Marlin Gewere

Post Reply
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Marlin Gewere

Post by Raven »

Is daar manne wat met 'n Marlin skiet of enige ervaring het van die maak.
Ek hoor dat Remington hulle uitgekoop het.

Ek kan die model in 22-250 kry vir knap oor die R5000 rand. Aksie lyk net soos Remington, met 'n snaakse "accutrigger" en baie simpel plastiek kolf wat enige ou onmiddelik sal weggooi en met iets beter vervang.Die Bull Barrel is swaar en tip die geweer vorentoe as gevolg daarvan. Nogtans dink ek die prys is glad nie sleg nie.

http://www.marlinfirearms.com/Firearms/ ... n/x7vh.asp

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Marlin Gewere

Post by Francois Marais »

Norton

Kry die volgende........

http://www.usatoday.com/money/industrie ... arms_N.htm
http://blog.al.com/outdoors/2007/12/rem ... force.html

Dit is egter ou posts en in 2007 gepost, wat ek kon verder agterkom is dat die transaksie wel plaasgevind het, maar dat die baas van Marlin steeds die baas van die Marlin afdeling is........die transaksie het Jan 2008 al plaasgevind.

Ekself sou nie geld op so n geweer spandeer nie, soos jy tereg uitwys, die kolf reken jy moet onmiddelik vervang word, hoekom dan nie maar uit die staanspoor n paar rand meer op n kwaliteit produk spandeer nie, soos bv n HOWA........

Net my 2c......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Marlin Gewere

Post by .::Alwyn-U::. »

Norton

Ek stem saam FM, koop liewer 'n splinter nuwe Howa voor 'n tweede handse Marlin wat nog bietjie werk kort..

Groete
Alwyn
Fanie Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 502
Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm

Re: Marlin Gewere

Post by Fanie Nel »

Goeie naand Raven

Ek skiet met marlin 270win,  MR-7 model, met die aksie self dink ek nie daar enige fout meer nie lyk maar soos die remington ek het nog nog nooit geskukkel met doppe wat nie wil uitkom of so iets nie.  Wat ek wel mee gesukkel het is om die geweer te kry
dat hy groepeer.  My loop is nou amper uitgeskiet nou skiet die geweer die eerste keer lekker.

Groete Fanie Nel
User avatar
suid wes
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu Jan 06, 2011 10:57 pm

Re: Marlin Gewere

Post by suid wes »

Ek shelf het n 243. Het gewens het hom nooit gekoop nie...Maar toe ek van 365 na 361 oor skuif was ek speit dat ek hom n paar maal die bosse in gesmuit het.Weet die 25 06 skiet doek sak van die rak af.net n paar goeitjies om te veander.
BEETER,,,,,BEETHIR,,,,,BEETERHIRDIRSTE
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Marlin Gewere

Post by Pvdw »

Raven ek het ook 'n Marlin, dit is egter nie 'n slot aksie nie maar die 30-30 Lever Acrion. Baie lekker bos geweer en met 90gr Impalas lyk dit my ek sal hom dalk kan opstoot na so 200m.

As jy enige raad en inligting oor die Marlin gewere soek sal ek jou aanbeveel om gou by die site 'n draai te maak. Alles wat ek van my 30-30 weet het ek hier geleer, vanaf uitmekaar haal, verstel, vervang, verander, en "accurizing". Die klompie manne is nes die JARACAL manne baie bereid om te help.

http://www.marlinowners.com/forums/

Peet
Work to live, don"t live to work
Post Reply