Page 1 of 1
Savage LRP 260 Rem lading hulp
Posted: Mon Feb 27, 2017 2:32 pm
by Dumbluck
Goeiedag, na veels te lank het ek uiteindelik tyd om aan my 260 Rem se lading te werk.
Ek vra graag hulp / raad watse ladings ek volgende moet probeer.
Kaliber 260 Rem
Koeel Lapua Scenar GB458
Koeel gewig 139gr
Maak Dop Lapua
H2o dop 54.2gr
Slagdop CCI BR2
TPL 2.745"
Loop Lengte 664mm / 26.1"
Kruit S365 Lot 83
Ek het die volgende op die rekenaar bereken teen 25 grade celcius:
http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=32027&sid=ffef4f9869fb773d9276fce82959505e
http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=32029&sid=ffef4f9869fb773d9276fce82959505e
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170227/e5cb47794fbcfb66b408ad998ced8147.jpg
Ek laai toe 5 ladings, 10 patrone elk en skiet 4 van elk vir spoed en 2x 3 skoot groeperings alles op 100m, die temp het by 28 begin en 30 geindig teen die einde van die dag.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170227/26292bd2e73a3135f319a7c7a55ba53f.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170227/8d4c73b9b35e32682c84fb29c36c0ef0.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170227/7e62f38c4a43b5d5eb1e6665b3dde0b4.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170227/a34d221fd8a703ceaadddd3a3b546430.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170227/3208d00534261e9f921b6b6f16d0a668.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170227/4427c93ff274730f665321030b8127ed.jpg
die lyne is almal 7.2.. / 1/4 MOA uit mekaar.
Ek het toe later die volgende bereken om 30 grade C wat dit nader bring aan die spoed wat ek op QL gekry het, maar dit kort nog kalibrasie.
http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=32026&sid=ffef4f9869fb773d9276fce82959505e
Vlogens die spoed wat gemeet is en die OBT verkry behoort 41,3gr teen 2793 die naaste aan die OBT 1.334 node te wees?
Ek wil graag hoor watse ladings julle voorstel ek laai volgende.
Ek sal hulle dan woensdag op 200 of 300m gaan skiet.
Baie dankie vir julle hulp.
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Mon Feb 27, 2017 2:55 pm
by tripodmvr
Julle Trapatalk hou die fotos vas en ek kan hulle nie sien nie. Met die inligting verskaf is my aanbeveling 41,3gr vir trompspoed van 2784vps.
Die ratio of specific heats wat ek gebruik is 1,241 en ek verstel geensins my temperatuur nie. Myne bly op 70F. Jy weet nie wat die temp van die dryfmiddel is nie, so ignoreer dit en dit word in die BRF ingeneem.
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Mon Feb 27, 2017 4:53 pm
by Dumbluck
tripodmvr wrote:Julle Trapatalk hou die fotos vas en ek kan hulle nie sien nie. Met die inligting verskaf is my aanbeveling 41,3gr vir trompspoed van 2784vps.
Die ratio of specific heats wat ek gebruik is 1,241 en ek verstel geensins my temperatuur nie. Myne bly op 70F. Jy weet nie wat die temp van die dryfmiddel is nie, so ignoreer dit en dit word in die BRF ingeneem.
Baie dankie Tripod, dit is vreemd, ek kan die fotos op die webtuiste en tapatalk sien, weet nie wat fout is nie.
die spoed wat gemeet was is soos volg:
40.9gr 2768 ES 31
41.1gr 2772 ES 30
41.3gr 2793 ES 28
41.5gr 2799 ES 18
41.7gr 2813 ES 30
Baie dankie ek gaan nog 'n paar ladings laai om Woensdag te gaan skiet.
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Mon Feb 27, 2017 5:26 pm
by tripodmvr
Is daardie spoed op chrony 5m weg?
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Mon Feb 27, 2017 8:55 pm
by Dumbluck
tripodmvr wrote:Is daardie spoed op chrony 5m weg?
Spoed is average van 4 skote met Magnetospeed
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Mon Feb 27, 2017 9:10 pm
by ruaanb
as jy fotos laai met tapatalk verander die IMG tag na IMAGE dan wys fotos orals.
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Mon Feb 27, 2017 9:13 pm
by tripodmvr
ruaanb wrote:as jy fotos laai met tapatalk verander die IMG tag na IMAGE dan wys fotos orals.
Ek het dit altyd verander en dit het dan gewerk. Die laaste ruk slaan tapatalk my op die neus en wil my nie daar toelaat nie.
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Mon Feb 27, 2017 9:15 pm
by tripodmvr
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Mon Feb 27, 2017 9:57 pm
by ruaanb
Ek verander sommer terwyl ek post laai. Maklikste is om post van uit tapatalk te edit.
