Page 1 of 1

Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Mon Nov 14, 2016 6:36 pm
by Apie
Middag Manne

My lisensie is uiteindelik goedgekeur.

Geweer is standaard met houtkolf.

Watse opgraderings stel julle voor om die ou bietjie meer windgat te maak.

Dit moet praktiese modifikasies wees.
Ek gaan Sadpa Dmg ook skiet met hom en wil hom toerus om in 'n selfverdediging situasie prakties te wees


Goed soos kolf, peep sights, lig

Ek.sien uit na julle insette

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Mon Nov 14, 2016 8:05 pm
by BeesBreet
Ek volg ook graag

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Mon Nov 14, 2016 10:27 pm
by Arnold
Ammo en oefen is altyd n baie praktiese opgradering ;)

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Tue Nov 15, 2016 6:19 am
by Apie
Arnold wrote:Ammo en oefen is altyd n baie praktiese opgradering ;)
Ek weet grapjas!

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Tue Nov 15, 2016 6:22 am
by Arnold
Ek het self so geweertjie en behalwe vir n ander kolf wat beter stampe en stote kan vat kon ek nognie regtig aan iets dink om hom beter te maak nie.

Oorweeg dalk side saddle vir ammo
http://www.midwayusa.com/product/386040 ... -600-black

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Tue Nov 15, 2016 6:27 am
by Apie
Dankie

Watse kolf stel jy voor?

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Tue Nov 15, 2016 7:15 am
by Arnold
Ek het nognie regtig verder as die magpul kolwe gekyk nie maar dink Hogue sal ook goed werk in die geval.

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Tue Nov 15, 2016 8:31 am
by zipp
Doen eers ordentlik huiswerk oor side saddles. Twee weeke terug gesien hoe n ou se side saddle al die patrone laat uitval soos hy skiet en oorhaal (nie gevra watse maak nie.). Gehalte is belangrik!
n Relatiewe goedkoop opsie is n elPaso kolf kous met 12br ammo lusse.

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Tue Nov 15, 2016 9:51 pm
by Vaalbos
Hier is a Mossberg 500 Riot met byvoegings.

Magasyn pyp is 1" wat dit maklik maak om klomp monterings vas te maak.

Fotos wys 2 x 90* Picatinny Rails op 1" ring op magasyn gemonteer.

Cree Flits aan linker kant wat deur linker duim aan en af gesit word.

Combo Lazer/Flits aan regter kant met druk skakelaar op die laaigreep.

Pachmayr pistol grip kit.

Paralaks met lazer het min invloed as dit ingestel is v so 30m.

Gebruik en beproef in praktyk met LG of SSG. Nog nooit slugs daarmee probeer nie.

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Wed Nov 16, 2016 8:05 am
by Apie
Spoggerig!

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Wed Nov 16, 2016 9:18 am
by Ashley
My Mossberg88 is nou by die geweersmid om ge"pimp" te word;

Hy word kompleet ge-HYDRO Dip in bosveld camo.
Hy kry n adjustable cheekpiece, ook ge-Hydro dip (verkry by JungleJulian)
Hy kry n nuwe "fibre optic front sight"(sal n 2dot agter ook opsit indien nodig)
Hy kry ook n nuwe camo skouer belt.

Die opgraderings gaan hom nie noodwendig beter/akkurater maak nie, en soos bo genoem is oefen, oefen, oefen die beste medisyne vir enige geweer...
Ek dink net die "upgrades" wat ek doen gaan hom meer persoonlik maak vir my, en is iets wat ek al lank terug wou doen.

Sal fotos plaas sodra hy klaar is.

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Wed Nov 16, 2016 9:38 pm
by Beretta
Laai hom lg en ssg en dan met aaa dan maak hy mooi
Beretta

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Thu Dec 15, 2016 5:29 pm
by Apie
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161215/e639807ecad4982ac0abdbee15730dcf.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20161215/2d625d852e065b7685553500faa3ded0.jpg


My Mossberg 500A met Nextorch 200 Lumen flits met mount en sling wat ek by Tactical Quartermaster gekoop het

Gelaai met SG


Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Thu Dec 15, 2016 7:50 pm
by Plaashaas
Nice manne.

My setup is baie dieselfde. Ek het net nog n side saddle vir nog ammo, ook by Tactical Quatermaster gekoop, op die kolf. Ek gebruik die 3x3 ammo. 9x9mm balle in. Efektief tot op so 30m. Daarna sprei dit maar kwaai

Net n nota oor die flits, monteer hom sover moontlik voor, sodat jou loop en mag tube nie n skadu veroorsaak nie. Dit lyk vir my julle het n blinde kol.

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Fri Dec 16, 2016 3:03 pm
by Apie
Plaashaas wrote:Nice manne.

My setup is baie dieselfde. Ek het net nog n side saddle vir nog ammo, ook by Tactical Quatermaster gekoop, op die kolf. Ek gebruik die 3x3 ammo. 9x9mm balle in. Efektief tot op so 30m. Daarna sprei dit maar kwaai

Net n nota oor die flits, monteer hom sover moontlik voor, sodat jou loop en mag tube nie n skadu veroorsaak nie. Dit lyk vir my julle het n blinde kol.
Dankie vir die raad.
Ek het nogal moeite gedoen met die montering.

Hom geskuif so naby as moontlik aan die voorgreep sonder om blinde kolle te maak.
Het my nogal n tydjie gevat om te monteer, lig aan te sit, aksie werk en kyk of die flits maklik bereikbaar os met linker duim.

Sal vanaand dalk n donker foto met lig aan probeer neem.

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Fri Dec 16, 2016 9:47 pm
by Plaashaas
Ja Apie dit n catch 22 situasie, mens moet die flits kan by kom, as jy nie n remote switch op die front grip het nie, sonder om skadu of aksie probleme te he

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Sat Dec 17, 2016 11:42 am
by dorsland
Hier is my Fabarm 12br pomp. Cerakote, kolfkous met patrone en NikkoSterling flits.

Moenie patrone in jou sling dra nie. Hy swaai rond en lol met jou mik.

[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/2016121 ... d511d5.jpg[/IMG]

[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/2016121 ... c71a8d.jpg[/IMG]

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Mon Dec 19, 2016 8:40 pm
by Apie
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161219/83695e6abd1e774fb15e176b49aa8f6e.jpg

Foto in gang geneem, sprei lyk vir my heel gaaf.

Gang 14 meter lank

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Mon Dec 19, 2016 8:49 pm
by Plaashaas
Apie

Sien jy die geweer skaduwee aan die regterkant? In die gange reflekteer die liglekker vanaf al die mure, vloer en plafon maar sodra jy buite is gaan daar n donker skadu kol regs wees.

Re: Mossberg 500 Opgraderings

Posted: Tue Dec 20, 2016 6:04 am
by Apie
Plaashaas wrote:Apie

Sien jy die geweer skaduwee aan die regterkant? In die gange reflekteer die liglekker vanaf al die mure, vloer en plafon maar sodra jy buite is gaan daar n donker skadu kol regs wees.
Sien hom, sal net buite toets ook as die bure gaan slaap het.....

Sent from my D5803 using Tapatalk