Page 1 of 1
Hernuwings
Posted: Mon Nov 21, 2016 8:12 pm
by Apie
Naand manne
Ek moet nou my lisensies begin hernu.
Watse dokumentasie benodig mens alles?
Of is dit 'n volle nuwe aansoek van voor af?
Iemand wat al.deur die proses is?
Byvoorbaat dank
Sent from my D5803 using Tapatalk
Re: Hernuwings
Posted: Mon Nov 21, 2016 8:13 pm
by Toyrsi
Dit is maar soos n nuwe aansoek.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Hernuwings
Posted: Mon Nov 21, 2016 8:56 pm
by Cobus(Cobb)
beste is....gaan DFO toe, hulle gee jou 'n lys van wat als....
Easy peasy gewees
Re: Hernuwings
Posted: Tue Nov 22, 2016 8:34 pm
by katjak
ID boekie
Bevoegdheid sertifikaat
Vuurwapen lisensie
2 briewe waar jy jag
Sa jagters lidmaatskap sertifikaat
2 kleur fotos
R70.00
Re: Hernuwings
Posted: Wed Nov 23, 2016 7:22 am
by Baasvark
Apie wrote:Naand manne
Ek moet nou my lisensies begin hernu.
Watse dokumentasie benodig mens alles?
Of is dit 'n volle nuwe aansoek van voor af?
Iemand wat al.deur die proses is?
Byvoorbaat dank
Sent from my D5803 using Tapatalk
Watse wapens het jy?
Ek moes my bevoegdheid hernu omdat my handwapen een van die wapens was wat hernu moes word....
Re: Hernuwings
Posted: Wed Nov 23, 2016 8:30 am
by Klein Chris
Beste is gaan maak n draai by jou DFO en hoor wat soek hulle - kry sommer die SAPS vorms ook
Onlangs my handwapen gaan hernu:
ID boekie
Bevoegdheid sertifikaat + afskrif
Vuurwapen lisensie + afskrif voor en agter kant
Motivering oor hoekom ek die wapen nog steeds nodig het
4 kleur fotos
R140.00
Maak asb seker dat jy dit voor 90 kalender dae doen - die persoon wat my hernuwing ontvang het, het die dae gaan fisies gaan tel en dit nadat ek die persoon vertel het dit is 112 dae (net my kop geskud)
Lisensie het in September verval en nuwe 1 in November gekry
Re: Hernuwings
Posted: Wed Nov 23, 2016 8:30 am
by Apie
Ek het 'n paar.(handwapen, haelgeweer, semi outo, jaggewere)
Eerste hernuwing is 9.3x62
Ek het die nuwe bevoegdhede reeds(die papier sonder die vervaldatums nie die kaartjies nie)
Sent from my D5803 using Tapatalk