal kom.
Lekker man!!!
Re: Nuwe lid
Posted: Wed Mar 01, 2017 5:11 pm
by Philip_R
Fred, jy moet daardie Camo wat jy ontwikkel het hier kom wys. Dink hier sal n paar mense belangstel daarin.
Ek het self bietjie afgeskaal met die boog ding, die toerusting word net te duur om nuwes te koop. Skiet maar met die ou boë tot hulle oppak. En verder bly geweer skiet maar lekker, en makliker om n vleisie huistoe te bring as met die boog.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro