Page 1 of 1

KNOFFELBROOD met room

Posted: Mon Aug 01, 2011 9:58 am
by Frikkiedbr
KNOFFELBROOD met room

BESTANDDELE
?        1 kg Vetkoek deeg - deeg wat by "Spar/Checkers" te koop is.
?        500 (Vyf honderd) ml Ultramel room /enige ander volroom
?        Kaas - Soveel soos wat jy wil insit
?        Gebraaide spek (opsioneel)
?        Gekapte swart olywe (opsioneel)
?        Knoffel - Soveel soos wat jy wil insit

METODE
1.      Maak die deeg in lang vorm (soos 'n brood),
2.      Sny dit in die middel oop (in lengte), voeg kaas, knoffel, ens. In en druk die deeg toe.
3.      Draai die deeg om met gesnyde Kant na onder
4.      Plaas die deeg in gesmeerde broodpan /oondpan (pan moet diep wees)
5.      Gooi 375 ml room oor die deeg,
6.      Strooi bietjie kaas en paprika Bo-oor
7.      Vooraf verhit die oond tot 180 grade,
8.      Bak ongeveer uur .
9.      Gooi die laaste room oor  - 5 minute voor die brood uitgehaal word.

Die warm brood kan in die room in pan gedoop word soos dit ge?et word of opgesmeer word.
Hoe langer die brood in die room l? hoe lekkerder!

Re: KNOFFELBROOD met room

Posted: Mon Aug 01, 2011 11:50 am
by ablm468
Stadsjapie

Hy klink lekka daai broodjie, gaan hom die naweek gaarmaak.

Sal jou laat weet hoe loop hy.

Hansman

Re: KNOFFELBROOD met room

Posted: Wed Aug 10, 2011 12:47 pm
by Hugo
Ons het die outjie die naweek gebak, dis ongelooflikke lekker brood, al wat sleg was is die binnegoed het uitgeloop, wonder as mens dit in knie of hy nie beter sal werk nie.

Re: KNOFFELBROOD met room

Posted: Wed Aug 10, 2011 1:01 pm
by PITSMIT
hy gaan ook gemaak word definitief