Page 1 of 1
Dagroepie
Posted: Fri Aug 05, 2011 10:15 am
by Allen T
Het onlangs 'n dagroepie gedoen.
Weet nie of ek suksesvol was nie???
AllenT
Re: Dagroepie
Posted: Fri Aug 05, 2011 10:24 am
by herley
Ha, nee wat as ek dit kon kry op my plaas met n dagroep sal ek sterk oorweeg of ek nog met skaap moet boer

Re: Dagroepie
Posted: Fri Aug 05, 2011 11:03 am
by Raven
Allen,
Kon Oom darem 'n paar geskiet het. Jy is mos nou al jare in die bedryf
Raven
Re: Dagroepie
Posted: Fri Aug 05, 2011 11:27 am
by Witpietskiet
Sal hulle seker moet skiet met n LM4 en n laaaaaaaaaaang mag???
Re: Dagroepie
Posted: Fri Aug 05, 2011 1:12 pm
by Gerhard
daar het jy n kas ammo en 50 Browning nodig...

Re: Dagroepie
Posted: Fri Aug 05, 2011 3:21 pm
by Lourens
'n Man sal groot skade daar kan maak.... 'n lekker AR-15 in 204 Ruger sal looooop daar!!!!
Groete,
Lourens
Re: Dagroepie
Posted: Fri Aug 05, 2011 4:52 pm
by BOATS
Daardie fotos is seker in die ADDO PARK geneem
Re: Dagroepie
Posted: Fri Aug 05, 2011 5:00 pm
by Freddie101
Allen
Gee my die ritteltits. Waar is dit geneem.
Groete Freddie
Re: Dagroepie
Posted: Fri Aug 05, 2011 5:03 pm
by Cobus(Cobb)
Goeie Fox!!...waarom drom hulle so?? wat kyk almal so links??
Re: Dagroepie
Posted: Sat Aug 06, 2011 6:34 pm
by Jaco Swart
Al wat daar gaan werk is 'n handgranaat

Re: Dagroepie
Posted: Wed Aug 10, 2011 7:56 am
by Allen T
GELUKKIG IS DIE TWEE FOTOS NIE IN DIE RSA GENEEM NIE. BOKKIE LOMBARD VAN UITENAGE HET ONLANGS DIE FOTOS IN OKAUKUEJO - ETOSHA GENEEM WAAR DIE LEEUS N VANGS GEHAD HET. DAAR BLY BIETJIE BAIE SKIETWERK AS DIE JAKKALSE DAAR VERMINDER MOET WORD.
Re: Dagroepie
Posted: Mon Aug 22, 2011 1:15 pm
by vlakhaas D
dag manne ek het so paar weke terug 2 keer in die dag gaan roep dit was nou wel in okahandja se wereld nie suide nie.
Maar ek was al 2 keer suksesvol dit werk as jou geluid reg is en die jakkals kan jou hoor sal hy inkom jy moet net goed genoeg wegkruip.
Sal graag wil hoor wat julle ander manne te se het ek het die eerste keer met 'n springbok geluid een ingeroep net so half uur voor donker.
Re: Dagroepie
Posted: Mon Mar 19, 2012 12:28 pm
by Freek
Allen, sorry ek het die een gemis.... ek kan dit nie glo nie. Kry die foto's vanoggend onder o? toe ek Judy se nommer soek. Ek kan jou eending waarborg as ek hulle so by mekaar kan kry in die dag - daar in die karoo waar ou Taffie, Cois en Rooies gereeld S'e maak sit ek vir myself lapelle op.
Ek kry dit nie eers in die die nag hier by ons reg nie....

In kort, dit is nou wat ek noem heel oorspronklik - kan nogal 'n goeie motifeerings foto maak vir 'n beginner dag roeper
Re: Dagroepie
Posted: Mon Mar 19, 2012 12:41 pm
by basie
Allen
Daai jakkalse lyk soos 'n klomp lokasie-honde om 'n op hitte teef.
Basie