Jakkalsjag Nuweling
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Jakkalsjag Nuweling
Ek is absoluut onervare met jakkalsjag. Ek het wel al op n geleentheid 2 jakke met die hulp van n spotlight geskiet. Ek is n paar dae gelede deur n vriend se pa gevra of ek en my maat nie asb jakke by hom wil kom skiet nie, want hy het op 1 na al sy blesboklammers verloor. My antwoord was natuurlik Ja Asb Oom!!
Ekt gistraand 6 ure hier op Jaracal rondgekrap vir inligting hieroor. Gou het ek besef daars baie wat ek nie weet nie en ook dat Jaracal eintlik ontstaan het agv jakjagters en ek respekteer die gedeelte hier wat privaat is. Ek het ongelukkig 'n paar vrae en ek sal enige advies waardeer.
Eerstens lees ek hier dat jakjag met n gewone spotlight nie n goeie idee is nie. Onthou, ek't n regte werk en hierdie gaan nie my werk word nie. Dit is dus nie vir my die moeite werd om al die jakjagtoerusting aan te koop nie. Maar, ek voel ek MOET gaan help want dit klink na n krisis en hierdie Oom kan dalk nog eendag n ander klip uit my pad uit rol. Ek gaan dus daar opdaag, onprofessioneel, met n gewone spotlight. Geen roeper van enige sort nie. Net ek en my maat en n spotlight en gewere. Wat is die moets en moenies van hierdie poging? Enige truuks? Eige voorstelle? Dis is relatiewe digte bosveld met heelwat bome, geen beeste, dit het gelukkig heelwat hier gereen al...
Tweedens, dat mens eintlik n jakjagkursus moet bywoon voor jy die takie aanpak. Soos ek genome het, is die nie my plan om jakjag as n werk te beoefen nie. Dit is ook n relatiewe dringende sakie en ek is gevra, so ek wil ASAP gaan probeer. 'n Kursus is dus nie nou in die pyplyn nie.
Derdens, die oom se seun noem dat hulle die jakke soms deur die dag kry en ander dae glad nie deur die dag nie, maar net in die spotlight saans. Plaas is onlangs gekoop. Hulle is besigheidsmense en weet blykbaar min van hierdie plaasdinge af en nie een het n geweer nie. Is daar enige voorstelle wat iemand kan maak as ek en my maat dalk op n Saterdag deur die dag daar n draai wil gaan maak?
Vierdens, dat die jakke "slim" geskiet kan word. Dis die een issue wat my die meeste pla. Hieroor sal ek graag BAIE meer wil weet, want ek wil nie gaan staan en 11.1.11 aanvang nie. Hoekom word die ongediertes slim? As ek tussen die lyne lees, klink dit amper asof mens GLAD NIE moet mis skiet nie, anders raak die goeters "slim". Of wat word bedoel met die goed raak "slim". Asb mense ek sal hierdie graag mooi wil verstaan voordat ek die ding aanpak.
Vyfdens, roepers...obviously weet ek hiervan ook niks nie en gaan ek geen sulke goed saam my neem nie. Is dit wys?
Enige hulp en advies sal waardeer word. Dankie by voorbaat.

CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- WicusdP
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm
Re: Jakkalsjag Nuweling
Ek is nie 'n kenner nie, maar ek weet dat jakkalsjag 'n kuns is en ervaring tel baie!!
Jy moet wel iewers begin en jy het hier die geleentheid.
Ek stel wel voor dat jy met die oom gesels en met hom oop kaarte speel. Dalk is jy gelukkig maar ek weet dat meeste ervare manne nie die oom gaan help as iemand anders reeds daar geroer het en die jakke slim gemaak het nie.

22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 918
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Jakkalsjag Nuweling
Hansie
Watter omgewing is die Oom? Ek stel voor kyk eerder of jul nie n jagter wat sy storie ken kry om te kom skiet nie. Dan gaan jy saam met hom en kyk wat dit alles behels. Jy sal n klomp van jou vrae dan kan beantwoord.
Jou bedoeling is goed maar op plaas waar jakke skade maak kan mens nie kanse vat nie.
Jy sal die Oom n groter guns doen deur hom na n regte jagter toe te vewys as wat jy deur onkunde sy probleem miskien versleg.
Groete
Ruan
BFN

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Jakkalsjag Nuweling
My opinie is in rooi gemerk...
Ek is absoluut onervare met jakkalsjag. Ek het wel al op n geleentheid 2 jakke met die hulp van n spotlight geskiet. Ek is n paar dae gelede deur n vriend se pa gevra of ek en my maat nie asb jakke by hom wil kom skiet nie, want hy het op 1 na al sy blesboklammers verloor.
Hoe seker is jy en hy dis jakkalse wat die skade aangerig het?
My antwoord was natuurlik Ja Asb Oom!! In my opinie sal ek iemand ervare vra of hy saam sou gaan. Jy gaan dit elkgeval meer geniet as die jakkalse doodgaan eerdaer as om weg te draf
Ekt gistraand 6 ure hier op Jaracal rondgekrap vir inligting hieroor. Gou het ek besef daars baie wat ek nie weet nie en ook dat Jaracal eintlik ontstaan het agv jakjagters en ek respekteer die gedeelte hier wat privaat is. Ek het ongelukkig 'n paar vrae en ek sal enige advies waardeer.
