Page 1 of 1

Meopta eienaars?

Posted: Mon Jul 25, 2011 8:28 pm
by Lamtjop
Hallo almal.
Daar was al so topic maar net so 3 of wat reaksies, ek wil die ding net weer kickstart. Ek stel belang is n Meopta, ek wil graag van eienaars hoor. Wat dink julle van die scope, waarvan hou julle en waarvan hou julle nie. Veral die 3-10x50 of 3-12x56 modelle. Wat dink julle van die "reticle" Hul het n plex en n nr 4 soos Zeiss sin. Is hul nr 4 se dun deel van die kruis, dunner as die van Zeiss of maar basies dieselfde. Laat hoor van julle asb.
Groete Tjops

Re: Meopta eienaars?

Posted: Tue Jul 26, 2011 4:11 pm
by Christiaan
Hallo Tjops,

Ek het ook na hulle gekyk vir my nuwe 7x64, nie dat ek enigsins n kenner is nie, maar ek het gedink dit is goeie waarde vir geld en hou baie van die #4 recticle.

Wat baie tel is dat hulle met n 30 jaar waarborg kom. Die agent vir SA is Brooklyn Circle Gunsmiths dieselfde mense wat Steyr Mannlicher en Voere gewere inbring. So jy kan verseker wees dat die naverkope diens gaan goed wees.

Ek lees graag wat die kenners se opinie is,

Christiaan

Re: Meopta eienaars?

Posted: Thu Jul 28, 2011 6:45 pm
by Freddie101
Tjops
Het myne nou so 1 jaar. 3-12 by 56 waarmee ek jakkies skiet. Is sover baie tevrede met hom. Kruis is maar dun maar ek kom goed reg met hom. Weet nie hoe hy vergelyk met Zeiss sn nie.
Groete freddie