Page 1 of 1

Sightron turret speling

Posted: Wed Jan 04, 2017 9:12 pm
by Meteor
Middag Jarakallers

Ek wil graag by julle uitgevind oor hoe die turrets op julle Sightron skope werk en asof myne anders is.

Ek is mal oor die idee van n skoop wat alles kan doen maar ons almal weet daar is nie so iets. In my klein wereld het ek toe maande se navorsing gedoen en amper alles wat ek nodig het kom in die skoop voor. So na n bietjie spaar en soek het ek hom maar ek is toe so heilig op die ding dat ek eers hom voor tot agter moes deurgaan en alles in die manual drie keer lees.

Wat ek gesien het is dat die turrets nie altyd op n merk val. Ek weet nie asof dit maar n ding is van skope want ek het maar nog altyd goedkoop goed gehad en hulle het meestal sulke duidelike clicks gegee maar ook nie lank gehou. So nou sit ek met die idee dat myne is miskien foutief. Dit of ek het te min ervaring om n goeie opinie te he.

Die speling is so dat ek op sekere punte amper aan twee lyne kan raak sonder dat hy oorclick na die volgende merk. As ek hom net draai na enige verstelling sal hy halfde van die tyd op n merk val en die ander halfde tussen merke.

Kan ek asb julle opinies kry oor hoe julle sin werk, daar is n groot kans dat my verbeelding my te veel laat inkyk oor dit. Ek hoop rerig julle kan my bietjie rus gee op die onderwerp.

Dankie
Uwe

Re: Sightron turret speling

Posted: Wed Jan 04, 2017 9:56 pm
by Diesel Dog
Die Sightron scopes het n "countersink" skroefie wat die turret an die stel meganisme koppel ,die skroefie is waarskynlik los of half los, dat die wring moment wat benodig word om die klikkies te verstel oorskry word en dan lyn die nommers nie reg op nie .Hou die turret was met duim en voor finger en draai die skroefie vas en toets hom weer.
http://www.huntinggearguy.com/wp-content/uploads/2015/09/Sightron-S3-6-24x50-150x150.jpg
DD

Re: Sightron turret speling

Posted: Thu Jan 05, 2017 8:09 am
by Sangoma (IAN)
Dankie DD.
Mooi verduidelik hierbo

Re: Sightron turret speling

Posted: Thu Jan 05, 2017 8:10 am
by dehacked
Beteken dit mens kan jou sightron se turrents dan ook zero as jy klaar jou geweer ingestel het?

Re: Sightron turret speling

Posted: Thu Jan 05, 2017 8:15 am
by Rasmus
Ja jy kan dit zero, na jy ingestel het. Maak skroefie los draai turret na '0' en draai skroefie weer vas.

Re: Sightron turret speling

Posted: Thu Jan 05, 2017 8:39 am
by Riaan Kriel
Ek dink DD is reg met sy raad. Weet van een wat ook so gemaak het waar die persoon 'n geweersmit vir raad gevra het, die geweersmit het gesê dit is nuwe scope wat moet inwerk. Hy het elke turret tussen sy hande gevat en gedraai dat hulle sê kkkkrrrrrrrr vir 'n rukkie op elk. Die scope weer gezero en daai skroefies behoorlik vas gedraai. Al die probleme was op 'n end.

Re: Sightron turret speling

Posted: Thu Jan 05, 2017 10:55 am
by Meteor
Ek sou nooit aan dit dink nie baie dankie.
Ek gaan na werk gou kyk en terugkom na julle.

Re: Sightron turret speling

Posted: Thu Jan 05, 2017 10:37 pm
by Meteor
Baie dankie vir almal wat advies gegee het. Ek het skroewe weer gedraai en gekyk maar my probleem is nogsteeds daar, gelukkig is Sightron besig om met my te werk om dit optelos. Ek hoop net dat dit nie iets is wat so hoort want hulle wil he ek moet die skoop terugstuur na die VSA.

Net om dinge bietjie duideliker te maak vir julle gaan ek my bes prober om n video op te sit wat my turret wys. Hou maar duim vas, ek weetie asof ek kan.

Re: Sightron turret speling

Posted: Thu Jan 05, 2017 11:25 pm
by Meteor
Kyk asb in die hoogste kwaliteit moontlik en op volle skerm.

https://youtu.be/mWUMkUo_7oQ

Re: Sightron turret speling

Posted: Fri Jan 06, 2017 3:04 pm
by Diesel Dog
Meteor wrote:Kyk asb in die hoogste kwaliteit moontlik en op volle skerm.

https://youtu.be/mWUMkUo_7oQ
"All Sightron scopes are not created equal" As hy van die Philippines af kom sterkte!

DD