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Tue Jul 04, 2017 1:55 pm
by Dumbluck
Ek vra weer raad, kan julle asb kyk of ek op die regte pad is? Veral die QL berekeninge
Ek het van voor af begin met die geweer.
Kaliber 260 Rem
Koeel Berger 130gr AR Hybrid
Koeel gewig 130gr
Maak Dop Lapua
Dop Lengte 2.020"
H2o dop 54.2
Slagdop CCI BR2
TPL 2.855"
Max TPL 2.865"
Loop Lengte 663mm
Kruit VithaVouri N550
Lading 1 Spoed 41.7 2882 ES 23
Lading 2 Spoed 41.8 2913 ES 5
Lading 3 Spoed 41.9 2924 ES 19
Lading 4 Spoed 42.0 2943 ES 11
Lading 5 Spoed 42.1 2858 ES 27
Ek het die volgende bereken voor ek gelaai het:
http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=34475&sid=317b5d361cec675e865fe184814d9be6
41.7 2818
41.8 2824
41.9 2830
42.0 2836
42.1 2843
Die spoed gemeet is redelik hoer as die berekende spoed. Ek het ook gehoop vir baie beter ES met Vitha Vouri, ek weet nie wat ek nog verkeerd doen nie. Teikens vir vandag volg binnekort.
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Tue Jul 04, 2017 2:04 pm
by Dumbluck
Hier is wat geskiet is op 100m vanoggend, 4skote vir spoed met die magnetospeed, fotos nie gewys en dan 2x 3skoot groepe met elke lading.
41.9 is die beste soos bereken maar die spoed is ver van wat ek bereken het. Maar al 6 skote op dieselfde teiken is nie goed genoeg nie.
Enige raad om wat volgende te probeer? N klomp 41.9 laai en gaan kyk wat maak hulle of 'n laer lading om die regte nodespoed te kry?
Dalk die jump groter maak?
Enige raad word waardeer, baie dankie.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170704/bbfed574c09609a161c58707dc346f81.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20170704/b9e881ca7ef50394f118c8c5d621f5c9.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20170704/7aa2e1ef54fe41aa3d5ce520ece33b85.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20170704/f14ec654a87d1cb643c937a1a2fad917.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20170704/b31fd69ed9a392ccf5f132502d7b3b5a.jpg
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Tue Jul 04, 2017 4:31 pm
by tripodmvr
Na my mening toon die teikens dat jy vanaf 41,7 tot en met 42gr binne die nodeband is. Die afwykings t.o.v. die teikens met dieselfde lading dui op die skut se skietvermoë tydens die skietsessie. Gaan kyk hoe min afwyking jy nodig het om die koeël met 25mm te laat verskuif, dan is jou pogings baie goed. Ek sou 41,9gr laai en kyk hoe maak dit op 200 en 300m.
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Tue Jul 04, 2017 7:01 pm
by tripodmvr
Nou dat ek die regte koeël kan gebruik sien ek die volgende.
1. Die groot spoedtoename is heelwaarskynlik weens die feit dat jy baie naby aan die lande is.
2. Die hoogste nodespoed is by 2800vps en 'n lading van 39,5gr sal jou nader daaraan bring.
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Tue Jul 04, 2017 7:13 pm
by Dumbluck
tripodmvr wrote:Nou dat ek die regte koeël kan gebruik sien ek die volgende.
1. Die groot spoedtoename is heelwaarskynlik weens die feit dat jy baie naby aan die lande is.
2. Die hoogste nodespoed is by 2800vps en 'n lading van 39,5gr sal jou nader daaraan bring.
Baie dankie, ek waardeer die inset.
Ek het nog 30 patrone gelaai on more te gaan skiet, 41.9gr en selfde TPL
Dink jy ek moet so 10 van hulle nog dieper seat en kyk wat maak hulle spoed en groepering gewys? Hoeveel dieper moet ek hule druk as ek dit doen? nog 0.010" of meer?
Dankie
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Tue Jul 04, 2017 7:46 pm
by tripodmvr
Maak hulle 1,5mm vanaf die lande. 71,25mm = 2.806. Drie van hulle behoort jou te wys wat die spoedverskil is.
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Wed Jul 05, 2017 3:47 pm
by Dumbluck
Dankie tripod
Resultate soos volg:
41.9gr
2.855" 2948fps ES 2 (net 2 skote gehad vir spoed)
2.845" 2925fps ES 16 (4 skote)
2.825" 2919fps ES 8 (4 skote)
2.805" 2917fps ES 15 (3 skote)
Die TPL het nie 'n groot verskil gemaak in die spoed nie.
