Page 1 of 1

Laat seisoen dag-jag

Posted: Fri Aug 12, 2011 6:58 am
by gillie
Goeie more menere

Ek weet dis laat in die seisoen, maar ek wil vir oulaas gaan stap in die veld en kyk of ek nog bietjie vleis in die vrieskas kan pak.

Weet enige van julle van dag-jag geleenthede in so 2 ure se ry afstand van Jhb/Pta dalk?

Wil graag so 2 rooibokke skiet.

Groetnis

Johan

Re: Laat seisoen dag-jag

Posted: Fri Aug 12, 2011 8:52 am
by JvB
Hi Gillie,


Ek het so maand terug navraag gedoen oor 'n plek en is mee gedeel dat hul datums vanaf Aug nog oop gehad het. Ek is nie seker of daar nog datums oop is nie, maar daar kan reg deur die jaar gejag word. Jy kan hul net kontak of 'n epos stuur.

Die plaas is Buffelsdoorn en die persoon om mee te praat is Lynette van Aarde. Die kontak besonderhede is soos volg:

Tel: 083 562 8606  Faks: 086 517 4902
Email:buffelsdoorn@gmail.com


Ek sit die pryse vir jou by soos deur gegee:

SPESIE VROULIK MANLIK TROFEE
Blesbok R1000 R1000 R1500
Blouwildebees R 2 200 R 2 500  R  3 500  ? 26?
Gemsbok R 4 500 R 4 500 R  4 500  excl. Vat
Koedoe R 27 per kg
Afgeslagte karkas   ?? R 10 000
Duiker R    800  R  1 000    R  1 000     
Rooibok R    550 R    850  R  1000    ? 20?
Rooihartebees   ?? R 4 500 R  4 500  excl. Vat
Vlakvark R    500 R    500  R    1000    ? 6? buite kaste 
Sebra R 4 500 R 4 500 R 4 500
Steenbok R    800    R  1 000 R  1 000 

Ek hoop jy kom reg.


Groete


JvB

Re: Laat seisoen dag-jag

Posted: Fri Aug 12, 2011 9:04 am
by gillie
Dankie JvB

Dis hoekom ek al hoe meer van hierdie forum hou, jy kry altyd 'n antwoord !

Re: Laat seisoen dag-jag

Posted: Fri Aug 12, 2011 9:07 am
by JvB
Gillie ekskuus man, ek het nie vir jou gese in wat se area nie, maar Dwaalboom Thabazimbi.


JvB

Re: Laat seisoen dag-jag

Posted: Fri Aug 12, 2011 9:26 am
by gillie
Geen probleem, dankie JvB

Re: Laat seisoen dag-jag

Posted: Fri Aug 12, 2011 9:55 am
by .::Alwyn-U::.
Daai is 'n deftige koedoe prys! R10 meer as hier in die oos-kaap ;D

alhoewel hulle ook 10 maal kleiner is ;)

Re: Laat seisoen dag-jag

Posted: Fri Aug 12, 2011 2:12 pm
by Gerhard
Buffelsdoorn is naby die plekke waar ek jag.

Mooi bosveld met baie sekelbos.

Re: Laat seisoen dag-jag

Posted: Sun Aug 14, 2011 7:35 pm
by gillie
Hi JvB

Maar dit klink my Buffelsdoorn laat net boogjag toe ...  :(

Re: Laat seisoen dag-jag

Posted: Mon Aug 15, 2011 8:58 am
by Armand Steenkamp
Klink vir my na mooi pryse!

Groetnis

Re: Laat seisoen dag-jag

Posted: Mon Aug 15, 2011 9:25 am
by JvB
gillie wrote: Hi JvB

Maar dit klink my Buffelsdoorn laat net boogjag toe ...  :(
Hi Gillie,


Dit is vir boog en geweer jag. Hul het vir my jag vorms gestuur met 'n besprekings vorm en die reels. As jy wil kan ek dit vir jou epos.


JvB

Re: Laat seisoen dag-jag

Posted: Mon Aug 15, 2011 9:38 am
by Hugov
Hello Jvb as jy nie omgee nie kan jy asb vir my ook die forms stuur.
Hugov @ Royaljk .za .com

baie dankie

Re: Laat seisoen dag-jag

Posted: Mon Aug 15, 2011 9:57 am
by gillie
Dankie JvB

Stuur maar aan j g e l d e n h u y s at g m a i l dot c o m

Groetnis