Page 1 of 2

cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 11:14 am
by vossie1
Ek kan die cz 200T kry met al sy toebehore en klein gas bottel amper soos nuut vir R10000 sonder posgeld, dan kan ek die 200s kry vir R7450 nuut met wat ookal in die boks kom. geweer sal maar meer deur my gebruik word vir muscle memory en oefen om steady te staan vir veldskiet. Wat sou julle doen.

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 11:17 am
by Pvdw
Die 200T koop. As ek reg is kan jy net die regulator of so iets verander/vervang dan word die T 'n S. Die silinder en hose gaan jou paar K ekstra kos.

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 12:09 pm
by vossie1
Wat is die verskil tussen die t en s wat die regulator aan betref?

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 12:30 pm
by Geno
Ek sou eerder na iets soos 'n S400 kyk en dan ook in 5mm of 5.5mm
Iewers gaan jy n duif of haas wil klop, dan het jy die regte roertjie daarvoor.

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 12:50 pm
by Philip J
Daai CZ 200 klop 'n duif EN 'n haas sonder enige probleme.

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 12:52 pm
by vossie1
Wat kos die S400 ek glo die cz sal seker ook die werk kan doen sal beslis duif of tarentaal wees.

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 12:55 pm
by Philip J
Vossie, praat met oom Louis by Airgun Warehouse. Hy sal jou sonder enige twyfel kan sê of daar enigsins 'n verskil in werksverrigting tussen die twee is. Ek weet nie, maar wat ek wel weet, is dat ek my 200S vir niks verruil nie. Airgun Warehouse 011-9004477

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 1:17 pm
by Pvdw
Vossie die T is die Target geweer en die S vermoed ek is Sport.

Die T se spoed is redelik laer as die S sin maar hy loop presies in die zone waar die 4.5mm koeëltjies op hul akuraadste is. Ek is nie seker wat die spoed is nie.

As jy daai T gaan koop sal hy reeds moontlik sights/scope op hê. Daai nuwe S sekerlik eers daai extra ook moet kry.

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 1:20 pm
by Philip J
Pvdw wrote:Vossie die T is die Target geweer en die S vermoed ek is Sport.

Die T se spoed is redelik laer as die S sin maar hy loop presies in die zone waar die 4.5mm koeëltjies op hul akuraadste is. Ek is nie seker wat die spoed is nie.

As jy daai T gaan koop sal hy reeds moontlik sights/scope op hê. Daai nuwe S sekerlik eers daai extra ook moet kry.
Dis reg. Die nuwe S kom heeltemal "kaal". Daar's net 'n "adaptor" saam met die geweer in die boks om die geweer se silinder aan die duiksilinder te koppel.

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 1:44 pm
by Hennie Oelofse
Ek is baie gelukkig met my 200s, great geweer!

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 2:33 pm
by JPS
Soos Peet sê, die T is teiken geweer en kom ook met 'n ambi stock juis vir links en regs handige kinders om beide dieselfde geweer te skiet.

Die T se spoed is geregueer op 600fps met 8.18gn koeëls of baie naby aan daardie spoed. Jy kan baie eenvoudige "conversion" laat doen wat die 200T presies dieselfde werkverigting gee as die 200S. Hulle skiet baie goed hier by 800fps. Vir oefen in jou tuin ens. Net vir veldskiet posiesies sal die 200T oor genoeg wees.

Maar soos Geno noem, as jy eers gaan wil begin "jag" met hom dan gaan jy wens vir iets in 5.0 of 5.5mm. Nie dat die CZ200 enigsins dout het met akuraatheid nie, dis die verder skote waar die groteres tot hulle reg kom.

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 2:35 pm
by JTM
Die T is die laer energie (6ft/lbs)) teiken geweer wat gepas is vir die 10m olimpiese tipes disiplines. Dit kom met die meer teiken kolf ontwerp en gewoonlik gaatjies visiesere.

