Page 1 of 1
Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Thu Feb 16, 2017 8:26 pm
by Jake1
Het mauser 8x64 enige versamelaarswaarde?
Enige interessante inligting/geskiedenis sal waardeer word
Groetnis
Jaco
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Thu Feb 16, 2017 8:46 pm
by Frikkie Coetzee
Die kaliber het nie dalk nie versamel waarde nie maar is daai n kommersieele Mauser in goeie toestand dan sal hy iets werd wees. Ek weet nie wat die gesogde en skaars kalibers is by Mausers nie, maar as dit n gesogde kaliber is sal die geweer meer werd wees.
Sit meer fotos op
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Thu Feb 16, 2017 8:54 pm
by Ds J
Die 8x64 is 'n lieflike kaliber maar as ek reg onthou het die kaliber uitgesterf rondom die 2de Wêreldoorlog. Dit was 'n verdere ontwikkeling van die 7x64, of die voorvader van die 8x68 of iets soortgelyks. Dit kom daarop neer dat 'n effe meerdoeliger kaliber in omtrent dieselfde tyd ontstaan het en saam met die harwar van die 2de WO het die 8x64 vergete geraak.
Die ballistiese eienskappe is êrens tussen 'n 30-06 en 'n 300.
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Fri Feb 17, 2017 12:23 am
by Pappabeer
Jaco, daar is nie miljoene 8x64s gebou deur Mauser nie. Dit is n kommersiële standaard lengte aksie. Mens sou graag fotos van die res van die aksie wou sien om meer te weet, bv enige skade, matching serial nommers, en is daai agterste receiver top dalk net plat, en jy sit met n single square bridge.
Dit sal ook help onderskei tussen n A&B -graad, met betrekking tot die snellers, visiere en kolf.
Die kaliber was een van Wilhelm Brenneke se breinkinders. Brno het n paar ZG47's in die kaliber gemaak, so ook was daar n paar uit die FN fabriek, en dan natuurlik het etlike wapensmede in Suhl ook op aanvraag gebou.
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Fri Feb 17, 2017 7:38 am
by Frederik
Dink met 250gr koeels en oop viesier kan dit baie lekker bosveld en bosvark geweer word. Sit so paar ekstra fotos op.
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Fri Feb 17, 2017 11:59 am
by Mukiwa
Jake,
Soos Dewald genoem het is daai die middelste Brenneke boetie, indien jy sou oorweeg om te verkoop geem asb n geleentheid. Dit is die een wat ek nie het nie.
Jy kan my kontak op 0795049657
Groete
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Fri Feb 17, 2017 9:15 pm
by Alwin
Meer inligting oor die geweer sou nogal nuttig wees. Veral wie presies hom gebou het, kan 'n groot verskil aan die waarde maak. Die enigste 8x64 wat ek al gesien het, was 'n oorspronklike Brenneke. Natuurlik is hulle almal op M98 Mauser aksies gebou. Die merke op die loop sal die hele storie vertel.
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Mon Feb 20, 2017 11:41 am
by Jake1
Skoongemaak, sy loop en aksie binne is 100%
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Mon Feb 20, 2017 11:52 am
by Jake1
Ek het hom die naweek uitmekaar gehaal, dis die skaars enkel vierkantbrug aksie, sy serial nommers stem orals ooreen, kolf, magasyn, slot alles oorspronklik. Bietjie roes aan buitekant op loop en kolf natuurlik krappies. Baie lekker oefening gewees om hierdie stuk geskiedenis te bekyk van kop tot tone.
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Mon Feb 20, 2017 11:57 am
by Frederik
Netjies
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Tue Feb 21, 2017 10:18 am
by JoevR
More Jake1
Jou Oberndorf Mauser in 8x64 kaliber het ongelooflik baie versamelwaarde!
Die beste inligting oor hierdie gewere is beskikbaar in die boeke wat Jon Speed en ander outers geskryf het:
1. Original Oberndorf Mauser Sporting Rifles, en
2. The Mauser Archive.
Die langer laai van die kolf laat my dink dat dit 'n Afrika Model kan wees. Die geweer se square bridge is aangepas vir teleskoop montering, en dit lyk vir my of dit in die fabriek gedoen is.
Moet asb. geen verandering aan die geweer aanbring nie, jy sal jouself groot skade berokken.
As ek in jou skoene was, sou ek die nodige case forming en ander dies in die hande kry en hierdie klassieke geweer weer aan die skiet kry.
Ek het ongelooflik baie plesier daaruit geput toe ek hierdie gewere versamel het.
Verder was dit ook ongelooflik lekker om met die Oberndorf Mausers te jag, meestal met oop visiere.
Ek onthou nou-nog 'n lekker bloewildebees jag in die Vaalwater omgewing met 'n A-tipe 10,75 x 68 gelaai met 'n 350 gr Woodleigh teen 2400 vt/sek ...
Geld-waarde? So 'n jaar of twee terug praat ek met Andrew Soutar van Classic Arms in Witbank.
Ons spekuleer toe oor die moontlike prys wat 'n Oberndorf Mauser sou behaal op een van Andrew se gereelde veilings.
Ons was altwee verkeerd. Die geweer het vir heelwat meer verkoop.
Jy het 'n stukkie goud in jou hande, ernstige Oberndorf Mauser versamelaars, wat versprei is oor die wereld, sal jou mal maak met aanbiedinge.
Groete
Joe
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Tue Feb 21, 2017 10:49 am
by JoevR
Jake1, net nog 'n ding:
Met enige 8 mm geweer is die vraag altyd of dit 'n .318 (J) of .323 (JS) kaliber geweer is.
