Page 1 of 1
Vortex vs Sightron
Posted: Fri Dec 16, 2016 10:47 am
by Striker.
More manne
Ek sit nou en kyk na 2 scope's. Ek wil vir my een aanskaf. Ek kyk na die Vortex HS-T 6-24x50 en die Sightron SIII SS 8-32x56 LR MOA.
Die scope gaan vir tyd en wyl op n 204 Ruger diens doen, en dalk later op n 300WSM.
Watter scope sal julle vir my aanraai en hoekom?
Gaan seker nie verder as 500m skiet nie. Gaan ook per geleentheid in die aand skiet.
Baie dankie vir die hulp.
Ek luister op die draadloos.
Groete
Re: Vortex vs Sightron
Posted: Fri Dec 16, 2016 12:06 pm
by Arnold
SIII 6-24X50
Re: Vortex vs Sightron
Posted: Fri Dec 16, 2016 2:07 pm
by Sangoma (IAN)
Da is lekker kers specials op die Sightrons onder die handelaars afdeling
Re: Vortex vs Sightron
Posted: Fri Dec 16, 2016 3:10 pm
by Capt. Yoda
Sightron
Re: Vortex vs Sightron
Posted: Sat Dec 17, 2016 3:01 pm
by ruaanb
Ek het vanoggend met n Sightron geskiet wat op n vriend se geweer is. Ek is regtig beindruk!
Re: Vortex vs Sightron
Posted: Sat Dec 17, 2016 4:17 pm
by Tallies
Verseker Sightron. Het my Vortex PST verkoop en Sightron gekoop. Sal nie weerr Vortex koop, tensy dit hulle Razor is nie.
Re: Vortex vs Sightron
Posted: Sat Dec 17, 2016 6:07 pm
by LoopSoosStroop
Sheesh "flavour of the month" much? Dink regtig nie die Vortex is soooo bad nie. Mens betaal ook heelwat minder vir 'n tweedehandse HST.
Re: Vortex vs Sightron
Posted: Sat Dec 17, 2016 6:16 pm
by Sangoma (IAN)
Flavour for the last two years...
Re: Vortex vs Sightron
Posted: Sat Dec 17, 2016 6:17 pm
by Diesel Dog
LoopSoosStroop wrote:Sheesh "flavour of the month" much? Dink regtig nie die Vortex is soooo bad nie. Mens betaal ook heelwat minder vir 'n tweedehandse HST.
Vortex in die segment is nie "soooo bad nie" hy is net nie soooo goed nie dat ek hom bo die Sightron sal kies nie.
DD
Re: Vortex vs Sightron
Posted: Mon Dec 19, 2016 10:27 am
by Kotze .204R
Sightron verseker ek het my Pst geruil vir nog n Sightron.
Re: Vortex vs Sightron
Posted: Mon Dec 19, 2016 2:16 pm
by OomMatt
Sightron SIII 6-24X50 FFP gekoop ook nadat die Vortex 6-24x50 FFP op geweer was , en is baie gelukkig met die Sightron.
Re: Vortex vs Sightron
Posted: Sun Dec 25, 2016 4:50 pm
by DeonvTonder
Menere ek wil nou nie die post hijack nie maar hoekom sal julle eerder sightron gaan ipv vortex. Rede hoekom ek vra is omdat ek kyk na die Vortex HS-T 6-24x50 en die Sightron S3 6-24x50 LRMOA
Re: Vortex vs Sightron
Posted: Sun Dec 25, 2016 5:30 pm
by Gian_dP
DeonvTonder wrote:Menere ek wil nou nie die post hijack nie maar hoekom sal julle eerder sightron gaan ipv vortex. Rede hoekom ek vra is omdat ek kyk na die Vortex HS-T 6-24x50 en die Sightron S3 6-24x50 LRMOA
Ek het n S3 6-24×50 met MOA-2 kruishaar en n PST 6-24. Sightron is FFP, Vortex is SFP.
Beide stel korrek en voorspelbaar, Sightron se turrets voel vir my beter. Vortex het weer zero stop wat sightron nie het nie, vortex is ook makliker om turret te zero.
Kruishare is beide effektief, persoonlik hou ek bietjie meer van die floating dot van die Sightron. Sou wel 1moa subtensions verkies het.
Ek is gelukkig met albei, met effe voorkeur vir die sightron. Sal maklik weer enige een van die twee koop.
Re: Vortex vs Sightron
Posted: Sun Dec 25, 2016 7:41 pm
by DeonvTonder
Gian, dankie. waar het jy die Sightron gekoop? sal darm eers die sightron onder oe wil neem en bekyk sienende dat ek nog nooit een voor my gehad het nie. Het al gelees dat die glas op die sightron beter is as die van die vortex, in jou opinie is dit so? As ek dit nie mis het nie het die Sightron ook meer interne verstelling?
Re: Vortex vs Sightron
Posted: Sun Dec 25, 2016 9:27 pm
by Gian_dP
DeonvTonder wrote:Gian, dankie. waar het jy die Sightron gekoop? sal darm eers die sightron onder oe wil neem en bekyk sienende dat ek nog nooit een voor my gehad het nie. Het al gelees dat die glas op die sightron beter is as die van die vortex, in jou opinie is dit so? As ek dit nie mis het nie het die Sightron ook meer interne verstelling?
Het die Sightron nuut by Sangoma (Ian)op die forum gekoop. Weet nie wie anders hou hulle aan nie.
Die glas op beide is vir my goed, Sightron sn dalk effe beter.
S3 FFP het 80MOA elevasie, SFP het 100. PST het 65.
Re: Vortex vs Sightron
Posted: Mon Dec 26, 2016 9:59 am
by Hansieslim
Striker...
In my opinie kan mens nie die HST met die S3 vergelyk nie. Lyk of die S3 n fyn kruishaar het. Ek het n HST en hy is op my bos geweer. Sal hom nie maklik vervang nie. As ek jy was, sou ek eerder die S3 met Vortex se PST vergelyk het (wat ook n fyner kruishaar as die HST het). My opinie.