Page 1 of 1

Nuwe Lid

Posted: Tue Oct 25, 2016 9:20 pm
by Steph
Hallo Almal,
Ek maak graag soos die reel sĂȘ: Stel jouself voor.
Ek is Steph, woon in Brackenfell en het in Ladismith in die Klein Karoo grootgeword.
Ek jag graag. Het n Musgrave Mod 90 30-06 met n Burris Eliminator III.
Oor die laaste paar jaar het ek n passie begin ontwikkel vir Lang afstand skote.
Ek geniet my geweer en leer graag. Cassie Nienaber het my aanbefeel na Jaracal.
Iemand met baie kennis van wie ek al ontsettend baie geleer het, en ek volg graag sy goeie raad.

Steph

Re: Nuwe Lid

Posted: Tue Oct 25, 2016 9:35 pm
by PWV
Welkom Steph. Nou kan jy vir ons ook van Cassie se raad laat kom!

Re: Nuwe Lid

Posted: Tue Oct 25, 2016 10:11 pm
by Steph
Die eerste raad is om baie fyn te luister :)

Re: Nuwe Lid

Posted: Wed Oct 26, 2016 7:43 am
by Carl
Welkom Steph. Oom Cassie is duidelik nog slimmer as wat ek gedink het - om die forum aan te beveel ;)

Re: Nuwe Lid

Posted: Wed Oct 26, 2016 1:15 pm
by Boesman10
Dagse Steph en welkom op die forum. Lekker scope wat jy daar het.