Page 1 of 1

Hadeda resep

Posted: Tue Jan 24, 2017 2:40 pm
by Victor
Gestoofde Hadeda

Vang of skiet een hadeda van gemiddelde grootte. Dompel in kookwater. Pluk vere. Dra masker en 'n dubbel stel industriële rubber handskoene. Haal binnegoed uit en sny kop en pote af. Begrawe afval waar hond dit nie sal uitgrawe nie. Hond sal waarskynlik nie, maar moenie kanse vat nie. Hang karkas vir minstens 5 dae tot sag.
Trek vel af met 'n Crescent draadtang. Die groot tipe. Onthou om tang na die tyd te ontsmet met swembadsuur en Jik.

Ontbeen karkas. Mael met vleismeuletjie. Dit mag nodig wees om meuletjie meer as een maal uitmekaar te haal wanneer senings die meganisme verstop. Voeg baie knoffel en kerrie by. En naeltjies. En chillie. En sout en neutmuskaat, foelie, pietersielie, salie, roosmaryn en swart en wit peper. Jy kan maar kaneel en mostert en roowyn of sjerrie ook byvoeg na voorkeur. Plus gebraaide uie. Kyk vir enigiets anders in die koskas wat ook kan bygevoeg word soos Woestersous, Tabasco, Oxo blokkies, mayonaise, blatjang en Pro-Nutro. Indien nodig, kyk in die badkamer kassie ook vir Jamaica gemmer, Balsem Kopiva en Witdulsies. Gooi na goeddenke, maar in geval van twyfel, gooi nog.

Kook in drukkoker met aartappels, wortels en boontjies vir drie dae tot grys en tekstuurloos. Maak huis se vensters oop om effektiewe belugting te verseker. Bedien met gegeurde rys en garnering en sit slegs voor aan onwelkome gaste. Verduidelik dat dit boom eend is. Skaars en baie duur. 'n Boheemse smaak om aan gewoond te raak, maar goed vir Banting.

Sit vir jouself slaai en beet voor en verduidelik dat jy ongelukkig op 'n proteïenvry dieët is.

Vra of gaste nog 'n skeppie wil hê?

Sê dat jy jammer is dat hulle so gou moet ry, maar dat jy verstaan.

Begrawe oorskiet waar die hond dit nie sal uitgrawe nie.

Re: Hadeda resep

Posted: Tue Jan 24, 2017 2:44 pm
by Konrad308
Klink na `n lekker resep vir wanneer skoonma kom kuier.

Re: Hadeda resep

Posted: Tue Jan 24, 2017 3:48 pm
by finch
Ek het soortgelyke resepte al probeer maar ek moet nog n plek vind waar ek oorskot kan begrawe en honde dit nie opspoor nie.

Re: Hadeda resep

Posted: Tue Jan 24, 2017 3:49 pm
by Supacow
Baie raakpte tussen die resep en n pensskootmaalvleisresep

Re: Hadeda resep

Posted: Tue Jan 24, 2017 4:04 pm
by Hein M.
Hadeda gaarmaak :o

Re: Hadeda resep

Posted: Tue Jan 24, 2017 4:17 pm
by Jean Marais
Hadeda is soos waterbok - moet reg afgeslag en gaargemaak word.

Re: Hadeda resep

Posted: Tue Jan 24, 2017 4:18 pm
by Supacow
:laugh: :laugh: :laugh:

Re: Hadeda resep

Posted: Tue Jan 24, 2017 6:57 pm
by Jacquesb
Ou oom vra my eenmaal hoe maak jy die blou silkie hoenders gaar?
Gooi in pot met n baksteen. Kook vir 3 dae.
Gooi silkie weg en eet baksteen.

Re: Hadeda resep

Posted: Tue Jan 24, 2017 7:45 pm
by WicusdP
Daai klink goed!!! Nou sal my gesin nooit honger lei nie....hier is kwaai baie van daai raserige voële!!!!

Re: Hadeda resep

Posted: Tue Jan 24, 2017 10:02 pm
by Barry Loock
Was darem nog nie so honger nie

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Hadeda resep

Posted: Tue Jan 24, 2017 10:41 pm
by Ds J
Ek het eenkeer hadeda geskiet wat hondepille kom aas het en hom oopgesny om vir die honde te voer. Die brakke het op daardie stadium gereeld 'n halwe rou hoender vir aandete gekry maar hulle wou nie eers aan die hadeda vat nie. Sy binnekant stink erger as 'n leeu hok.