Page 1 of 2
BESTE RANGEFINDER
Posted: Thu Aug 04, 2011 1:21 pm
by bullseye
MIDDAG MANNE
EK SOEK RAAD EK WIL N RANGEFINDER KOOP MAAR WEET NIE WATTER EEN NIE. WEET OOK NIE OF RANGEFINDER IN NAG SAL WERK NIE. EK SUKKEL OM AFSTAND TE SKAT IN NAG. HET IEMAND DALK TIPS RONDOM AFSTAND SKAT IN DIE NAG.EK HET AL DEUR PARTY RANGEFINDERS GEKYK MAAR DIE MIKPUNT IS GROTER AS WAT DIE BOK IS.
GROETNIS
BEN.
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Thu Aug 04, 2011 1:41 pm
by baboonstalker
Leica maak volgens my die beste RANGEFINDER. Daar is ander met meer bells & Whistles, maar as jy bels & Whistles soek, koop dit by die speelgoedwinkel en kry steeds vir jou 'n leica.
Ek dink die enigste plek waar dit nie van toepassing is nie, is met boogjag waar afstande onder 100m is en die TBR funksie van waarde kan wees.
As jy op 400m wil skiet, koop 'nrangefinder wat tot op 800m kan range. Daar is niks so frustrerend as om met 'n rangefinder in die hand te sit, en jy kry nie die bok ge range nie.
Wat afstand in die nag betref is dit maar altyd moeilik, en die beste is om te leer hoe groot jou prooi op watter afstand in die teleskoop lyk. Die jakkals manne sal jou ook mooi kan s? as hulle DIE detail kan uitmaak, is hy nader as daardie afstand. Range bakens as jy gaan sit, en dan kan jy dit as verwysing gebruik vir as jou prooi inkom.
Rangefinders werk goed in die nag.
Ek s? weer Leica maak die beste RANGEFINDER (al het hulle die pot effens gemis met die bells & Whistles wat hulle in die nuutste rangemaster 1600 probeer insit het, bly sy prim?re funsionaliteit as rangefinder puik)
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Thu Aug 04, 2011 1:58 pm
by bullseye
BABOONSTALKER
HOEKOM S? JY HULLE HET DIE POT MIS GESIT MET BELLS & WHISTLES. DIE EEN WAT JY VAN PRAAT IS DIE CFR 1600 WAT N 7X VERGROTING IS.ALWYN-U PRAAT IEWERS OP N ANDER POST VAN N LEICA 10X VERGROTING WATTER MODEL IS DIT?
DANKIE VIR TERUGVOER
BEN.
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Thu Aug 04, 2011 2:09 pm
by MJK
Ben
Moenie op Baboonstalker skree nie asb....

Om met hoofletters te tik op e kommunikasie beteken dit dat jy skree.
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Thu Aug 04, 2011 4:54 pm
by Gerrit Visser
Leica of jy gaan weer moet koop.
G. Gert
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Thu Aug 04, 2011 5:36 pm
by baboonstalker
Ek bedoel....
Leica het in die CRF1600 'n "ballistic computer" ingebou wat die hoek van vertikaal, die temperatuur en die barometriese druk in ag neem en dan vir jou 'n holdover uitwerk.
My probleem darmee is as volg: Barometriese druk en temperatuur het 'n relatiewe klein invloed op die holdover oor kort afstande. Leica se ballistic computer werk egter slegs die trajek tot op 500m uit, en op die afstand is daardie faktore nie van baie belang nie. Die temperatuur sensor is iewers binne in die instrument ingebou en hulle kon net sowel vir jou 'n koorspen saam gegee het. As jy die rangefinder op jou lyf dra of hom vashou soos wanneer jy hom as monocular gebruik (sy lense is goed genoeg hiervoor) meet jy jou eie ligaamstemperatuur, en dit het ZERO met die trajek uit te maak nie. Die Kestrel "weerstasies" het 'n termokoppel wat buite die hulsel sit, en baie vinnig verander om vir jou die lugtemperatuur te gee, dit is nou 'n nuttige lesing.
Verder het leica gekies om jou te laat kies uit een van 'n stuk of 12 tabelle en jy moet se wat jou "drop" tussen 200 en 300 is as jy op 200 gezero is. daar is soveel kalibers, projektiele en kombinasies, dat die trajek wat hulle vir jou uitwerk nutteloos is 'n paar honderd meter anderkant jou zero afstand.