Met 'n Oberndorf Mauser, is die antwoord gewoonlik maklik:
Haal die geweer uitmekaar en kyk wat staan onder op die loop.
Volg hierdie link
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=138&t=11872
Groete,
Joe
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Tue Feb 21, 2017 10:51 am
by Frederik
Dankie vir die stukkie geskiedenis Joe.
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Tue Feb 21, 2017 5:38 pm
by Jake1
Dankie vir die deel dis baie interessant.
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Tue Feb 21, 2017 9:57 pm
by Alwin
JoevR wrote:Jake1, net nog 'n ding:
Met enige 8 mm geweer is die vraag altyd of dit 'n .318 (J) of .323 (JS) kaliber geweer is.
Met 'n Oberndorf Mauser, is die antwoord gewoonlik maklik:
Haal die geweer uitmekaar en kyk wat staan onder op die loop.
Volg hierdie link
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=138&t=11872
Groete,
Joe
Ek dink ons kan aanvaar dat 'n 8x64 Brenneke 'n "S" groefdiameter (.323") sal hê? Die kaliber is in 1912 ontwerp. Die "S" groefdiameter dateer uit 1905, toe die militêre gewere omgeskakel is.
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Wed Feb 22, 2017 3:27 pm
by JoevR
Alwin wrote:JoevR wrote:Jake1, net nog 'n ding:
Met enige 8 mm geweer is die vraag altyd of dit 'n .318 (J) of .323 (JS) kaliber geweer is.
Met 'n Oberndorf Mauser, is die antwoord gewoonlik maklik:
Haal die geweer uitmekaar en kyk wat staan onder op die loop.
Volg hierdie link
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=138&t=11872
Groete,
Joe
Ek dink ons kan aanvaar dat 'n 8x64 Brenneke 'n "S" groefdiameter (.323") sal hê? Die kaliber is in 1912 ontwerp. Die "S" groefdiameter dateer uit 1905, toe die militêre gewere omgeskakel is.
Goeie-middag Alwyn
Die Duitsers was baie lief vir die .318 (J) kaliber, en baie Oberndorf Mausers in 8 mm is dan juis die .318!
Jake1 het nog foto's vir my gestuur, ook van die onderkant van die loop. Ek lees daar duidelik 8,1. Dus is hierdie 8 x 64 'n .318 in my opinie.
Laat my dink aan twee 8 x 60 Oberndorf Mausers wat ek gehad het.
Ek ontmoet die oompie op Nelspruit, 'n mooi A-tipe, behalwe dat iemand 'n side-mount opgesit het op 'n stadium.
Die oompie beweer die geweer skop bietjie. Saam met die geweer kom 8 x 60 S ammo, die FN ammo wat in sulke plastiese boksies was.
Ek kry die lisensie en maak die geweer uitmekaar. Yip, soos ek vermoed het, .318 kaliber.
Die gawe ding is dat 'n M98 aksie sterk genoeg is om die druk van 'n koeel wat .005 van 'n duim oversize vir die loop is, te kan hanteer.
Op die langtermyn kan dit net verhoogde slytasie op die loop veroorsaak.
In die ander geval, koop ek 'n mooi B Model met half rond, half agtkantige loop en "hand-stippeld receiver ring" by 'n persoon.
Saam met die geweer kom 8 x 60 S RWS ammo, en geskiete doppe. Ek merk op teen die koper dat die primers maar darem baie plat geskiet is in primer pockets, wat natuurlik dui op baie hoe druk. Die persoon verseker my dis 'n S (.323) kaliber.
Soos verwag, het die bore en groove diameter, soos aangedui onder op die loop, wel bevestig dat dit 'n J (.318) kaliber is.
Net weer die prentjie van die onderkant van 'n Oberndorf Mauser loop, 'n 8 x 60 .318 (J) kaliber:
http://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/IMG_7588.jpg
Die 7,85 (in mm) is die "land" diameter, die 8,1 (in mm) is "groove diameter", en die 240 (in mm) is die "rifling twist", dus 1 draai in 240 mm. Die CH50 is die loop staal kode, langs die kaliber 8 x 60.
Die data vir die JS (.323") kaliber is: 7,89 ("land")en 8,2 ("groove"), soos aangedui onder op hierdie DWM ammo boksie "Net vir 'n loop met S-Kaliber":
http://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/8x57JS.jpg
Groete,
Joe
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Wed Feb 22, 2017 9:54 pm
by Alwin
JoevR wrote:Alwin wrote:JoevR wrote:Jake1, net nog 'n ding:

Dankie vir die breedvoerige uiteensetting Joe.
Ek stem natuurlik saam, mens moet baie mooi gaan kyk.
Sover ek kan bepaal, was die 8x64 nooit in die kleiner diameter gemaak deur Von Brenneke self nie, maar as die geweer deur iemand anders gebou is of dalk selfs omskep is van 'n ander kamer af, is enigiets seker moontlik. Gelukkig was die Duisters redelik puntenerig met hulle merke en sal die volledige inligting heel waarskynlik in die metaal ingepons of grafeer wees.
Kyk dus mooi en moenie enige aannames maak nie.
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Wed Apr 19, 2017 9:28 am
by Jake1
Dankie manne die wapen is toe verkoop
Re: Mauser 8x64 versamelaarswaarde?
Posted: Wed Apr 19, 2017 11:29 am
by win270
En die bedrag? Deel dit gerus met ons as jy daarmee gemaklik is.