Page 1 of 1
Fair chase en Foute van handwapen dra!
Posted: Mon Nov 07, 2016 7:38 am
by Carl
Hier is 56 baie goeie riglyne! LET WEL Suid Afrika se wet vereis nie "Concealed" nie dit is slegs "covered". Dink daaraan as jy met jou geweer in 'n sak verby die Tribecca en Cycle Works stap oppad na S & O Pta - covered not concelead. Dit is egter beter om so min as moontlik te wys (die tipe advies wat jy vir jou matriek dogter gee voor sy met bikini strand toe gaan).
https://www.usafirearmtraining.com/safe ... -mistakes/
Re: Fair chase en Foute van handwapen dra!
Posted: Mon Nov 07, 2016 9:38 am
by Pappabeer
Hoe presies is die covered van toepassing op n handwapen? Ek wonder noggal gereeld daaroor as n Rambo hier op die dorp met sy pistool oop en bloot op sy heup rondloop. Die Taxi bestuurders hier is ook lief daarvoor om hulle handwapens opsigtelik te dra.
Ek het maar nog altyd my eie handwapen heeltemal conceal.
Re: Fair chase en Foute van handwapen dra!
Posted: Mon Nov 07, 2016 9:52 am
by Carl
Carl wrote:Dit is egter beter om so min as moontlik te wys (die tipe advies wat jy vir jou matriek dogter gee voor sy met bikini strand toe gaan).
Moet ek prentjies opsit?
Oop en bloot op die heup is heeltemal teen die wet. #1 dit is brein dood dom. #2 as dit nie was vir slap gat SAPS nie, moes die persoon vermaan word of dan arresteer word. Dis wel wettig in sekere state in die VSA
Die beginsel wat ek wil tuis bring as jy 'n SA 'n wardrobe mishap het
http://www.thescottishsun.co.uk/scotsol ... -trip.html is dit nie onwettig nie. Soms druk ("print") die wapen teen jou hemp. Dit is "covered" maar nie "concealed" nie.
Ons moet ook die onderskeiding verstaan volgens wet en nie vasgevang raak in die VSA terminologie nie.
Re: Fair chase en Foute van handwapen dra!
Posted: Mon Nov 07, 2016 2:11 pm
by Pappabeer
Nee Carl ek stem saam dat dit breindood dom is. Dus my vraag, ek wil werklik weet wat ons wet sê. Ek het ook verstaan toe ek destyds bevoegdheid gedoen het dat hy bedek moet wees.
Re: Fair chase en Foute van handwapen dra!
Posted: Mon Nov 07, 2016 2:38 pm
by Boersonderroer
Ironies genoeg moet jy 'n spesiale permit hê om jou wapen weg te steek in meeste VSA state waar jy meestal hom openlik kan dra.
Re: Fair chase en Foute van handwapen dra!
Posted: Mon Nov 07, 2016 2:59 pm
by Carl
Pappabeer wrote:Nee Carl ek stem saam dat dit breindood dom is. Dus my vraag, ek wil werklik weet wat ons wet sê. Ek het ook verstaan toe ek destyds bevoegdheid gedoen het dat hy bedek moet wees.
Dewald dis hoekom ek nou die mense laat vaar wat op hulle fone klets/tik - hulle het geen situasie bewustheid (!? soek goeie Afr daarvoor) nie. Dus word hulle geteiken deur die hijackers en gryp diewe...wonderlike voorbeeld van evolusie wat dinge uitsorteer.
Die man met die rollie oppie heup word ook gouer uitgehaal. Die sleg daarvan vuurwapen in kriminele se hande.

Re: Fair chase en Foute van handwapen dra!
Posted: Mon Nov 07, 2016 3:00 pm
by Carl
Boersonderroer wrote:Ironies genoeg moet jy 'n spesiale permit hê om jou wapen weg te steek in meeste VSA state waar jy meestal hom openlik kan dra.
'Murica dinge is snaaks daar. Ek weet van heelparty mense wat hulle beskuit in die koffie sal laat val as hulle weet mens dra.
