Page 1 of 1

Bertram doppe

Posted: Fri Feb 10, 2017 10:53 am
by Smitstertjies
Goeie dag manne

Ek moet nuwe doppe vir my 416 Rigby koop, en kan nou slegs nuwe Bertrams kry. Kan enige iemand hier dalk net getuig oor die doppe se kwaliteit asb.

Waardeer.

Re: Bertram doppe

Posted: Fri Feb 10, 2017 11:03 am
by Johan van Wyk
Bertram se kwaliteit kan redelik verskil. Ek was in 2014 in Bruce se fabriek in Seymour, Victoria, en ek weet hy het die laaste ruk hard probeer om kwaliteit te verbeter. Hy het tot onlangs toe sy brass by PMP gekoop maar het onlangs oorgeskakel na `n Indiese verskaffer. Hy reken laasgenoemde se brass is baie beter kwaliteit.

As dit nuut-vervaardigde .416 doppe is behoort hulle jou nie moeilikheid te gee nie. Van sy doppe wat in die verlede gemaak is was nie so waffers nie. Ek het al baie van sy .318 doppe gebruik met geen moeilikheid nie.

Re: Bertram doppe

Posted: Fri Feb 10, 2017 11:12 am
by Smitstertjies
Dankie Johan.

Re: Bertram doppe

Posted: Fri Feb 10, 2017 2:24 pm
by vossie1
Humansdorp Co Op het R2050/50 norma doppe

Re: Bertram doppe

Posted: Fri Feb 10, 2017 2:27 pm
by Smitstertjies
vossie1 wrote:Humansdorp Co Op het R2050/50 norma doppe
Dankie. Klink na goeie deal!

Re: Bertram doppe

Posted: Fri Feb 10, 2017 2:28 pm
by vossie1
Hulle het nog so 4 pakke 0420070012

Re: Bertram doppe

Posted: Fri Feb 10, 2017 2:53 pm
by Smitstertjies
vossie1 wrote:Hulle het nog so 4 pakke 0420070012
Dankie vir jou hulp. Ek het gekoop nou by hulle!

Re: Bertram doppe

Posted: Fri Feb 10, 2017 3:39 pm
by DWB
Right, so ons sien jou die 25ste Maart by BASA? :)

Re: Bertram doppe

Posted: Fri Feb 10, 2017 3:40 pm
by Smitstertjies
DWB wrote:Right, so ons sien jou die 25ste Maart by BASA? :)
Maybe, maybe!

Re: Bertram doppe

Posted: Fri Feb 10, 2017 3:42 pm
by DWB
;D Eish Wena!

Bang vir vêr ry klink dit my ;D ;D

Re: Bertram doppe

Posted: Fri Feb 10, 2017 6:51 pm
by 470rigby
Ja, Bruce se dope is tans beter as eers, toe hy somtyds pick-up brass gebruik het. Ek hou daarvan om hom te ondersteun, want hy het manne soos ek in staat gestel om weer met baie ou gewere te skiet, beteken vir my baie. Gebruik persoonlik ook sy 416 dope, baie tevrede

Re: Bertram doppe

Posted: Fri Feb 10, 2017 7:34 pm
by Umshwati Boy
450-400 3" BLY WEG!!!

Re: Bertram doppe

Posted: Fri Feb 10, 2017 8:57 pm
by Pappabeer
Umshwati Boy wrote:450-400 3" BLY WEG!!!
Hoekom so?

Ek gebruik Hornady in die .450-.400 3&1/4". Jy sal hulle sekerlik kan trim tot size.

Re: Bertram doppe

Posted: Sat Feb 11, 2017 7:34 am
by 470rigby
Verskillende flens diktes...

Re: Bertram doppe

Posted: Sun Feb 12, 2017 9:32 pm
by Stefan764
Ek het vir my .450 Rigby 50x doppe in 2012 gekoop. Ek skiet nou nog net die doppe, hulle is al 9x gelaai. Het ook in 2014 by Bruce gedraai en nog 120x doppe gekoop. Loop soos n m#t sonder busgeld.

Ek het .500NE doppe ook, al drie keer gelaai. Ook geen probleme nie. Dis een batch van 50x doppe.

Re: Bertram doppe

Posted: Sun Feb 12, 2017 9:55 pm
by Vaalbos
Op my B Bertram doppe v .500 NE was so 20 primer pockets was nie diep genoeg nie.

Nie moeilik om reg te maak nie maar onnodig.