Page 1 of 1

Houtwerk/skrynwerk - slegs natuurlike hout

Posted: Tue Jan 10, 2017 10:52 am
by Carl
Maw die wat bome van gemaak is ;) . Deesdae is alles mos melamien.

Ek is opsoek 'n persoon wat met hout werk hier bo in Gauteng/NW (Transvaal). Ek wil 'n redelike lang hout blad laat maak van hout.

5 meter x 1.2 meter.
Hout, keuse sal afhang van kleur, prys en wat beskikbaar is.

Ek het reeds een opsie in Sedgefield.

Re: Houtwerk/skrynwerk - slegs natuurlike hout

Posted: Tue Jan 10, 2017 11:28 am
by ruaanb
Gawie?

Re: Houtwerk/skrynwerk - slegs natuurlike hout

Posted: Tue Jan 10, 2017 11:33 am
by Gawie(13mm)
Die dikte is ook baie belangrik maat. Te dun, dan trek hy krom. Te dik en hy is te swaar om te vervoer.
Waarvoor wil jy hom aanwend en watter basis gaan jy gebruik?

Die finale afwerking is ook baie belangrik. Vernis is baie mooi, maar beskadig maklik. Olie is makliker om self aan te wend, maar moet gereeld gedoen word. Veral wanneer 'n blad langs die kus opgelym word en dan op die hoƫveld sy staanplek kry. Hy moet reg rondom behandel word.

Re: Houtwerk/skrynwerk - slegs natuurlike hout

Posted: Tue Jan 10, 2017 12:22 pm
by Carl
ruaanb wrote:Gawie?
Dankie, hy het my gekontak. Dis altyd goed om 'n kenner te ken, veral as die man so hulpvaardig is. Ek het sommer in 10 min ook 'n kundige geword. ;)

Re: Houtwerk/skrynwerk - slegs natuurlike hout

Posted: Tue Jan 10, 2017 12:24 pm
by Carl
Gawie(13mm) wrote:Die dikte is ook baie belangrik maat. Te dun, dan trek hy krom. Te dik en hy is te swaar om te vervoer.
Dis nou presies die raad wat my vrou ook gegee het! :angel: >:D >:D