Page 1 of 1

Goeie dag almal

Posted: Fri Jul 29, 2011 1:59 pm
by gerritdry
Hallo. My naam is Gerrit en ek is van Bloemfontein in die Vrystaat. Ek was al op so paar jagtogte saam met vriende en familie.
Ek wil egter nou graag my eie jaggeweer koop wat geskik sal wees oor langer afstande in die Vrystaat asook in die Bosveld op kort afstand.
Gaan geweer gebruik op wild wat insluit vlakvark, rooibok en blouwildebees.

Watter kaliber sal die kenners aanbeveel vir my?

Dankie, ek hoor graag van julle.

Groete
Gerrit

Re: Goeie dag almal

Posted: Fri Jul 29, 2011 2:04 pm
by DawieKotze
Baie welkom hier Gerrit!

Oor watter kaliber jy moet koop sal ek liewer nie praat nie - jy gaan net te veel verskillende opinies kry  ;)

Maar 'n 30-06 sal vir jou 'n goeie begin wees. Sorg net dat jy altyd met premium koe?ls jag en sit die skoot waar dit doodmaak (dan maak kaliber nie eintlik saak nie  ;D )

Re: Goeie dag almal

Posted: Fri Jul 29, 2011 2:20 pm
by Problem Animal Control
Welkom Gerrit
Hier kom n ding,verskoon tog Madako,die man soek raad dan se jy n 30nul kwes is n goeie begin. Ek kry sommer n rilling as ek daai naam skryf. ;D Grap net. ;D Op n ernstiger nood,Gerrit,jy kan n verskeidenheid gewere koop vir wat jy wil doen,270,308 en daai een wat ek nie graag wil noem nie. Op die ou end van die dag gaan dit oor bekostigbaarheid,oefening en skootplasing.
Groette
PAC

Re: Goeie dag almal

Posted: Fri Jul 29, 2011 3:17 pm
by BLOK
Baie welkom jy gaan dit geniet hier.

Blok

Re: Goeie dag almal

Posted: Fri Jul 29, 2011 7:54 pm
by douw
Baie welkom "ouboet"

Geniet die forum. Die manne hier gee goeie raad, en gesels lekker.

Sien jou volgende naweek. Groete vir ma en pa.

Douw

N.S  Koop nou maar 'n Howa 300wm of 338wm dan sukkel jy nie

Re: Goeie dag almal

Posted: Fri Jul 29, 2011 9:40 pm
by Monrique (SJ)
Gerrit

Baie welkom hier by ons, hoop dat jy dit sommer baie sal geniet.


Groetnis

Re: Goeie dag almal

Posted: Fri Jul 29, 2011 10:59 pm
by theedge
Hi en baie welkom

Re: Goeie dag almal

Posted: Sat Jul 30, 2011 8:10 am
by JPS
Gerrit,

Welkom. Moet met jou "jongboet" saamstem oor daai .300.

PAC: Gerrit wil ook williedoodbees in bosveld skiet. Gaan kyk bietjie hoeveel plase laat nou nie toe dat jy BWB skiet met kleiner as .30 nie. Dus gaan daai .270 nie deug vir hom nie.

Groete
JP

Re: Goeie dag almal

Posted: Sun Jul 31, 2011 6:49 pm
by james 303
Baie welkom geniet dit

Re: Goeie dag almal

Posted: Mon Aug 01, 2011 9:43 am
by gerritdry
Baie dankie almal,

Kan sien ek gaan dit geniet hier en sommer baie leer.

Het tog maar 'n 300wm in gedagte.

Dankie vir die raad.

Groete
Gerrit

Re: Goeie dag almal

Posted: Mon Aug 01, 2011 1:28 pm
by PITSMIT
welkom gerrit

.308  of .270  jy kan nie fout maak nie

geniet dit hier

Re: Goeie dag almal

Posted: Mon Aug 08, 2011 1:08 pm
by BLOUVALKIE
Hallo oom gerrit

geniet dit hier

groete
BLOUVALKIE