Page 1 of 1
Gesoek - dooie pofadders vir navorsing
Posted: Sun Nov 27, 2016 10:34 pm
by hierswolf
'n Vriendin van my is besig met haar PhD en doen navorsing op pofadders. Sy het genoeg lewendes maar kort dooies vir van die navorsing.
Soos julle kan in dink, kan sy vir etiese redes nie pofadders aanvaar wat dood gemaak was nie, dus moet hy klaar dood wees wanneer jy hom kry. Geen slange wat .22 gaaitjie het of waar die kop en lyf van mekaar verwyder is nie.
Roadkill is ook goed genoeg.
Sy is bereid om redelik baie moeite te doen om dit te kry so as julle een kry laat weet asb via 'n PM en ons sal plan maak om dit by jou te kry.
Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing
Posted: Mon Nov 28, 2016 4:59 am
by Heinz Petersen
Hierswolf, waar in die wye wereld is jy. Daar by my in die Tankwa kry ek heelwat van hulle in die langkamp. As jy hulle lewendig wil kry is jy welkom om hulle te kom vang.
Sit jou blyplek se naam by jou avetar. Dit maak dit soveel makliker vir ons manne om jou te kontak.
Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing
Posted: Mon Nov 28, 2016 6:42 am
by blaser
sy moet die lewendiges vir my bring dan sal sy dooies terug kry
Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing
Posted: Mon Nov 28, 2016 7:16 am
by hierswolf
Heinz Petersen wrote:Hierswolf, waar in die wye wereld is jy. Daar by my in die Tankwa kry ek heelwat van hulle in die langkamp. As jy hulle lewendig wil kry is jy welkom om hulle te kom vang.
Sit jou blyplek se naam by jou avetar. Dit maak dit soveel makliker vir ons manne om jou te kontak.
Ek is in Joburg wanneer ek werk en op die my plaas buite Kroonstad die res van die tyd.
As jy 'n dooie een teekom laat weet asb.
Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing
Posted: Mon Nov 28, 2016 10:51 am
by Klein Chris

Begin te lag - laat my terug dink aan die ou in basies wat n dooie pofadder in sy bed gekry het

Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing
Posted: Tue Nov 29, 2016 11:31 am
by FHM
Wag dat die bokkespan terugkeer van hulle toer - vat n piekniekmandjie saam, vat 2 saam!
Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing
Posted: Tue Nov 29, 2016 11:41 am
by wlm
Wat van 'n mens wat hom doodgeskrik het vir 'n pofadder?? Sy kan mos op hom ook navorsing doen.
Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing
Posted: Tue Nov 29, 2016 11:44 am
by hierswolf
wlm wrote:Wat van 'n mens wat hom doodgeskrik het vir 'n pofadder?? Sy kan mos op hom ook navorsing doen.
Dis nos 'n natuurlike dood, so kan nie sien dat daar 'n etiese probleem sal wees nie...
Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing
Posted: Tue Nov 29, 2016 11:48 am
by wlm
Is waar swaer.