Hulle neem nie in ag: Koe?lgewig, BC, spoed, hoogte van scope bo loop of kaliber nie. (dit is immers wat saakmaak)
Hulle gee vir jou die ware afstand, temp. druk en hoek van horisontaal, maar nie die "true ballistic range" nie???
Verder gee hulle vir jou die holdover op 100m in cm (as jy in meters werk soos meeste van ons mos maar doen). as jou bok dus op 270m staan en hulle gee vir jou 'n holdover van 2.5H, moet jy dit met 270/100 maal om te weet waar jy moet mik. (dws 6.75cm hoog)
Nee wat, gee vir my die afstand en ek kyk maar op my "cheatsheet" kaartjie waar ek moet mik of stel.
Ek het al gereeld afstande tussen 1600m en net kort van 2000m met myne ge range en as jy die afstand tussen jou en 'n teiken wil weet, gaan jy hom nie sommer klop nie.
'n Kolgans 700+m op 'n land is nie 'n probleem vir 'n CRF800 nie, wys my 'n Leupold RX1000 wat dit kan doen (of wat s? ek nou Gert???)
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Thu Aug 04, 2011 6:27 pm
by Koos Barnard
Ben
Ek sluit aan by Bojaanbekruiper oor die Leica. Ek het oor die jare verskillende rangefinders getoets, soms verskillende modelle op een slag en die Leica staan uit bo almal. ek vind dat my ou Leica 1200 ook meer betroubaar is as die rangefinder wat in die Leica verkyker gebou is. Die ou handmodel range op sekere onvriendelike oppervlaktes wat die rangefinder/verkyker nie kan doen nie. koop 'n Leica sonder al die fieterjasies, dis onnodig en koop die beste een wat jou geld kan bekostig. As die 800 goed genoeg is vir jou maar jy kan die 1200 of 'n 1600 koop, vat die "sterkste" een. Die resultate sal jy in die veld sien. waar die kleiner modelle se bene moeg raak range die groteres nog klein objekte teen groot afstande.
Terloops, Swarovski se rangefinder is ook baie goed maar te duur en sy screen display is swakker as die Leica s'n in helder lig.
Groetnis
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Thu Aug 04, 2011 6:31 pm
by JOHANNIC
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Thu Aug 04, 2011 6:52 pm
by JOHANNIC
Dis waar ons gemsies jag/skiet en jy het n rangefinder nodig wat vinnig is!!!!!!!!
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Thu Aug 04, 2011 7:25 pm
by HUNTER
JOHANNIC
Waar is daai afgeneem?. Dit is m@er baie bokke bymekaar.
Hunter
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Thu Aug 04, 2011 7:52 pm
by Gerrit Visser
Ek het 'n Leica 900. Battery hou 2 jaar+. Gee die afstand binne 1s in rooi, maklik om in die nag te sien. As jy die knoppie inhou op die jak wys hy die afstand soos jak nader. Was die jaar saam met vriende in die veld met verskillende RF,s almal wat nie 'n Leica gehad het nie was teleurgesteld of gatvol. Ek het net laas naweek 'n haas op 449m gerange in 'n land met gemak. My 900 kan net tot 999m range want daar is nie plek vir 4 syfers nie. Moet s? ek hou meer van die Leupold se sakkie, daardie rekkie is 'n wenner wat die sakkie toemaak.
G Gert
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Thu Aug 04, 2011 7:56 pm
by JOHANNIC
Hunter
Dit was naby Rosh Pinah Gerrit het ook daar gaan jag so rukkie na ons,da is regtig mo&r baie gemsies

Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Thu Aug 04, 2011 10:17 pm
by Kalahari
Naand almal
Ek het vir my 'n Leica LRF 900 scan 2004 gekoop in die Kaap, was 'n helse duur ding toe gewees, maar tot vandag is ek nooit spyt nie. Nog geen probleme gehad nie en werk soos klokslag. Dag of nag. Dit is my opinie, bygese ek het ook geen ondervinding van enige ander maak (skoot aftaster

nie.
Nou probeer ek die suiwer Afrikaans, maar in die gewere en herlaai bedryf is dit nie altyd maklik nie.
Kalahari
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Fri Aug 05, 2011 8:11 am
by Johan JvR
+1 Leica
Het as my eerste rangefinder o? toegeknyp en Leica CRF 1000 gekry. Is baie tevrede, die ding range verder as wat ek ooit sal wil/kan skiet, maar dis lekker om te weet waar daai bok staan.
Johannic - ek kan nogal so in my geestesoog daai man hoor praat ;D
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Fri Aug 05, 2011 11:10 am
by bullseye
More Manne
Baboonstalker en ander manne baie dankie vir terugvoer. Leica sal dit dan wees , lyk my daar is baie modelle. Wie bemark leica? Ek hoop Klipspringer sal my kan help.