Die S is die sport geweer wat 12ft/lbs energie is vir algemene skiet en het ook gewoonlik 'n meer sporter styl kolf. Dit het geen visiere en het slegs groewe vir teleskoop monterings.

Die 12 ft/lbs limiet is vir die UK mark waar dit hulle energie limeit is vir gewere waarvoor jy nie vuurwapen permitte nodig het nie.

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 3:50 pm
by vossie1
Dankie manne ek het die 200s gevat by n ander man met al sy toebehoore, 15litre bottle ringe silencer en n paar pellets vir R9000

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 3:51 pm
by vossie1
Die 200t is nog beskikbaar en kan direk vir die dame skakel, Anna mart 0agt 4 twee o 8 7159 sy is in Lichtenburg.

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 8:35 pm
by Pvdw
Nou Vossie daar het jy mooi gekoop!!

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 9:25 pm
by Philip J
Geluk. Jy gaan hom gate uit geniet!

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Oct 19, 2016 10:07 pm
by Barry Loock
Daardie geweer gaan jou baie pret en plesier verskaf. Ek ruil my 200s vir niks nie. Van oefen Idian miners en ape bly hy n plesier

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: cz 200s of 200t

Posted: Thu Oct 20, 2016 8:22 am
by vossie1
Dankie Manne ek sal beslis n ou groepie of twee kom post as ek hom kry.

Re: cz 200s of 200t

Posted: Thu Oct 20, 2016 9:23 am
by Hennie Oelofse
vossie1 wrote:Dankie Manne ek sal beslis n ou groepie of twee kom post as ek hom kry.
Great keuse, wens ek kon weet hoeveel mynah's ek al gesiet met met myne!!!

Re: cz 200s of 200t

Posted: Thu Oct 20, 2016 7:40 pm
by Trompie
Cz200 is baie lekker geweertjie. Dodelik Akkuraat en gemaklik as jy nie lank is nie. Ek het baie rockies en mynahs met myne geklits en baie hase ook. Maar rockies het baie meer geval toe ek oorgaan 5mm toe en later 5.5mm. 12ft/lb is lekker.....maar 26ft/lb lekkerder. Geno het goeie raad gegee. Maar vir in oefening bly en in die tuin skiet is die CZ bitter lekker geweertjie en jy sal hom baie geniet. Met silencers op 12ft/lb is dit ook baie sag en sal die bure nie sommer kla nie

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: cz 200s of 200t

Posted: Thu Oct 20, 2016 9:14 pm
by Christo
Waar kry ek 'n 10 skoot magasyn vir myne. Die ronde tipe.

Re: cz 200s of 200t

Posted: Fri Oct 21, 2016 8:51 am
by Hennie Oelofse
Christo wrote:Waar kry ek 'n 10 skoot magasyn vir myne. Die ronde tipe.
Hi Christo,

Ek het myne by Safari and Outdoor Johannesburg gekoop, hulle is ongelukkig net bietjie duur. Ek het so R 1000 vir myne betaal, maar dit is verseker die moeite werd. Ek het agter gekom as ek mynah's skiet gee die 2de mynah jou so sekonde of twee om weer te skiet. Daai magasyn is vir hierdie rede goud werd in my boek!

Re: cz 200s of 200t

Posted: Sun Oct 23, 2016 11:16 am
by Christo
Dankie Hennie. Sal hoor of hulle nog het.

Re: cz 200s of 200t

Posted: Mon Oct 24, 2016 1:24 am
by Jacques van Eeden
Ek het by Airgun Warehouse gekry. Kry sommer die quickfill ook.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: cz 200s of 200t

Posted: Wed Nov 02, 2016 10:24 am
by vossie1
As iemand dalk nog n 10skoot mag of net extra roletjies soen vir julle cz 200's Wildman in Nelspruit het 10skoot roletjies teen R818 elk die voledige 10 skoot mag is R1499 Praat met Pieter 0137415330