Net een groepering van elk en ek vertrou nie my vermoeens om afleidings daarvan te maak nie.
Enige raad wat om te laai vandag en more weer te gaan probeer?
As my 308 10mm op 100m en 35mm op 335m kan skiet dan moet die geweer dit ook kan doen, ma lyk my ek gaan sy loop uitskiet voor ek die sweet spot kry.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170705/3294f5422d21d9d4c822b77fa2352e6d.jpg
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Wed Jul 05, 2017 4:51 pm
by tripodmvr
Die node bereken as 2806vps en 40gr is die lading. Gebruik die 2,825 TPL.
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Wed Jul 05, 2017 6:41 pm
by Dumbluck
tripodmvr wrote:Die node bereken as 2806vps en 40gr is die lading. Gebruik die 2,825 TPL.
Baie dankie, sal hulle more gaan skiet en kyk.
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Thu Jul 06, 2017 5:32 pm
by Dumbluck
Ok ek kom ou terug van Riebeek af, die temp was so 24 grade Celcius, die ander 2 dae was ek vroeg oggend daar en dit was maar 15 grade C.
Wind het ook so 3m/s gewaai van regs agter, ek het ma toe op 100m geskiet.
5 skote elk vir spoed
39.9gr 2833fps ES26
40.0gr 2843fps ES13
40.1gr 2846fps ES29
Groeperings is ook almal 5 skote, hy gooi hom mooi bymekaar op 40.0gr behalwe vir die flyer, ek wil se dit was nie ek nie, het baie mooi aandag gegee en konsertreer. Die ander 4 skote lyk soos 2.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170706/c90f439bb216f3a26760b3b7eb84924e.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170706/a9aa523ead093fee215228ed6f8ac7dd.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170706/fdf26979cd6651e540ad59364083ef28.jpg
Dink jy ek moet nog laer laai en by daai nodespoed probeer uitkom of moet ek net 'n klomp 40gr laai en gaan kyk wat maak hulle op 200 en 300? Baie dankie vir jou hulp so ver.
Ai ek kan nou eers saterdag weer gaan skiet, moet more doppe was en prep, het nog 'n paar virgin doppe wat ek moet skiet, ma na ek die neck size die met button deur hulle druk is hulle neck tension nogsteeds stywer as die wat klaar gevuur was so hulle gaan my nie veel se nie, het vandag 3 geskiet wat so gedoen is met 40.gr.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170706/bd086d88b6c38f4d3c4f6c9c8c8e62da.jpg
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Thu Jul 06, 2017 6:39 pm
by mossie
Adri
Ek dink daai 40 gr skiet mooi.
Laai nou weer n paar op dieselde resep en gaan skiet hulle weer. Maak seker dat jy die gevuurde doppe so terugsit dat jy die flyers se doppe kan identifiseer en hou hulle eenkant. Laai dan die doppe wat groepeer het weer op dieselfde resep. Ek is lank terug deur so oefening met my 300 en 243 Ackley en dit het die wereld se verskil gemaak. Die "uitskieters" word nou gebruik vir foulers. Jy kry nou maar net n dop of twee wat, ten spyte van deeglike dopvoorbereiding net nie wil saamwerk nie. Ek weet dit klink nie logies nie, maar vir my het dit gewerk.
Groete
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Thu Jul 06, 2017 7:51 pm
by tripodmvr
As jy die nodespoed wel wil bereik dan dui die nuutste data op 39,3gr om die 2800vps te kry.
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Mon Jul 17, 2017 4:55 pm
by Dumbluck
Baie dankie Tripod en die res vir al julle hulp, jammer ek moes haastig weer terug see toe en was nou 'n hele tyd sonder comms.
Lading ontwikkeling is nou ongelukkig eers weer gepause tot ek weer by die huis is. Ek sal dan rondom daai nodespoed begin laai en kyk wat maak hy, baie dankie weer vir al die hulp.
Goedgaan
Re: Hulp en Raad benodig met 260 Rem
Posted: Wed Aug 05, 2020 9:13 pm
by Dumbluck
Ek was baie gelukkig om in die lockdown 'n 2dehadse chassis in die hande te kry vir my Savage. Na 5 jaar het hy uiteindelik 'n 10skoot magasyn op en ek sien sy loop gaan nie nou lank hou nie. Het nou werk vir hom.
Wat die lading betref, ek skiet nogsteeds 130gr Berger AR Hybrid gelaai 2.845"
GRT het vir my 'n halfnode gekry by 2930fps
40.9gr N550
Ek skiet hulle ook net so mooi teen so 2825fps 39.2gr N550
Ek sal wraggies nog een koop
Sent from my SM-G973F using Tapatalk