Hier in Porterville is ?n ou van natuurbewaring, wat my iets interessant vertel het.
Die luiperds wat hier in Piketberg, Clainwilliam ens voorkom is maar ?n klein katjie van so tussen 35 ? 42kg, terwyl die menere van Namibie weer groot katte is.
Hy vertel my dat met die stel van hulle hokke hulle al gewoond is aan die klein katjies tot op ?n dag toe vang hulle in Clainwilliam ?n meneer van in die 60kg. Hulle was heel verbaas, maar met ?n ondersoek na die kat vind hulle toe dat die meneer nie ooreenstem met die plaaslike katte nie. Hulle stel toe nog hokke en weer vang hulle hierdie biellies. Hulle besluit toe om die katte te ?tag? en te volg.
Die resultaat was verdstommend. Na aanleiding van die GPS spoor migreer hierdie katte uit Namibie via die klowe verby Calvinia, van Rhynsdorp af Kaap toe waarna hulle weer terug migreer.
Na wat verneem word het hulle die boere oor wie se grond die katte migreer ingelig, waarna die boere gemeld het dat oor die periodes wat die katte deur hul grond beweeg hulle geen jakkals of rooikat problem gehad het nie.
Wat ek kan aflei is dat luiperds maar seker of skoonmaak soos hulle deur beweeg en/of hulle teenwoordigheid die teritoriale katte en jakkalse tydelik laat spaander. Ek weet vir ?n feit dat luiperds nie ander katte in hul gebied duld nie, maar jakkalse was vir my verbasend.
Luiperds
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Luiperds
AvibusAvibus wrote: ....Na wat verneem word het hulle die boere oor wie se grond die katte migreer ingelig, waarna die boere gemeld het dat oor die periodes wat die katte deur hul grond beweeg hulle geen jakkals of rooikat problem gehad het nie....
Kyk van roofvo?ls en die jag daarmee weet ek niks. Van luiperds, jakkalse, rooikatte en met skaap in Namibi? boer weet ek bietjie meer. As enige iemand dink 'n luiperd gaan sy jakkals en rooikat probleme oplos, moet hy weer dink! Ek het die grootste respek vir die vermoe? van die luiperd soos jy seker by die fototjie onder my naam kan sien. Dat hy nie die beste vriend van 'n jakkals is nie, betwyfel ek ook nie. Maar dat hy gaan verhoed dat jakkalse jou skaap vang is wensdenkery.
Ek het bitter baie kilometer in my lewe luiperd spore gevolg. Di? groot katte is nog relatief algemeen hier by ons. Jy kan die afstande wat hulle in 'n nag afl? nie glo nie, dis v?r. So kom jy nogal iets van hulle te wete. Daar is nie 'n manier wat 'n luiperd, wat meeste van die tyd alleen is, tyd en energie gaan spandeer om jakkalse te jag nie. Ek vermoed dat ouer luiperds ook 'n voorkeur prooi het, maar weet nie dat jakkals hulle hoofdis is nie. Ons het hierdie onderwerp al meer as een keer hier op die forum bespreek en wil nie graag alles herhaal nie. So hierby sal ek volstaan - dink weer voor jy glo luiperds is die oplossing vir jakkals probleme.
Groete
Louis
Ns. Great foto!
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Ambessa
Re: Luiperds
Hallo Avibus
Laat weet 'n bietjie?
Ambessa
Volgens die ouens (QM) van CLT is hierdie "kleiner" luiperds (populasie) redelik afgesny van die "groter" luiperds in die noordelike en oostelik groeperings. Weet hulle hiervan of kom die info van hulle af?Avibus wrote:...vertel my dat met die stel van hulle hokke hulle al gewoond is aan die klein katjies tot op ?n dag toe vang hulle in Clainwilliam ?n meneer van in die 60kg. Hulle was heel verbaas, maar met ?n ondersoek na die kat vind hulle toe dat die meneer nie ooreenstem met die plaaslike katte nie. Hulle stel toe nog hokke en weer vang hulle hierdie biellies. Hulle besluit toe om die katte te ?tag? en te volg.
Die resultaat was verdstommend. Na aanleiding van die GPS spoor migreer hierdie katte uit Namibie via die klowe verby Calvinia, van Rhynsdorp af Kaap toe waarna hulle weer terug migreer.
Laat weet 'n bietjie?
Ambessa
- Chris101
- Sr. Member

- Posts: 390
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am
Re: Luiperds
Sal nogal laaik om van daai migrasie infou in die hande te kry.
Veral waar en hoe hulle die oranje rivier oorsteek.
Dat hy egter jakkie en rooikat verdryf is maar net gissings.
Het al al 3binne 2 km van mekaar ingeroep .
Veral waar en hoe hulle die oranje rivier oorsteek.
Dat hy egter jakkie en rooikat verdryf is maar net gissings.
Het al al 3binne 2 km van mekaar ingeroep .
Knou die gediertes AF.
-
Avibus
Luiperds
Hi Chris en Ambessa
Jaco van Deventer op Porterville het my laat verstaan dat met hulle analise hulle die "Kaapse" kleiner luiperd apart wil laat groepeer as gevolg van verskeie feite, maar dat dit maar bars sal gaan.
Ek glo niemand moet die aanname maak dat luiperds 'n oplossing vir jakkalse en rooikatte is nie, maar die teenwoordigheid van hierdie dier moet defnitief 'n invloed op die diere h?.

Liggaamsgrootte van diere word natuurlik bepaal deur gentika soos dit tot uiting kom in 'n omgewing (waarvan voeding 'n baie groot rol speel).
Hierdie beginsel (volwasse grootte) hou ook implikasies vir die rooijakkals en rooikat in.
Ambessa
Ek vermoed dit is eintlik QM van die CLT wat dit so graag wou he. Maar as die migrasie van luiperds korrek is (selfs deur die groot rivier of dit nou Oranje of Gariep is) dan is die bietjie hoop wat daar was plein en poerels in sy mo..!Avibus wrote:...op Porterville het my laat verstaan dat met hulle analise hulle die "Kaapse" kleiner luiperd apart wil laat groepeer as gevolg van verskeie feite, maar dat dit maar bars sal gaan.