ELLISRAS VUURWAPENFEES 27 AUG 2011
Posted: Tue Jul 26, 2011 9:41 pm
ELLISRAS VUURWAPENFEES: 27 Augustus 2011
Baie van die lede op hierdie forum het al gehoor van ons jaarlikse Vuurwapenfees.
Vir die wat nog nie gehoor het nie, hier is 'n bekendstelling.
Die Ellisras Vuurwapenfees is 'n jaarlikse gebeurtenis waar lede van die publiek die kans kry om met verskillende vuurwapendissiplines kennis te maak. Ons bied reeds 13 jaar die Fees aan.
Dit vind plaas op die Knapskoot Skietbaan, 40 km vanaf Ellisras (Lephalale) op die Steenbokpanpad.
Items:
ProAmm groeperingskiet: Hierdie is ons hoofitem. Met bona fide jaggewere kry skuts die geleentheid om 'n groepering met PMP ammunisie te skiet. Alle geweerkalibers deur PMP/ProAmm vervaardig word gebruik. Vanaf betontafels, oor sandsakke word drieskootgroeperings geskiet.
Pryse te wen in kaliberklasse, asook algehele wenners, dames en junior kategoriewenners.
Ons het pas ons getal tafels vermeerder tot 14, wat nog meer skuts die geleentheid sal gee om deel te neem.
Ongeveer 500 teikens word op die dag geskiet.
BASA: Die grootkaliberitem word aangebied deur BASA (Big Bore Association of SA):
Vanf 9,3 mm (.366) kwalifiseer om hier te skiet.
Die baan is 'n grootwildjagsimulasie. Die puntetelling word bereken met 'n formule wat akkuraatheid, ko?elenergie en hanteringsvaardigheid in ag neem. Die eerste prys hier is 'n jagpaket in die Tuliblok, Botswana.
Aktiewe Jagbaan:
Op hierdie baan word ook 'n jagsimulasie oefening geskiet. Dit is die tuiste vir diegene wat nie grootkalibers besit nie, maar ook wil jag. Op hierdie baan word met .22 randslag geskiet. Die eerste prys hier is 'n blouwildebeesjag in die Ellisras distrik.
Kleipieringskiet:
So jy kan nie mis met 'n haelgeweer nie? Kom bewys dit op ons kleipieringbaan.
12 boor haelgewere, jou eie of 'n leenwapen word hier gebruik.
Handwapenskiet:
Ervare instrukteurs het die uitdaging aanvaar: Stel 'n baan op wat vir handwapeneienaars van alle vlakke iets sal bied.
Eie wapen en ammunisie: bring jou .38 snubbie of .40 Glock.
Junior skietopleiding:
Van 5 tot 18 jariges word opgelei met .22 gewere deur lede van die plaaslike tak van die SA Jagtersvereniging.
Hier kan ons sien dat die Vuurwapenfees iets bied vir die hele gesin.
Voorlaaierskiet:
Ook hier is daar geleentheid vir nuweling en ervare skut om met die gewere van lank gelede te kan skiet.
Op hierdie baan bied ons ook die Martini-Henry item aan. Die bekende koeelvervaardiger Ken Stewart is daar om eienaars van die ou gewere te help om hulle ou gewere weer te laat skiet. Doppies en koeels word voorsien, die herlaaipers is daar. Skuts bring julle eie gewere, slagdoppies en swartkruit.
Boer en Brit skiet:
Herleef die opwinding van die stryd van 110 jaar gelede. In spanne van vier skuts met handlaaiaksies en ystervisiere skiet ons valplate op 100 meter. Of jy nou veg vir die Jopie Fourie span, of die Lord Kitchener span, die stopoorlosie wys die uiteindelike wenners aan.
Vir meer inligting: besoek: www.vuurwapenfees.co.za. of skakel Willie Barnard by 083-292 54 19