Eerstens lees ek hier dat jakjag met n gewone spotlight nie n goeie idee is nie. Onthou, ek't n regte werk en hierdie gaan nie my werk word nie. Dit is dus nie vir my die moeite werd om al die jakjagtoerusting aan te koop nie. Maar, ek voel ek MOET gaan help want dit klink na n krisis en hierdie Oom kan dalk nog eendag n ander klip uit my pad uit rol. Ek gaan dus daar opdaag, onprofessioneel, met n gewone spotlight. Geen roeper van enige sort nie. Net ek en my maat en n spotlight en gewere. Wat is die moets en moenies van hierdie poging? Enige truuks? Eige voorstelle? Dis is relatiewe digte bosveld met heelwat bome, geen beeste, dit het gelukkig heelwat hier gereen al...
Ek dink jy speel met vuur. Dis nie 'n sport om iemand se jakkalse te gaan doodskiet nie. Dis iemand se boerdery en inkomste wat jy mee gaan speel.
Tweedens, dat mens eintlik n jakjagkursus moet bywoon voor jy die takie aanpak. Soos ek genome het, is die nie my plan om jakjag as n werk te beoefen nie. Dit is ook n relatiewe dringende sakie en ek is gevra, so ek wil ASAP gaan probeer. 'n Kursus is dus nie nou in die pyplyn nie.
Derdens, die oom se seun noem dat hulle die jakke soms deur die dag kry en ander dae glad nie deur die dag nie, maar net in die spotlight saans. Plaas is onlangs gekoop. Hulle is besigheidsmense en weet blykbaar min van hierdie plaasdinge af en nie een het n geweer nie. Is daar enige voorstelle wat iemand kan maak as ek en my maat dalk op n Saterdag deur die dag daar n draai wil gaan maak? Jy kan op 'n plek waar jy tweerigting spore sien gaan sit en wag met sonop of son onder. Kans is goed dat jy 'n jakkals daar gaan sien.
Vierdens, dat die jakke "slim" geskiet kan word. Dis die een issue wat my die meeste pla. Hieroor sal ek graag BAIE meer wil weet, want ek wil nie gaan staan en 11.1.11 aanvang nie. Hoekom word die ongediertes slim? As ek tussen die lyne lees, klink dit amper asof mens GLAD NIE moet mis skiet nie, anders raak die goeters "slim". Of wat word bedoel met die goed raak "slim". Asb mense ek sal hierdie graag mooi wil verstaan voordat ek die ding aanpak.
As jy 'n jakkals inroep, of raak lig, of sien deur die dag of watookal, en jy skiet hom nie dood nie, het hy agtergekom dat jy gevaar is. As jy hom inroep met 'n haas, en die skoot klap en dis mis, weet hy volgende keer dat die haas 'n .243 op die bakkie het.
As hy jou ruik, en jy hou aan om met n lig op hom skyn tot hy wegdraf, gaan hy weet die haas het 'n Lightforce.
Vyfdens, roepers...obviously weet ek hiervan ook niks nie en gaan ek geen sulke goed saam my neem nie. Is dit wys?
Soos ek gesê het, vat iemand saam wat weet wat hy doen. Dit spaar die boer baie kopsere. Onthou, die boer langsaan is dalk nie 'n naweekboer nie. Die skelm jakkalse wat jy agterlaat, is die wat hom bankrot vang.
Die jakkalse wat dood is en baie netjies langs 'n bakkie hang is nie die wat saakmaak nie. Dis die toestand van die jakkalse wat agterbly as jy weg ry wat saakmaak.
Goed, beter, 6millimeter!
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Jakkalsjag Nuweling
Hansieslim gaan doen n kursus en gaan uit met n gesoute jakkals jagter. Moenie n jakkals nog slimmer maak nie.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Jakkalsjag Nuweling
Ek stem saam die manne
Kry iemand wat ken en jy sal somner baie leer in die proses ook!
Sent from my D5803 using Tapatalk
Kry iemand wat ken en jy sal somner baie leer in die proses ook!
Sent from my D5803 using Tapatalk
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Jakkalsjag Nuweling
As jy 'n jakkals inroep, of raak lig, of sien deur die dag of watookal, en jy skiet hom nie dood nie, het hy agtergekom dat jy gevaar is. As jy hom inroep met 'n haas, en die skoot klap en dis mis, weet hy volgende keer dat die haas 'n .243 op die bakkie het.
As hy jou ruik, en jy hou aan om met n lig op hom skyn tot hy wegdraf, gaan hy weet die haas het 'n Lightforce.
Soos ek gesê het, vat iemand saam wat weet wat hy doen. Dit spaar die boer baie kopsere. Onthou, die boer langsaan is dalk nie 'n naweekboer nie. Die skelm jakkalse wat jy agterlaat, is die wat hom bankrot vang.
