Page 1 of 1
Kaliber ge lol
Posted: Wed Nov 09, 2016 9:42 pm
by Durand
Ek het vrydag my aansoek gaan ingee vir 7.62 (308) by die polistasie. Gister n oproep van die dame gekry wat se die kaliber is geblok op hulle systeem en dat Ek n brief van n geweersmit moet kry. Ek Kon nie Baie informasie uit haar kry net dat Ek n brief moet kry by geweersmit. Ek Koop die geweer privaat. Nou vra Ek net bietjie advies. Moet Ek die geweer by n geweersmit kry net om die kaliber te bevestig of hoe gemaak. Het dit al met ander lede gebeur.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Kaliber ge lol
Posted: Wed Nov 09, 2016 9:44 pm
by Durand
Die kaliber is geblok. Skies bietjie spelling dop hou op outo correct
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Kaliber ge lol
Posted: Fri Nov 11, 2016 7:46 am
by vriell
Kry sertifikaat by geweersmit bevestig oorsprong van wapen sowel bevestiging van kaliber. Dit gebeur gewoonlik wanneer oorspronklike lisensie as "onbekend" op lisensie verskyn...Juis nou besig met selfde situasie...
Re: Kaliber ge lol
Posted: Fri Nov 11, 2016 10:46 am
by Alwin
Dit gebeur ook as die kaliber-aanduiding op jou SAPS271 verskil van die ene op die sisteem. Onthou dat hulle 308Win, 7,62mm en 7,62x51 as verskillende kalibers (en kaliber-kodes) gelys het op hulle sisteem.
Vat maar die geweer saam na die geweersmid toe. Sommige winkels kan ook so 'n sertifikaat uitreik.
Re: Kaliber ge lol
Posted: Fri Nov 11, 2016 10:50 am
by ruaanb
Toe ek onlangs vir 222 aansoek gedoen het het my dfo my aangeraai om kaliber presies soos vorige eienaar se lisensie op te sit anders gebeur die. so my 222 Rem is n 222 rifle.
Re: Kaliber ge lol
Posted: Fri Nov 11, 2016 2:21 pm
by Fanta300
Stem saam met Ruaan. Daarom sit ek nou met 9mm Para met 9mm Kort op my lisensie. Sal nou maar die lang pad loop om inligting te laat regstel op die stelsel.
Re: Kaliber ge lol
Posted: Fri Nov 11, 2016 6:32 pm
by Durand
Dis presies wat Ek gedoen het. Op die vorige eienaar se lisensie is dit aangedui as n musgrave kaliber 7.62. Presies soos hy op sy lisensie is
Sent from my iPhone using Tapatalk