Dankbaar
Ben.
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Fri Aug 05, 2011 11:21 am
by tripodmvr
Verskaffers
www.opticsplanet.net
www.afgen.co.za
Leica se voorganger was Wildt en het agtergrond met opmeetinstrumente - daarom hul goeie tegnologie as dit by laser afstandmeters kom. Die eerste meetwerk is met infrarooi gedoen, maar dit het 'n spesiale spi?el geneem om dit terug te stuur. Die' teikens word wel nog gebruik om v?r en akkuraat mee te meet (tot millimeter), maar die laser het die meet na minder reflekterende voorwerpe moontlik gemaak. Die toepassing na afstandmeters vir oorlog en jagdoeleindes het hieruit gevloei.
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Fri Aug 05, 2011 11:27 am
by Johan JvR
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Fri Aug 05, 2011 12:32 pm
by bullseye
Baie dankie
groete
Ben.
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Fri Aug 05, 2011 1:58 pm
by HUNTER
Ek wou se die wereld lyk bekend, Witputs.
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Fri Aug 05, 2011 2:30 pm
by James Wilson
ek het n Nikon 550, van daai wat so gecammo is. gebruik hom nie baie nie, maar kan nie kla nie.
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Sat Aug 06, 2011 8:33 pm
by klipspringer
Hello Manne
Ek het die Swarovski Laser Guide 8x30, Zeiss Victory 8x26 T* PRF en Leica Rangemaster CRF 1600 ten opsigte van die volgende vergelyk:
Vergroting: Swarovski 8x, Zeiss 8x en Leica 7x
Objektiefgrootte: Swarovski 30mm, Zeiss 26mm en Leica 24mm
Nominale maksimum reik: Swarovski 1400m, Zeiss 1200m en Leica 1100m
Massa: Swarovski 386 g, Zeiss 310 g en Leica 220 g
Mens sal die 3 langs mekaar moet vergelyk, maar my mening is:
Die 8x30 Swarovski met dieselfde optiese kwaliteit as die SLC verkykers, kan in plek van 'n verkyker ook diens doen. Dit kan verder op 'n driepoot gemonteer word vir langafstand "ranging". Dit het geen ballistiese stelsel of ander funksies nie.
Die 8x26 Zeiss het ook uitstekende optika (na my mening 2de naas die Swarovski), asook 'n ballistiese stelsel wat "hold over" waardes verskaf. Die 26 mm objektief is perfek vir "ranging" en laat baie lig deur. Dit is wel ietwat van 'n beperking indien jy dit in plaas van 'n verkyker wil gebruik.
Die 7x24 Leica is kompak, lig en het ook 'n ballistiese stelsel en meer, vir die ouens wat van funksies hou. Die beperking hier is die 7x vergroting en 24 mm objektief.
Hierdie 3 "range finders" is duurder as meeste ander omdat hulle hoe kwaliteit lasers het wat min divergeer. Die gevolg is dat hulle beter as meeste ander kommersiele "range finders" presteer.
Vir enige "ranging" oefening moet die instrument so stil as 'n geweer gehou word wanneer jy aanle. Dit verseker dat jy op lang afstand die regte voorwerp vind. Weerstoestande, voorwerpoppervlak en voorpwerpkleur het ook 'n groot invloed op reikafstand en akkuraatheid. Ek kon op 'n reendag nie verder as ongeveer 600 m met die Swarovski "range" nie. Op 'n mooi dag het ek egter meer as 1000 m ge-"range".
Groete
Jan
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Sun Aug 07, 2011 4:42 pm
by Gerrit Visser
Hi Jan kan jy dalk vir ons die pryse ook vergelyk.
G Gert
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Mon Aug 08, 2011 11:08 pm
by klipspringer
Gerrit
Afhangende van waar jy koop is die Swarovski se prys deesdae van R12-14k, die Zeiss kos van R7-9k, en die Leica vermoed ek ook so van R7-9k.
Groete
Jan
Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Tue Aug 09, 2011 8:23 am
by baboonstalker
Jy kan self die Leica van Amerika ingebring vir 5.2K

Re: BESTE RANGEFINDER
Posted: Wed Aug 10, 2011 9:22 pm
by klipspringer
Baboonstalker
Ek neem aan jy praat van die CRF1600, aangesien dit die Leica was wat ons bespreek het. Mag ek weet hoe jy by daardie prys uitkom?
Groete
Jan