Die jakkalse wat dood is en baie netjies langs 'n bakkie hang is nie die wat saakmaak nie. Dis die toestand van die jakkalse wat agterbly as jy weg ry wat saakmaak.
Hierdie is die presiese antwoorde waarna ek op soek was.
Dankie almal
As hy jou ruik, en jy hou aan om met n lig op hom skyn tot hy wegdraf, gaan hy weet die haas het 'n Lightforce.
Soos ek gesê het, vat iemand saam wat weet wat hy doen. Dit spaar die boer baie kopsere. Onthou, die boer langsaan is dalk nie 'n naweekboer nie. Die skelm jakkalse wat jy agterlaat, is die wat hom bankrot vang.
Die jakkalse wat dood is en baie netjies langs 'n bakkie hang is nie die wat saakmaak nie. Dis die toestand van die jakkalse wat agterbly as jy weg ry wat saakmaak.
Hierdie is die presiese antwoorde waarna ek op soek was.
Dankie almal
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Jakkalsjag Nuweling
Ekt intussen al weer gedink...Die raad hierbo beteken vir my...As mens skiet, mag mens nie mis skiet nie...LOL - Ek weet dis nie so eenvoudig nie.
Simpel vraag : Gestel mens het n roeper (kos of distress of wat ookal) en jak kom nader en jy het ook n lig en jy lig op jak, maar jy besluit die skoot is nie aan nie en jy ry weg...maak dit hom ook "slim"?
Of maak dit my dom?
Simpel vraag : Gestel mens het n roeper (kos of distress of wat ookal) en jak kom nader en jy het ook n lig en jy lig op jak, maar jy besluit die skoot is nie aan nie en jy ry weg...maak dit hom ook "slim"?
Of maak dit my dom?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Jakkalsjag Nuweling
Hy raak light force slim sommer baie slim.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Jakkalsjag Nuweling
Ek is op die spoor gesit van iemand in die omgewing ... gaan sy hulp inroep.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- Francois Hugo
- Full Member

- Posts: 154
- Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am
Re: Jakkalsjag Nuweling
Hansieslim,
Een van jou beter besluite wat jy nog geneem het
Dit sal net die omgewing se boere tot voordeel wees om 'n kundige in te kry om eerstens vas te stel of dit jakkalse is en daarna die probleem aan te spreek.
Ek self boer nie, maar help so effens by my skoonpa in ruil vir 'n vleisie of so, maar na 4 kursusse en 'n klompie suksesvolle jagtogte, moet ek erken ek is jakkals jag verslaaf
, maar nog steed elke aand wat ek uitgaan iets leer........
Wel jakkalsjag verslaaf wees, is ook gevaarlik, want dit kan net so maklik slim jakkalse veroorsaak deur te veel roep en al die bewegings wat jakkalse slim maak.
Wel om die preek kort te knip, jakkalsjag is nie vir sommer lig gryp en jakkalse loop skiet nie, die ongeluk is die tyd van die jaar word daar baie jakkalsjagters gebore
want jong jakkalsies word sommer so geskiet op die manier en dan is man mos gekonfyt, word daar gereken......
Die ongeluk van die benadering is dat die manne wat met die jakkalse ernstig stoei, dan somtyds amper die hele nag moet omsit om die vang probleem hok te slaan.
Sien darem die probleem is darem gelukkig 'n redelike afstand van waar ons is
Sterkte en ek hoop julle kry die probleem hok geslaan.
Groete uit die Namakwaland
Francois Hugo
Een van jou beter besluite wat jy nog geneem het
Dit sal net die omgewing se boere tot voordeel wees om 'n kundige in te kry om eerstens vas te stel of dit jakkalse is en daarna die probleem aan te spreek.
Ek self boer nie, maar help so effens by my skoonpa in ruil vir 'n vleisie of so, maar na 4 kursusse en 'n klompie suksesvolle jagtogte, moet ek erken ek is jakkals jag verslaaf
Wel jakkalsjag verslaaf wees, is ook gevaarlik, want dit kan net so maklik slim jakkalse veroorsaak deur te veel roep en al die bewegings wat jakkalse slim maak.
Wel om die preek kort te knip, jakkalsjag is nie vir sommer lig gryp en jakkalse loop skiet nie, die ongeluk is die tyd van die jaar word daar baie jakkalsjagters gebore
Die ongeluk van die benadering is dat die manne wat met die jakkalse ernstig stoei, dan somtyds amper die hele nag moet omsit om die vang probleem hok te slaan.
Sien darem die probleem is darem gelukkig 'n redelike afstand van waar ons is
Sterkte en ek hoop julle kry die probleem hok geslaan.
Groete uit die Namakwaland
Francois Hugo
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Jakkalsjag Nuweling
Dankie Francois...waardeer ook jou comments.
Het intussen uitgevind albei die buurplase jag erg jakkals. (Groot getal is genome vir 2016). Dit verklaar dalk hoekom hierdie oom soveel probleme het. Hy is die nuwe plaaseienaar/boer tussen die twee plase. Hy het blykbaar gistraand 7 jakke op verskillende plekke sommer so in die bakkie se lig gekry. Almal van hulle in die pad gewees.