Page 1 of 1
Mossberg haelgeweer probleme
Posted: Tue Dec 06, 2016 8:54 am
by Ashley
More julle.
Ek wil graag hoor of enige van julle wat spesifiek Mossbergs besit al probleme ondervind het met hulle;
Ons was die naweek op die skietbaan met 12boor Slugs. Die haelgeweer (wat so 2 jaar oud is en min geskiet is) het skielik begin "jamb" met amper elke skoot
Mens moet soms al jou krag gebruik om die pomp terug te gly.
Hy het ook minstens 3 keer nie die nuwe patroon gegryp uit die magasyn nadat die ou dop uit gegooi is nie??
Dit gaan mos nou glad nie werk in n selfverdedigings situasie nie
Het iemand al dit beleef, en wat het julle gedoen om dit beter/reg te kry? Ek sien n paar sulke gevalle op die internet ook waar ouens kla.
Anders is dit terug geweersmid toe....
Re: Mossberg haelgeweer probleme
Posted: Tue Dec 06, 2016 8:57 am
by Witpietskiet
Doen hy dit net met slugs of ander patrone ook?
Re: Mossberg haelgeweer probleme
Posted: Tue Dec 06, 2016 9:02 am
by Ashley
Hy het dit nooit met 7 1/2 hael gedoen nie.
Dit het begin met die slugs. Toe gooi ek n paar "AA" buck shot rondtes in ook om te kyk en dit was soortgelyke probleme.
Re: Mossberg haelgeweer probleme
Posted: Tue Dec 06, 2016 10:02 am
by Witpietskiet
Iets klink nie reg nie, vat hom maar in dat daar na hom gekyk kan word.
Re: Mossberg haelgeweer probleme
Posted: Tue Dec 06, 2016 2:00 pm
by Plaashaas
Ashley wrote:.
Anders is dit terug geweersmid toe....
Hoekom was hy die vorige keer daar?
Re: Mossberg haelgeweer probleme
Posted: Tue Dec 06, 2016 3:21 pm
by Ashley
Net vir n paar kosmetiese veranderinge soos gun kote ens...niks wat ek glo iets met die probleem te doen het nie.
Die geweer het al 1 keer voor hy geweersmid toe was ook die probleem gehad maar ek het dit as n hopenlike "one time yhing" gesien.
Ek het bietjie gaan oplees; sal eers die kamer mooi skoon maak, kyk of die loop/magasyn boud nie te styf vas is nie en ander ammo ook probeer
Re: Mossberg haelgeweer probleme
Posted: Tue Dec 06, 2016 5:44 pm
by THOMAST
Het joune 'n enkel of dubbel "Slide Rail"?
Re: Mossberg haelgeweer probleme
Posted: Tue Dec 06, 2016 7:02 pm
by Beretta
Polish jou kamer en skiet low brass dan sal hy werk
Beretta
Re: Mossberg haelgeweer probleme
Posted: Tue Dec 06, 2016 7:12 pm
by WesMerw
Dalk n dom vraag maar is die rondtes wat probleme gee dalk langer as die 7 1/2 wat gewerk het?
Re: Mossberg haelgeweer probleme
Posted: Tue Dec 06, 2016 8:47 pm
by Beretta
Onthou jy kry twee lengtes patrone
Re: Mossberg haelgeweer probleme
Posted: Tue Dec 06, 2016 9:13 pm
by Ashley
THOMAST wrote:Het joune 'n enkel of dubbel "Slide Rail"?
Bedoel jy arms/rails aan die kante van die mag tube?... Daar is 2, 1 aan elke kant
Re: Mossberg haelgeweer probleme
Posted: Tue Dec 06, 2016 9:17 pm
by Ashley
WesMerw wrote:Dalk n dom vraag maar is die rondtes wat probleme gee dalk langer as die 7 1/2 wat gewerk het?
Yes, hulle is almal 70mm / 2
3/4 rondtes
Re: Mossberg haelgeweer probleme
Posted: Wed Dec 07, 2016 8:08 am
by Boersonderroer
Het jy al weer 7 1/2 geprobeer na jy die AA en slugs geskiet het? (Jam hy nou met alle koeels?)
Hoe oud is die slugs en AA? My pompaksie het al paar keer gejam met ou patrone (daai rooi papier tipe).
Kyk ook wat is die verskil in lading. Die 7 1/2 behoort 26 of 28 gr te wees en die slugs so 32gr
Re: Mossberg haelgeweer probleme
Posted: Wed Dec 07, 2016 8:41 am
by Ashley
Beretta wrote:Polish jou kamer en skiet low brass dan sal hy werk
Beretta
Dankie Beretta.
Ja hoe meer ek oplees en Google en Youtube hoe meer lyk dit my dat n kamer polish dalk die job gaan doen!
Boersonderroer wrote:Het jy al weer 7 1/2 geprobeer na jy die AA en slugs geskiet het? (Jam hy nou met alle koeels?)
Hoe oud is die slugs en AA? My pompaksie het al paar keer gejam met ou patrone (daai rooi papier tipe).
Kyk ook wat is die verskil in lading. Die 7 1/2 behoort 26 of 28 gr te wees en die slugs so 32gr
Dis reg boer, die 7 1/2 (28gram) werk mooi teenoor die 34gram Slugs.
Ek gaan ook afgaan na 32gram of self 28gram slugs en hom so ook probeer.
Dankie julle!