284 Winchester

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 284 Winchester

Post by tripodmvr »

My kop sou s? dat die 280 Remington 'n beter roep is. Die 7x64 val ook in die' klas as dit by snelheid kom.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
IndianLima
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Mon Jan 24, 2011 8:35 pm

Re: 284 Winchester

Post by IndianLima »

Ludwig,

Die hele SA F-Klas span het die afgelope wereldbeker 284 Win geskiet. Meeste ouens skiet dit nogsteeds. Dit moet vir jou iets se laat hulle dit verkies bo die 7x64 7Rem Mag.

Groete
Ivan Lamprecht
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: 284 Winchester

Post by Witpietskiet »

Ludwig,

Net n klip in die bos.

Ek het naweek met die veldskiet wat ons hier in Windhoek gehou het, n 7x57 AI gesien wat geskiet is deur oom Jimmy van Suid Afrika. Soos wat ek kon luister van die slim manne is dit baie naby aan een van die Tombi's wat oom Chris van Niekerk bou.

Oom Jimmy skiet n 130gr punt so oor die 3200 vps en soos ek verstaan skiet daai roer gat in gat. ;D

Ek het n 7x57 en juk nou heel onodig nadat ek daai 7x57 AI dop gesien het. :'(

Miskien is dit n opsie???

Mooi loop
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: 284 Winchester

Post by WillemS »

Ludwig

Dopvoorbereiding op die 7x57AI is mos maar min, 1 keer se skiet, sommer terwyl jy loop inbreek en  jy is reg! Ek weet die Tombi het heelwat meer werk daarom het ek ook op die 7x57AI besluit nadat ek met oom Jimmy gesels het!

Wouter Roets het my eintlik oortuig, hy is net so erg oor die kaliber!

Willem
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: 284 Winchester

Post by DSBW »

Ludwig

Ek het erens op die forum reeds geskryf oor die .284 Win, maar hier is my ervaring weer kortliks. Ek het begin f-kklas skiet met 'n merk1 Tombe, wat ballisties vergelyk met die 7x57 Ackley. Na 2000 skote het ek besluit om oor te skakel na die .284 win, omdat dit op daardie stadium die neiging was, en omdat jy in die .284 die 168gr Berger punt min of meer 100fps vinniger kan skiet, laastens omdat jy Lapua doppe gebruik vir die .284win, ek het gesukkel om 30-06 doppe(wat jy gebruik om die tombe te vorm) in Lapua te kry, dit was pre Safari & Outdoor dae.

Ek het my eerste .284 loop afgehaal op 1300 skote. Die loop sou nog 'n ent gegaan het, miskien 2000 skote, maar dit sou fyn hantering geverg het om daar te kom. My huidige loop het so 700 skote deur.Met 'n .284 skiet jy die 168gr Berger gemaklik 2950, jy kan selfs effens oor die 3000 fps gaan, maar dit kom nader aan die maksimum ladings. Die 180gr Berger (tans die punt van keuse vir die f-klas manne) kom by 2900 fps, miskien effens vinniger, maar jy haal nie sommer 3000fps, behalwe as jy 'n onhanteerbare lang loop gebruik.

Dit is korrek dat die SA F-klas span in 2009 in Engeland die .284 geskiet het, met die 180gr punt. Die probleem was dat die Engelse span ( hulle het die span en individueel gewen) met die WSM's geskiet in 7mm, ook met die 180gr punt. Hulle het gemaklik oor 3000fps geskiet, in omstandighede wat erge wind ingesluit het, en hulle ken natuurlik hulle baan, dus was die SA span ballisties swakker af. Myns insien moes hulle die 168gr Berger gebruik het, wat hulle  meer kompeterend sou maak met die beter spoed.

As ek sou voortgaan met f-klas sou ek terug gaan na die Tombe, vir die eenvoudige rede dat hy heelwat ligter is op 'n loop, en as dit by uit en uit akkuraatheid kom ( 8 mm 5 skoot groepperings op 200 meter sonder moeite), weet ek van geen 7mm dop wat kan meeding nie. Die .284 is 'n baie lekker dop om te gebruik, jy sal jou leeftyd om skiet met die Lapua doppe (6.5 opgenek, jy kry nie standaard 7mm doppe nie), hy is baie akkuraat, hy laai baie maklik en hanteer druk uiters goed. Die dop het 'n kort nek, wat myns insiens bydra tot korter loop leeftyd as die Tombe, en ek persoonlik hou nie van die "rebated rim" nie, maar dis maar 'n persoonlike ding.

As jy hoofsaaklik kompetisie skiet met 'n .284, in gewoonlik warm omstandighede soos by ons, met ladings 80% en hoer van maksimum, gaan jy nie veel meer as 2000 skote kompeterend kry nie. As jy 'n jag geweer bou, is dit een van die lekkerste doppe om te gebruik, en jy gaan baie (3000 plus) skote kry.

Dit is kortliks, laat weet maar as ek nog kan help.

Dawie
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: 284 Winchester

Post by DSBW »

Ludwig

Ek het nagelaat om te noem dat die keuse van die regte dop uiters belangrik is as jy die geweer vir lank wil gebruik, veral in ons land. Om elke slag te verander beteken effektief by ons 'n nuwe lisensie aansoek, en om lope te kry deur ons "gunshops" is 'n baie moeilike proses, ek neem aan by julle is dit makliker?

Nietemin, kies 'n dop wat lig is op 'n loop, dit spaar jou baie moeite en frustrasie oor tyd!

Dawie
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 284 Winchester

Post by Gerhard »

Eendag as ek groot is wil ek so n reloading kamer he waar ek sommer dan en daar my ladings kan skiet en chrono en alles...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
James Wright
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 319
Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm

Re: 284 Winchester

Post by James Wright »

Ludwig wrote:

Ek het na vele leeswerk besluit om tog vir die 284 Win te gaan.
Goeie besluit!!!
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: 284 Winchester

Post by WillemS »

Ludwig

Jy sal hom geniet en as ek kyk na daai artikel wat jy geplaas het lyk dit na 'n wenner!

Willem
Post Reply